{"id":7482,"date":"2010-02-04T04:31:35","date_gmt":"2010-02-04T04:31:35","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7482"},"modified":"2010-02-04T04:31:35","modified_gmt":"2010-02-04T04:31:35","slug":"kan-sieners-soos-nostradamus-dieper-dinge-vooruit-sien","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7482","title":{"rendered":"Kan sieners soos Nostradamus dieper dinge vooruit sien?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem met sieners is dat die aanhangers van die sieners dikwels die visioene van die sieners waar maak.\u00a0 Dit word selfvervullende profesie genoem.\u00a0 Dat sekere mense egter wel dieper as die oppervlakte kan sien, is sekerlik waar, maar hoe ver? Nostradamus was so \u2018n siener.<\/p>\n<p> Nostradamus se profesie\u00eb van die sestiende eeu het reeds honderde boeke, geskrifte en artikels tot gevolg gehad.\u00a0 Van die dinge wat hy glo reg voorspel het, sluit in:<\/p>\n<p> * Die dood van koning Hendrik II in \u2018n toernooi.<br \/> * Lodewyk XVI en Marie-Antoinette se vlug na Varennes.<br \/> * Napoleon se se geboorte en opgang tot keiser.<br \/> * Die drie vegtende diere \u2013 die Luiperd\/Brittanje, Arend\/Frankryk en Wildevark\/Pruise.<br \/> * Die eerste w\u00eareldoorlog.<br \/> * Die swart dood (griep-epidemie) in Europa. <br \/> * Hitler (alias Hister wat die Latyn vir Donou is) se rol in Duitsland.<br \/> * Die kommunistiese tirannie van drie en sewentig jaar en sewe maande.<\/p>\n<p> Michel de Nostradamus is op 14 Desember 1503 in Saint-Remy de Provence gebore.\u00a0 Hy is van Joodse afkoms. In 1512 word sy familie as Christene in die register van die Saint-R\u00e9my-gemeente\u00a0 ingeskryf.\u00a0 In 1529 het Nostradamus vir studie in die medisyne by die Universiteit van Montpellier ingeskryf.\u00a0 As dokter het hy ook die astrologie ingespan om kwale te diagnoseer. Nostradamus se roem is te danke aan die Centuries se rymende vierre\u00eblsverse of kwatryne wat in tien boekdele in 1555 gepubliseer is. Hy verduidelik sy profesie\u00eb aan Hendrik die Tweede as \u2018n ekstase en kombinasie van goddelike en bonatuurlike inspirasie en astrologiese berekeninge.<\/p>\n<p> Nostradamus was \u2018n tydgenoot van beroemde Renaissance-denkers soos Francois Rabelais, Pierre Ronsard en Michel de Montaigne. Die Frans wat Nostradamus geskrywe het was \u2018n verlatynse Frans wat net deur deskundiges \u201creg\u201d verstaan kan word.<\/p>\n<p> In die sestigerjare het Eben Meiring van Stellenbosch, \u2018n taalgeleerde in Middeleeuse Frans, in Parys deur byna 1000 vierre\u00eblverse van Nostradamus geworstel en in 1999 \u2018n boekie gepubliseer \u201cNostradamus en die einde van die millennium\u201d (Nasionale Boekdrukkery: Goodwood).\u00a0 Meiring se studies in die klassieke tale en sy deskundige kennis van Latyn asook sy passie vir antieke Frans, het hom toegerus om \u2018n dieptestudie van Nostradamus te maak. <\/p>\n<p> Volgens Meiring is Nostradmus se profetiese blik \u201coorweldigend op die 20e eeu gefokus\u201d.\u00a0 Meiring hanteer letterlik honderde aspekte van Nostradamus se visioene.\u00a0 Gevolglik word net op Suid-Afrika gekonsentreer.<\/p>\n<p> Nostradamus verklaar dat wanneer die w\u00eareld sy slotperiode, voor die wederkoms nader, die politieke mag na die swart nasies sal verskuif. Christelikheid sal deur vreemde wette vervang word. In die Land van die Olifant, wat Meiring as SA tipeer, sal \u2018n nuwe soort bewind \u2018n einde maak aan ou onregte en ongelykhede. \u2018n Verleier sit in die tronk, maar sal deur \u2018n figuur wat Nostradmus \u201cle clerc\u201d noem, vrygelaat word.\u00a0 Daar sal vrede, eenheid en verandering wees.\u00a0 Range en ampte wat laag was sal hoog wees en die wat hoog was laag word.<\/p>\n<p> Die Land van die Olifant kom egter in \u2018n gewapende stryd met die Griffioen (half leeu en half arend).\u00a0 Nostradamus se griffioen lyk baie na een van die diere wat Dani\u00ebl (7:4) uit die see sien kom.\u00a0 Hierdie dier het soos \u2018n leeu gelyk, maar met die vlerke van \u2018n arend.\u00a0\u00a0 <\/p>\n<p> Dit is wanneer die Land van die Olifant sy gesig in \u2018n groot Oos\/Wes-oorlog sy gesig weg van die Weste in die rigting van die Ooste draai.\u00a0 Die Griffioen is volgens Meiring een of ander Westerse alliansie (Europa, Brittanje, VSA). Die mitologiese betekenis van die Griffioen is dat hierdie dier die bewaker van goud is. <\/p>\n<p> Nostradamus sien \u2018n derde w\u00eareldoorlog wat teen die draai van die eeue aanbreek.\u00a0 Dan sal dit bloed, melk, hongersnood en siekte re\u00ebn.\u00a0 In hierdie oorlog sal die Land van die Olifant in bedwang gebring word. <\/p>\n<p> Daar is interessante parallelle tussen Nostradamus en Siener van Rensburg, die Boereprofeet.\u00a0 Siener maak ook van die beeld van vuur gebruik.\u00a0 Siener sien hoe vuur uit die weste \u2018n hoop nuttelose mieliestronke uitbrand.\u00a0 Oor die kommunisme profeteer Siener dat \u2018n swart wolk uit die ooste oor Europa trek en dat daar \u2018n alliansie tussen die rooi beeste (die kommuniste) en Afrika tot stand kom.\u00a0 Ook Siener sien \u2018n derde groot oorlog aankom.\u00a0 Siener sien \u2018n swart slang (honger en burgeroorlog) in Engeland l\u00ea.\u00a0 Vreemde mense in wit Westerse lande staan op teen die wittes.\u00a0 In SA kom donkerte en rewolusie, maar Duitsland geryp in en bring die land onder bedwang. <\/p>\n<p> Dit is insiggewend om net op die internet te soek na heldersiendheid, om te weet watter waarde daar nog aan sieners geheg word.\u00a0 Dit natuurlik nie moontlik om die \u201cgawe\u201d\u00a0 van heldersiendheid volgens die tipiese natuurwetenskaplike metode was waar of onwaar te bewys nie.\u00a0 Dit is slegs oor tyd dat die waarde van die visioene van Nostradamus en van Siener beoordeel kan word.\u00a0 Kom ons wag en kyk &#8230;<\/p>\n<p> Intussen kan u gerus Eben Meiring se Nostradamus lees en geniet!<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/17-kardannye-svetilniki-raznovidnosti-i-dostoinstva\">\u043a\u0430\u0440\u0434\u0430\u043d\u043d\u044b\u0439 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die probleem met sieners is dat die aanhangers van die sieners dikwels die visioene van die sieners waar maak.\u00a0 Dit word selfvervullende profesie genoem.\u00a0 Dat sekere mense egter wel dieper as die oppervlakte kan sien, is sekerlik waar, maar hoe ver? Nostradamus was so \u2018n siener. Nostradamus se profesie\u00eb van die sestiende eeu het reeds [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[8655],"class_list":["post-7482","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-nostradamus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7482","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7482"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7482\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7482"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7482"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7482"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}