{"id":7491,"date":"2010-02-05T06:51:49","date_gmt":"2010-02-05T06:51:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7491"},"modified":"2010-02-05T06:51:49","modified_gmt":"2010-02-05T06:51:49","slug":"ongevalle-weens-boemerangspeel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7491","title":{"rendered":"Ongevalle weens boemerangspeel"},"content":{"rendered":"<p>Onder die reaksies op die nuus dat pres. Jacob Zuma nog \u2018n buite-egtelike kind tot die land se bevolking bygedra het, was di\u00e9 van \u2018n klein politieke party wat ges\u00ea het dit lyk of die president nou \u2018n Bill Clinton, \u2018n Tiger Woods en \u2018n Koning Henry VIII in een is.<\/p>\n<p> Gaan tik Zuma, Tiger, Clinton en Henry in Google in. Dit is bykans 60 000 trefslae.<\/p>\n<p> Tik die klein party se leier se naam by, en dit daal tot sowat 1 300.<\/p>\n<p> Maar gaan kyk \u2018n bietjie waar het dit alles trefslae opgelewer.<\/p>\n<p> Nee, nie in Suid-Afrika se Afrikaanse koerante nie.<\/p>\n<p> Dit is \u2018n rits koerante oorsee, koerante van formaat soos die NY York Times. Van die kleiner koerante gebruik nou die grotes se berigte hieroor as \u201caanhaling van die week.\u201d<\/p>\n<p> In kort, die buitelandse pers vind die klein party se opsomming van die situasie so komies dat dit soos \u2018n veldbrand versprei het.<\/p>\n<p> En toe tref dit Twitter.<\/p>\n<p> Nog \u2018n opmerking, van \u2018n effense groter party, dat pres. Zuma behandeling vir sy seksverslawing moet kry, het ook heelwat opskrifte gehaal.<\/p>\n<p> Dis ongelukkig nie die eerste afwysende opmerking oor pres. Zuma se sekskapades wat groot trefslae in die buitelandse media oplewer nie. Die kleiner party se opmerking dat Zuma se poligamie en animistiese gebruike \u2018n terugkeer tot die Donker Eeue uitstraal, het ook gaan opslae maak.<\/p>\n<p> Trouens, so gewild is dit dat die Sweedse Dagen Post dit weer gaan afstof het na Zuma se TV-onderhoud in Davos. Die president se skandes word onthou.<\/p>\n<p> En hierdie is net die trefslae oor mediadekking wat deur van die land se twee kleinste partye gegenereer is. Oor die algemeen is dit ook net die trefslae in Engelstalige pers \u2013 met \u2018n bietjie speel met terme word ook die Spaanse, Duitse en ander media se draakstekery met ons president opgespoor en slinger dit die gesamentlike trefslae die miljoene in.<\/p>\n<p> Die interessantheid is dat dit selde veroordelend is, dis \u2018n doodgewone gekskeerdery met die president, skynbaar omdat hy net nie as die moeite werd geag word om ernstig genoeg vir \u2018n veroordeling opgeneem te word nie.<\/p>\n<p> In kort: Sy beeld vir ernstig opneem herinner aan hoe die w\u00eareld na Idi Amin gekyk het, gelukkig darem sonder die gepaardgaande afsku in sy wreedhede.<\/p>\n<p> Die grens is egter nouer as wat \u2018n mens sou dink. Die omvang van plaasmoorde het ook al die buitelandse pers \u201cgetref\u201d en so was dit onlangs in grusame detail in Trouw, met die uitwysing dat die regering hieroor taamlik swygsaam is. Wat Trouw se berig interessanter maak \u2013 dit lewer ruimte vir leserskommentaar. En di\u00e9 was blatant krities teenoor die regering se onwilligheid om die wreedheid hok te slaan.<\/p>\n<p> Dit alles terwyl die o\u00eb van die w\u00eareld, soos die regering gehoop het, so kort voor die W\u00eareldbekertoernooi op Suid-Afrika gerig is. Soos te wagte is, is bykans enigiets wat in Suid-Afrika gebeur, nou in veral die lande wie se spanne hier kom speel, nuuswaardig.<\/p>\n<p> Wat ook uit die beriggewing duidelik is, is dat Suid-Afrika tot dusver nie \u2018n ronde sokkerbal vir die toernooi inspan nie, maar \u2018n boemerang.<\/p>\n<p> En die regering speel lustig saam om te sorg dat die boemerang soos klokslag terugkom en nog iets neervel. Die vel van \u2018n beer wat nog nie geskiet is nie.<\/p>\n<p> Die slegte nuus is dat hef aan nog voorl\u00ea.<\/p>\n<p> Die werklike in diepte artikels wat geskryf word waar omvattend na die land gekyk gaan word, moet nog kom. Die sokkerkoors wat die land hier beet het, het nog nie werklik na die w\u00eareld daar buite versprei nie, soos ook blyk uit die kaartjieverkope.<\/p>\n<p> En waaroor gaan berig word? Die land se natuurskoon, die strande, die wildsparke&#8230;<\/p>\n<p> Ja, daaroor wel, maar dit sal ook gaan oor die rommel in die natuurskoon en op die wit strande, dit sal ook gaan oor wildstropery in die wildsparke.<\/p>\n<p> Dit sal ook gaan oor \u2018n minister wat alle departementele verslae se aanbevelings in die wind slaan en \u2018n steenkoolmyn digby Mapungubwe-w\u00earelderfenisgebied goedkeur. Die slegte publisiteit wat Suid-Afrika oor sy hantering van die ander w\u00earelderfenisgebiede, die Vredefortkoepel en Robbeneiland kry, sal verseker dat di\u00e9 flater nie die w\u00eareld se bewaringsbewustes se o\u00eb sal ontglip nie.<\/p>\n<p> Suid-Afrika se geweldsmisdaadsyfers gaan weer en weer in die nuus kom. Dat die polisie \u2018n dronknes-saamtrek teen \u2018n koste van miljoene rande gaan hou het, sal ook nie help om die boemerang elders heen te laat koers kry nie.<\/p>\n<p> Die vlakke van polarisasie en die feit dat die land onder die ANC tot, volgens verskeie kenners, die hoogste vlak van welvaartsgaping in die w\u00eareld gegroei het, gaan ook die buitelandse nuus haal.<\/p>\n<p> Die laaste ding wat die land nou nodig het is \u2018n president wat wys hy kan \u2018n Tiger, Bill en Koning Henry VIII in een wees. Dit sal seker gepas wees as hierdie presidensie se laaste taptoe met fufuzelas gespeel word.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/firestorm\/\">firestorm 2013 watch online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/podrobnosti.ua\/2017855-prokuror-harkova-uvolilsja-po-sobstvennomu-zhelaniju.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder die reaksies op die nuus dat pres. Jacob Zuma nog \u2018n buite-egtelike kind tot die land se bevolking bygedra het, was di\u00e9 van \u2018n klein politieke party wat ges\u00ea het dit lyk of die president nou \u2018n Bill Clinton, \u2018n Tiger Woods en \u2018n Koning Henry VIII in een is. Gaan tik Zuma, Tiger, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7491\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ongevalle weens boemerangspeel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[227,8665],"class_list":["post-7491","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-anc","tag-boemerang"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7491","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7491"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7491\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7491"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7491"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7491"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}