{"id":7493,"date":"2010-02-05T07:00:03","date_gmt":"2010-02-05T07:00:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7493"},"modified":"2010-02-05T07:00:03","modified_gmt":"2010-02-05T07:00:03","slug":"die-verduideliking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7493","title":{"rendered":"Die verduideliking"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die toneel baie jare gelede tydens \u2018n opleidings- en begrotingsvergadering in een. Dit was een van my bestuurstegnieke om al die personeel by \u2018n begrotingsvergadering te betrek, sodat hulle sommer vroeg die waarheid kan leer van baie behoeftes, en min hulpbronne.<\/p>\n<p> Die een junior het groot, groot planne. Ons moet dit en dat doen, en sommer die ander ding ook.<\/p>\n<p> Hy is pas afgestudeer met \u2018n deftige graad, met beide ouers onderwysers. Sy graad by Vista Universiteit verwerf.<\/p>\n<p> \u201cEn waar moet die geld vandaan kom?\u201d<\/p>\n<p> \u201cFrom government. Government has unlimited sources.\u201d<\/p>\n<p> Weer val ek op my geykte modelletjie terug.<\/p>\n<p> \u201cJy het een bees. Jy leen die bees vir Ntoko, en hy gee jou \u2018n I owe you-papiertjie vir daai bees. Hoeveel is daai papiertjie werd?\u201d<\/p>\n<p> \u201cEen bees.\u201d<\/p>\n<p> \u201cEn nou gaan Ntoko en hy gee nog so \u2018n papiertjie vir Mpusella, met daai selfde bees as surety. Nou hoeveel is daai papiertjie van jou wat jy by Ntoko gekry het werd.\u201d<\/p>\n<p> \u201c\u2019n Halwe bees.\u201d<\/p>\n<p> \u201cEn nou gaan Ntoko nog en hy gee sulke papiertjies vir vier ander mense. Wat doen jy?\u201d<\/p>\n<p> \u201cEk donder vir Ntoko.\u201d<\/p>\n<p> Nou verstaan my pas-gegradueerde kollega van hoekom die destydse goewerment nie die paaie geteer en sommer met robyne ook uitgevoer het nie. Hoekom elke huis nie \u2018n spoel\u00eawwie en water verniet gekry het nie.<\/p>\n<p> Hy het miskien verstaan, maar verstaan die ministers? Die LUR\u2019e. Die Uitspattige Burgemeesters \u2013 di\u00e9 weet ons al lankal, hulle het nie die vaagste benul nie.<\/p>\n<p> Die Malema-verduideliking daarvoor dat die nuwe goewerment ook nie by alles kan bykom nie, na eers geld op hom gemors is soos R300 000 per maand vir beskerming, is eenvoudig. Dis oor die wit mense steeds met al die geld sit.<\/p>\n<p> Nasionaliseer die myne, neem die wit mense se werk weg&#8230;<\/p>\n<p> So gaan hierdie ontwykende Kruger-triljoene iewers vandaan kom en gaan die regering \u201cunlimited resources\u201d h\u00ea. <\/p>\n<p> Al bestaan dit, en kry hulle dit, party hierdie regering dit binne \u2018n dag uit.<\/p>\n<p> Of koop vaal ballonne met die punte afgesny sodat dit kan pas.<\/p>\n<p> Ek het al gewonder presies wat in \u201cunlimited resources.\u201d<\/p>\n<p> Neem nou jou kroos na \u2018n rugbywedstryd en s\u00ea vir hulle jy het \u201cunlimited resources\u201d en hulle kan soveel koeldrank, tjips en pette koop as hulle wil.<\/p>\n<p> Voor die hoofvoorwedstryd, is jy gewaarborg om sonder sent te sit. <\/p>\n<p> Dan wil \u2018n mens nie eens praat van \u2018n eendag-krieketwedstryd nie.<\/p>\n<p> By geleentheid het ek ook gedink ek is amper by \u201cunlimited.\u201d Ek is met \u2018n mediakaart by die rugby in, kleinman is te jonk en stap onder die kaartjieknipper se neus deur, en ouboet het buite \u2018n kaartjie persent gekry.<\/p>\n<p> Die uwe sit voor rustyd nog en wonder of hy hom die luukse van \u2018n bier kan veroorloof, toe \u2018n stemmetjie s\u00ea: \u201cMaak net eers seker of daar genoeg bates vir die aanskaf van likiede bates is.\u201d<\/p>\n<p> Toe nou nie. Trouens, \u2018n halwe Coke word gekonfiskeer om darem iets te h\u00ea om vir die karwag te kan gee \u2013 \u2018n oulike knaap wat karre oppas om te studeer.<\/p>\n<p> Want toe was die parkeergeld ook al in tjips of iets omgesit.<\/p>\n<p> Iets klop nie, tot ek begin navraag doen wat kos wat by die rugby.<\/p>\n<p> Ag nee man, die borge is \u2018n rip off, besef ek. Die pryse wat die mense vir die \u201cborge\u201d se produkte moet betaal maak ver meer as vir die paar rand borgskappe op.<\/p>\n<p> Omtrent, besef ek, soos om belasting en liksensiegeld en petrolheffings vir paaie te betaal, maar dan nog tolgeld ook te moet hoes. En steed nie ordentlike paaie te h\u00ea nie.<\/p>\n<p> Ja nee, besef ek bitter. Daar is deesdae darem baie Ntoko\u2019s wat I owe you\u2019s loop en uitdeel. Wys hulle net vir my, ek het skielik \u2018n onbedaarlike belusting om vir \u2018n paar dinge te gaan verduidelik. So met \u2018n opgerolde plat hand.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/live-communication\">local business internet<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die toneel baie jare gelede tydens \u2018n opleidings- en begrotingsvergadering in een. Dit was een van my bestuurstegnieke om al die personeel by \u2018n begrotingsvergadering te betrek, sodat hulle sommer vroeg die waarheid kan leer van baie behoeftes, en min hulpbronne. Die een junior het groot, groot planne. Ons moet dit en dat doen, en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7493\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die verduideliking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[8667],"class_list":["post-7493","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c88-opstelle","tag-vermorsing-van-staatsgeld"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7493","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7493"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7493\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7493"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7493"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7493"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}