{"id":7490,"date":"2010-02-05T06:48:34","date_gmt":"2010-02-05T06:48:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7490"},"modified":"2010-02-05T06:48:34","modified_gmt":"2010-02-05T06:48:34","slug":"eie-koerant-asseblief","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7490","title":{"rendered":"Eie koerant asseblief!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nou kan dit nie meer anders nie. Die Afrikaner moet \u2018n eie koerant met \u2018n Christelike inslag kry.<\/p>\n<p> Nie die Konserwatiewe Afrikaanse Koerant nie. Nie oor die afkorting wat dit oplewer nie, maar omdat terminologie \u2018n koerant se lewensvatbaarheid kan saboteer.<\/p>\n<p> Die behoefte, besef ek vanoggend opnuut, toe ek \u2018n rubriek in een van Naspers se dagblaaie lees. Die ou refrein van Christenskap en politiek skei.<\/p>\n<p> Sonder om die debat oor te voer: In die kerk bely ons ons is nie net Christene terwyl ons in die kerk is nie, maar ons moet ons Christenskap na alle lewenssfere uitdra. Maar kom dit by die politiek, dan moet ons Christenskap in die kerk bly.<\/p>\n<p> En so word die liberale politiek gedien, daardie skisofreniese filosofie wat dit moontlik maak dat \u2018n mens in die kerk teen aborsies en gay huwelike gekant is, maar in die politiek is ons weer daarvoor.<\/p>\n<p> En dit is die filosofie wat Naspers se koerante aan ons voorhou. Soms subtiel, soos om aalmoesies na ander partye te werp wat nuusdekking betref, maar as dit by standpuntinname kom, dan ervaar beide die Christen-Volkseie en die Christen-demokrasie maar stief behandeling van koerante wat hulself formeel as polities onverbonde verklaar het.<\/p>\n<p> Is \u2018n eie gedrukte koerant moontlik?<\/p>\n<p> Die eerste vraag behoort egter te wees? Leef \u2018n volk en sy tradisies as sy koerante, soos Jepete, die Sarie Marais-digter oor sy opponerende koerant geskryf het: \u201cAfrikaner syn blad met jingoe syn gees&#8230;\u201d aan die dag l\u00ea.<\/p>\n<p> Sarie self gee aan die einde van die gediggie \u2018n belangrike deel van die antwoord: \u201c\u201dLaat staan daardie ding, jy hou daar nie van.\u201d<\/p>\n<p> Kom ons betrag kortliks die praktiese.<\/p>\n<p> Moderne tegnologie maak dit vandag moontlik om so gereeld as wat \u2018n mens die kapasiteit en fondse het via die internet letterlik op \u2018n lessenaar \u2018n gedrukte koerant te produseer. Die drukkoste van \u2018n koerant wat so gereproduseer word maak dit onlewensvatbaar.<\/p>\n<p> Maar wat as daar \u2018n sentrale redaksie is, wat ter aanvang weekliks \u2018n koerant volledig op die internet maak en dat bestaande en nuwe gemeenskapskoerante dit bloot in hul omgewing kan \u201cuitrol.\u201d<\/p>\n<p> Daar is miskien nou min sulke bestaande koerante op gedesentraliseerde plekke, maar in die Vrystaat versprei die Ditsem Vrystaat byvoorbeeld met \u2018n sterk Orania-inslag. Daar mag dalk ander wees.<\/p>\n<p> Elke gedesentraliseerde koerant werf steeds advertensies in sy omgewing, maar word aangevul deur nasionale, korporatiewe advertensies.<\/p>\n<p> In Europa word ook gereeld gebruik gemaak van \u201cpublieke joernalistiek.\u201d Die prinsiep is dat daar bykans oral, waar koerante nie streekkantore kan bekostig nie, mense met opleiding en selfs ervaring in joernalistiek sit, wat graag iets in druk sal wil sien. Met \u2018n rekenaar, veral \u2018n skootrekenaar, en selfoon, is elke kundige persoon potensieel \u2018n mediakantoor. Met die selfoon kan foto\u2019s geneem word, en met die rekenaar berigte geskryf en versend word.<\/p>\n<p> So \u2018n persoon kan sy eie \u201csalaris\u201d verdien deur in sy omgewing advertensies te bemark en die kommissie te hou. \u2018n Meer waarskynlike scenario is dat die persoon, of sy haar eggenoot, \u2018n sake-onderning het en dat advertensies as ruiltransaksies vir joernalistieke werk verkry word.<\/p>\n<p> Alles ter wille van die saak.<\/p>\n<p> Maar ter wille van die saak of nie, dit gaan steeds minstens ter aanvang, meer geld kos as wat ingebring word. En dis waar Sarie se raad so handig inkom. Los daardie ding.\u00a0 \u00a0<\/p>\n<p> Dis nie goed vir jou gesondheid om elke oggend te sit en m*&amp;r trek ook joernalistieke prul nie.<\/p>\n<p> Waar \u2018n koerant vir jou probeer wysmaak donkiedrolle is vye nie.<\/p>\n<p> Sit daai geldjie weg, en as \u201cdie koerant\u201d gelees moet word, gaan lees hom op die internet. As jy die koerantverkoper langs die pad jammer kry, gee hom steeds \u2018n fooitjie, maar moenie die koerant koop nie.<\/p>\n<p> Wanneer die geldjie wat weggesit is, die moeite werd is, betaal dit oor in \u2018n trustrekening.<\/p>\n<p> Intussen kan iemand die internet fynkam om te kyk waar min of meer l\u00ea die ontevredenes se mediaanverwagting van \u2018n koerant. Dit gaan immers nie werk om iets wat onaanvaarbaar is met nog iets wat onaanvaarbaar is te vervang nie. Die mediaan sal waarskynlik min of meer l\u00ea waar Afriforum en Solidariteit nou l\u00ea.<\/p>\n<p> Die web kan ondertussen bedryf word. Ek wil nie Praag moontlik teen sy sin probeer inbind nie, maar op die web wat as grondslag dien, kan solank \u2018n lysie gemaak word van die adverteerders wat in die bestaande ongewenste koerante adverteer, sodat die ondersteuners kan weet welke besighede om nie te steun nie. (Ek gebruik aspris in hierdie konteks \u201cbesigheid\u201d want \u2018n \u201cbesigheid\u201d bly steeds vir my die ding wat die hondjie op die gras maak&#8230; \u2018n onderneming wat in \u2018n goeie koerant adverteer is \u2018n sake-onderneming).<\/p>\n<p> Oor die nuusaanslag van so \u2018n koerant wil ek my nie voortydig uitlaat nie. Wat ek wel wil s\u00ea is dat daar nie, soos in een van Naspers se koerante, ook daagliks \u2018n stukkie uit die Koran in sal wees nie.<\/p>\n<p> Ek wil ook voorspel dat so \u2018n koerant se joernalistieke personeel (gesentraliseerd of wat ook al) nie die saamtrekpunt sal wees van mense in dieselfde geslag huwelike of met \u201clewensmaats\u201d nie.<\/p>\n<p> Ek wil ook voorspel dat so \u2018n koerant nie in \u2018n hoofartikel sal verklaar \u201caborsies in nie meer deel van die openbare debat nie\u201d en daarna nie weer oor die twis hieroor berig nie.<\/p>\n<p> Ek wil ook voorspel dat \u2018n te groot vir sy skoene joernalis wat niks van \u2018n onderwerp weet nie, nie toegelaat sal word om sy onkunde so ten toon te stel deur waardevolle redaksionele ruimte te kry om die groot honde wat wel iets van die onderwerp weet, aan te durf nie.<\/p>\n<p> Voorts wil ek voorspel dat \u2018n sportverslaggewer van hierdie koerant nie onderweg na \u2018n groot rugbywedstryd by \u2018n kroeg sal vasval, en as hy weer nugter is by sy buurman wat ook pas bygekom het, verneem wat in die wedstryd gebeur het en dan sy berig skryf nie. (So ver ek weet het die laaste van daardie spesie darem al so twee dekades gelede uitgesterf).<\/p>\n<p> Ek wil ook voorspel dat so \u2018n koerant soveel nuus gaan h\u00ea dat net \u2018n fraksie in gedrukte vorm sal kan verskyn, en dat daar veral ten opsigte van briewe en meningsbydraes, \u2018n oorwig steeds net op die internet sal kan wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\">\u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0448\u043d\u044b\u0435 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u044b \u0440\u043e\u0441\u0441\u0438\u0439\u0441\u043a\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pep.org.ua\/uk\/person\/23993\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nou kan dit nie meer anders nie. Die Afrikaner moet \u2018n eie koerant met \u2018n Christelike inslag kry. Nie die Konserwatiewe Afrikaanse Koerant nie. Nie oor die afkorting wat dit oplewer nie, maar omdat terminologie \u2018n koerant se lewensvatbaarheid kan saboteer. Die behoefte, besef ek vanoggend opnuut, toe ek \u2018n rubriek in een van Naspers &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7490\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eie koerant asseblief!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[167,2188,8664],"class_list":["post-7490","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-afrikaans","tag-afrikaners","tag-christelike-koerant"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7490","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7490"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7490\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7490"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7490"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7490"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}