{"id":7461,"date":"2010-02-02T05:33:47","date_gmt":"2010-02-02T05:33:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7461"},"modified":"2010-02-02T05:33:47","modified_gmt":"2010-02-02T05:33:47","slug":"volksgenote-in-diaspora","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7461","title":{"rendered":"Volksgenote in diaspora"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Oppervlakkige analise van beduidende bevolkings in diaspora is dat hulle in die lande waarheen hulle of hul voorouers uitgewyk het, geneig is om radikaler te wees as hul volksgenote op die tuisfront.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie siening kan gevorm word aan die hand van die wapens en morele ondersteuning wat die Ierse Republikeinse Le\u00ebr uit veral die VSA gekry het, die jongste verwikkelinge rondom Sri Lanka en die Tamils, en Armeni\u00ebrs in diaspora ten opsigte van onder meer die bedrywighede in die 70\u2019ger en 80\u2019ger jare van ASALA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat dan, met bykans \u2018n miljoen Afrikaners in diaspora?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar alvorens \u2018n mens hierdie verskynsel ontleed, is dit nodig om te kyk of dit altyd so geldig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word na Israel en die Jode in diaspora gekyk, is die boodskap baie gemeng. Jode dra wel baie tot Israel se ontwikkeling by, en via hul stemkrag in onder meer die VSA, ook op regerings om minstens verdraagsamer teenoor die Israelse saak te staan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Gemengde boodskap kom uit die geledere van Palestyne in diaspora. Terwyl niemand kan betwis dat sogenaamde vlugtelingkampe in onder andere Libanon niks meer as Hamas-teelaardes is nie, is die Palestynse lobby in die VSA meer afgerond en beredeneerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie faktore bepaal die georganiseerde aard van volksgenote in diaspora, en nog te meer hoe radikaal hulle is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar selfs dan verskil hulle. So het Suid-Afrikaners hulle in \u2018n stadium om elke hoek en draai in winkelassitente en ander mense vasgeloop wat nie Afrikaans magtig is nie, en flink aanvoer: \u201cI come from Rhodesia.\u201d Hierdie Rhodesi\u00ebrs in diaspora het hulle gou teen die hele politieke spektrum hier bevind, soos Clive Derby-Lewis in die KP en daarna die gevangenis, Cherryllyn Dudley in die ACDP as parlementslid, en Mary Metcalfe binne die ANC. Metcalfe se bande met Rhodesi\u00e9 staan ook meer in die dampkring van \u2018n vlaag Zimbabwiese vlugtelinge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is moeilik om die dinamika te verstaan wat onderliggend was aan die Amerikaanse Iere se fiksasie met die IRL se stryd. In Ierland self was die IRL verbied, maar die Amerikaanse Iere het wapens, geld en ander hulp na di\u00e9 organisasie en die meer radikale INLA aangestuur asof dit uit die mode raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Iere in die VSA is ook ongeveer vier keer meer as die Iere in Ierland self. (\u2018n Tikkie ironie in die lig van ou Keltiese verwysings na die mistieke land in die Weste as \u201cgroot Ierland.)\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die VSA kon hierdie groep, as Rooms Katoliek in \u2018n oorwegend Protestantse omgewing, hul identiteit betreklik goed behou. In Ierland, veral Noord-Ierland, is die \u201cinheemse\u201d Iere minderwaardig geag deur Protestantse immigrante uit veral Skotland. Dit is hierdie Skotse nasate wat op bande met Brittanje bly aandring het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Armeni\u00ebrs in ballingskap is hoofsaaklik afstammelinge van die kernbevolking wie se hartland in die huidige Turkye was. So volledig is hulle vroeg in die 20ste eeu deur die Turke uitgemoor dat min ensiklopedie\u00eb eens Armeens as \u2018n taal noem wat in Turkye gepraat word. Die Armeni\u00ebrs was die oudste Christenvolk in die w\u00eareld, en het eeue lank as Christenbolwerk teen Mosleminvalle gedien. Hulle het in die proses dikwels erg die spit afgebyt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Danksy noue bande tussen \u2018n \u2018n Armeense ekskalwe aan die Turks-Meditireense kus en die Franse koningshuis, het baie van hierdie Armeni\u00ebrs na onderdrukking begin het hulle in Frankryk gevestig, maar ook elders in Europa en \u2018n beduidende groep in die VSA. In hierdie lande moes hulle toesien hoe di\u00e9 lande via NAVO in \u2018n bondgenootskap met Turkye tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groep wat hulle in Libanon gevestig het, het ten spyte daarvan dat hulle aansluiting by die Libanese Christene gekry het, in noue aanraking met die radikale Palestynse groepe gekom en ASALA (Armenian Secret Army for the Liberation of Armenia) gevorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die Tamil Tiere se stryd in Sri Lanka in isolasie te sien, is \u2018n fout. In Indi\u00eb maak die Tamils met sowat 65 miljoen sprekers \u2018n groot deel van die bevolking uit, en is \u2018n belangrike komponent van die land se Drawadiese bevolking wat grootliks deur Indo-Germaanse taalgroepe oorheers word. Trouens, Indi\u00eb se amptelike taal, Hindi, is \u2018n Indo-Germaanse taal en bykans dieselfde as Oerdoe, die amptelike taal van Pakistan. W\u00eareldwyd is die getal Tamilsprekers sowat 70 miljoen, wat dit getallegewys bo van die w\u00eareld se gerekende tale plaas. Dit het \u2018n ou, opgetekende liter\u00eare geskiedenis waarop die Tamils baie trots is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar In Sri Lanka is die Tamils \u2018n minderheid, nie net in taal nie, maar ook in die Hindoe-godsdiens teenoor die meerderheid Singalese wat hoofsaaklik Boeddhisties is. Buite Sri Lanka en Indi\u00eb is sowat \u2018n miljoen Tamils in diaspora \u2013 met ander woorde Tamils wat in die lande waar hulle nou woon, steeds met die Tamilsaak in Sri Lanka identifiseer. Veel meer praat nog Tamil as oorblyfsel uit die koloniale tydperk toe hulle w\u00eareldwyd \u201cuitgevoer\u201d is as arbeid op suikerplantasies soos in Suid-Afrika, Guyana en eilande in die Stille Oseaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na raming het sowat $300 miljoen aan geld en wapens die Tamil Tiere jaarliks in hul 26 jaar lange stryd teen die Singalese bereik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van baie bevolkings in diaspora word bykans nooit gehoor nie. \u2018n Interessante voorbeeld is die Assiri\u00ebrs wat nie net in Siri\u00eb \u2018n Christen-minderheid vorm nie, maar ook in Australi\u00eb \u2018n beduidende gemeenskap in stand hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor hoe die meerderheid Suid-Afrikaners in diaspora, die sogenaamde eksas, voel, is daar nie eenvormige duidelikheid nie. \u2018n Groot groep het duidelik ge\u00ebmigreer met die doel om burgers van hul nuwe vaderlande te word, ander werk tydelik daar met die idee om terug te keer, en ander bekyk die kat uit die boom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie saak sal waarskynlik eers behoorlik onder die loep geneem kan word wanneer \u2018n volgende algemene verkiesing gehou word. Met die vorige is op kort kennis via \u2018n hofbevel magtiging verkry om te mag stem, maar tyd om die nodige dokumentasie te bekom en as kiesers te registreer was te min, en die logistiek om te stem was dikwels ontoereikend. Wat egter duidelik is, is dat die ANC weinig steun onder die \u201ceksas\u201d geniet. Wat dit betref, is die algemene \u201chulle\u201d en \u201cons\u201d karakter van Suid-Afrikaners in diaspora nie anders as ander gemeenskappe in diaspora nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/39-trekovye-svetilniki\">\u043c\u043e\u043d\u0442\u0430\u0436 \u0442\u0440\u0435\u043a\u043e\u0432\u044b\u0445 \u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432 \u043d\u0430 \u0448\u0438\u043d\u043e\u043f\u0440\u043e\u0432\u043e\u0434\u0435 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/seotamplier.ru\/object\/transportirovka-gruza-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Oppervlakkige analise van beduidende bevolkings in diaspora is dat hulle in die lande waarheen hulle of hul voorouers uitgewyk het, geneig is om radikaler te wees as hul volksgenote op die tuisfront. Hierdie siening kan gevorm word aan die hand van die wapens en morele ondersteuning wat die Ierse Republikeinse Le\u00ebr uit veral die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7461\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Volksgenote in diaspora&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8620],"class_list":["post-7461","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrikaner-diaspora"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7461","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7461"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7461\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7461"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7461"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7461"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}