{"id":7465,"date":"2010-02-02T09:26:04","date_gmt":"2010-02-02T09:26:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7465"},"modified":"2010-02-02T09:26:04","modified_gmt":"2010-02-02T09:26:04","slug":"van-tamatiestraat-na-die-trasimeense-meer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7465","title":{"rendered":"Van Tamatiestraat na die Trasimeense meer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nie tamatiestraat nie, sou baie argumenteer, na aanleiding van dit wat deesdae werklik in die strate afloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het nie \u2018n besonder goeie reputasie as dit by referendums kom nie. Die referendumvraag oor republiekwording was of die status quo gehandhaaf moes word, of \u2018n republiek binne die Statebond uitgeroep moes word. \u2018n Republiek is buite die Statebond uitgeroep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die 1983-grondwet was dit weer so. By herhaling het regeringswoordvoerders ergerlik na opposisiesprekers gekap wat die kiesers gewaarsku het dat die regering die uitslag as \u2018n mandaat vir hervorming sou gebruik. By herhaling, en strykdeur, het regeringswoordvoerders die publiek egter verseker al wat op die tafel was, was \u2018n ja of nee vir die driekamerparlement.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stemme was skaars getel, of die refrein klink op oor die mandaat wat vir hervorming verkry is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die referendum rondom die Kemptonpark-gebeure was dit weer so. Die referendumvraag was gewoon of met die nie-parlement\u00eare groepe oor \u2018n nuwe bedeling onderhandel kon word (met versekerings van wigte en teenwigte wat sou werk).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die resultaat was veel anders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kwalik \u2018n gesonde grondslag om die publiek eendragtig te betrek, en saam te neem, veral noudat polarisasie blykbaar ho\u00ebr vlakke bereik het as tydens die vorige bedeling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat egter vandag aan die bod kom, is \u2018n mediaberig waarin mnr. FW de Klerk te kenne gee dat die huidige afloop die noodwendige afloop en enigste opsie was, anders as om aan die ou bedeling vas te klou, met die gevolge wat gereeld in groot grusaamheid soos \u2018n paaiboelie aan kiesers voorgehou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, sal enige politieke wetenskaplike en staatsregkundige uitwys, is doodgewoon nie waar nie. Moderne modelle oorsee en die volkereg bied talle opsies anders as die twee pole wat Suid-Afrika as keuse gebied is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder hierdie modelle tel talle wat juis ontwerp is om heterogeniteit te ondervang, en in die praktyk veel, veel beter werk as dit wat nou as enigste alternatief aan Suid-Afrikaners voorgehou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is jammer dat die onderhandelaars om redes wat net aan hulle bekend is, nie ruiterlik erken dat hulle verbrou het nie. Trouens, De Klerk het al dikwels baie na daaraan gekom om te erken daar is verbrou, soos sy uitlating enkele jare gelede dat hy self \u2018n Christen-demokratiese bedeling volgens Wes-Europese model voorstaan. Sou hy weet waarvan hy gepraat het, en mens wil graag, beteken dit hy sou \u2018n model voorstaan waar minderheidsregte grondwetlik verskans word, soos die beleid van die Duitse regerende Christen-Demokratiese Unie bepaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit verg geen Einstein om te weet dat die ge\u00efmplementeerde alternatief wat op volledige liberale beginsels gebou is, nie werk nie. Trouens, de Klerk is gereeld sigbaar op die punte waar hy vure probeer doodslaan soos die rysmier van Afrikaans in skole en universiteite. Die Rubicon om te erken hy het gefouteer word egter nie oorgesteek nie, met die gevolg dat die Rubicon sy politieke Trasimeense Meer kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">De Klerk se besluite sal in die toekoms vraagtekens so groot soos piramides bly \u2013 soos om die Presidentsraad se ondersoek na tussengroepverhoudinge op te skort \u2013 juis strategies so kort voor hy \u2018n Rubicon oorgesteek het waar hierdie kundigheid onontbeerlik sou wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By die Trasimeense Meer, nie ver van die Rubicon nie, het Honibal in sy opmars na Rome \u2018n groot Romeinse Le\u00ebr na hul waterdood gestuur. Suid-Afrika se Trasimeense Meer prut stinkend van iets anders as vars bergstroomwater.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs vandag nog kan ges\u00ea word daar l\u00ea vir die land se mense \u2018n blink toekoms voor mits die leiers besef dat daar nou, by gebrek aan iets beters, maksimaal van die grondwetlike ontsnaproetes gebruik gemaak moet word om te beredder wat te redde is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die horlosie kan nie teruggedraai word nie, maar op die pad vorentoe kan weer na die onderhandelingstafel teruggekeer word en \u2018n behoorlike, volkeregtelik-geldende skikking beding word \u2013 mits al die betrokkenes erken dat die wyse waarop die Rubicon oorgesteek is op \u2018n gewisse ondergang in die Trasimeense Meer uitloop.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/11-potolochnye-lyustry\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u0443 \u043f\u0440\u0438\u043f\u043e\u0442\u043e\u043b\u043e\u0447\u043d\u0443\u044e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie tamatiestraat nie, sou baie argumenteer, na aanleiding van dit wat deesdae werklik in die strate afloop. Suid-Afrika het nie \u2018n besonder goeie reputasie as dit by referendums kom nie. Die referendumvraag oor republiekwording was of die status quo gehandhaaf moes word, of \u2018n republiek binne die Statebond uitgeroep moes word. \u2018n Republiek is buite &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7465\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Van Tamatiestraat na die Trasimeense meer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[2188,227,5631,8628,8630,8616,8629,2242,8626,8627],"class_list":["post-7465","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-afrikaners","tag-anc","tag-fw-de-klerk","tag-honibal","tag-onderhandelde-skikking","tag-oorgawe","tag-romeinse-leer","tag-suid-afrika","tag-tamatiestraat","tag-trasimeense-meer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7465","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7465"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7465\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7465"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7465"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7465"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}