{"id":7456,"date":"2010-02-01T07:30:57","date_gmt":"2010-02-01T07:30:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7456"},"modified":"2010-02-01T07:30:57","modified_gmt":"2010-02-01T07:30:57","slug":"leierskap-en-morele-kompas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7456","title":{"rendered":"Leierskap en morele kompas"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie land het sy morele kompas verloor.\u201d So meen Volksblad vanoggend in sy hoofartikel, met \u2018n groot voorbladberig dat Helen Zille die president oor sy jongste buite-egtelike kind looi.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op Sondagaand se Interface-program op TV het die leier van die Christen-Demokratiese Party en \u2018n selfverklaarde agnostikus oor die kwessie van poligamie teenoor mekaar te staan gekom. Gereduseer tot die been was dit standpuntstelling van Christen-Demokrasie teenoor liberalisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoofverskil tussen die twee standpunte was dat \u2018n land se vryhede binne die raamwerk van \u2018n morele kompas moet gemeet moet word, of dat die grondwet aan elkeen die reg waarborg om na sy goeddunke te handel, onderhewig aan \u2018n vaag-gedefinieerde \u201cbottom line.\u201d Die voorbeeld wat as onaanvaarbaar gebruik word, is dat een nie \u2018n ander oor die kop kan slaan net omdat hy nie hou van wat hy s\u00ea nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die opruiming van New York as vuil, misdaadstad, is binne \u2018n liberale grondwet egter \u2018n beleid van zero toleransie gevolg. Die redenasie was dat hierdie \u201cbottom line\u201d algaande neig om al hoe ho\u00ebr te word. In wese kom dit daarop neer dat iemand wat nie vasgevat word oor hy \u2018n le\u00eb sigaretpakkie by \u2018n motorvenster uitgooi, of \u2018n stopstraat ignoreer nie, later moeite het om te verstaan hoekom diefstal verkeerd is, en dat \u2018n volgende nie sal verstaan hoekom dit so verkeerd is om bedrog te pleeg nie. Die uiteinde is wetteloosheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In lande met liberale grondwette word egter steeds van leiers verwag om die voorbeeld te stel. Toe \u2018n Belgiese regter haar aan iets naastenby skuldig maak van dit waarvan regter Hlope beskuldig is, is sy nie net geskors nie, maar die premier het verklaar dat die demokrasie self deur haar optrede bedreig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Deense minister wie se klererekening agterstallig geraak het is gevra om haar pos te ontruim.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier word iemand, oor wie \u2018n regter uitspraak gelewer het dat hy in \u2018n korrupte verhouding met \u2018n veroordeelde bedrie\u00ebr was, die president. Sy verweer teen \u2018n aanklag dat hy \u2018n MIV-positiewe vrou verkrag het, was dat dit vrywillige owerspel was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Minister se munisipale rekening was twee jaar agterstallig, maar erger nog, di\u00e9 minister is vir munisipale aangeleenthede verantwoordelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Minister van Staatsveiligheid se eggenote word op dwelmsmokkel-aanklagte gearresteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Minister wat die stryd teen korrupsie moet ko\u00f6rdineer het erken dat hy self sy amptelike kredietkaart misbruik het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ondervoorsitter van die ANC en voormalige adjunk-president van die land beduie hoog en laag hoe die ANC korrupsie gaan vasvat, maar versuim om te vermeld oor hoe sy haar eerste rybewys in Mpumalanga bekom het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas is berig dat die president pa van \u2018n twintigste kind geword het. Die ma van die kind is nie een van sy bestaande of gewese vroue nie, en word ook nie as een van sy toekomstige vroue gelys nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl Europa, wat hoegenaamd nie \u2018n toonbeeld van \u2018n konserwatiewe lewenswyse is nie, se gemiddelde lewensverwagting nou na ongeveer 80 jaar gestyg het, het di\u00e9 in Suid-Afrika tot net meer as die helfte daarvan gedaal en die onderpunt is nog, aldus die kenners, lank nie bereik nie. Die gevolg is duisende Vigswesies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As iemand se morele kompas om ideologiese redes koersloos is, moet harde feite immers praat. Maar die oplossing word ook in die liberale dampkring gesoek \u2013 die gratis uitdeel van kondome. Hierdie veldtog is vroeg in sy spore gestuit, juis toe dit geblyk het dat di\u00e9 program buite-huwelikse seks aanmoedig, en Vigsverspreiding versnel. Nie lank egter nie, is die gesonde verstand deur liberale denke opsy geskuif, en het die kondoomverspreiding weer sy volle verloop geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terselfdertyd het die owerheid se morele herbewapeningsaksie, ironies gelei deur mnr. Jacob Zuma \u2013 toe adjunk-president, in die sand uitgeloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is \u2018n rede hoekom Christen-demokratiese partye nou in soveel belangrike Europese lande aan bewind is ongeveer 20 \u2013 30 jaar na liberalisme in di\u00e9 w\u00earelddeel sy hoogtepunt bereik het. Trouens, \u2018n opname verlede jaar het getoon dat jong Nederlanders meer Calvinisties as hul ouers is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitslag van gisteraand se Interface-stemming, was terloops dat vyf persent van die respondente gemeen het poligamie is reg, en 95 % wat gemeen het dit is verkeerd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/parket-ukladka.com\/blog\/tehnologiya-ukladki-modulnogo-parketa\">\u0443\u043a\u043b\u0430\u0434\u043a\u0430 \u043c\u043e\u0434\u0443\u043b\u044c\u043d\u043e\u0433\u043e \u043f\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442\u0430 \u0432\u0438\u0434\u0435\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDie land het sy morele kompas verloor.\u201d So meen Volksblad vanoggend in sy hoofartikel, met \u2018n groot voorbladberig dat Helen Zille die president oor sy jongste buite-egtelike kind looi. Op Sondagaand se Interface-program op TV het die leier van die Christen-Demokratiese Party en \u2018n selfverklaarde agnostikus oor die kwessie van poligamie teenoor mekaar te staan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7456\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Leierskap en morele kompas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8609],"class_list":["post-7456","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-liberalisme-teenoor-christen-demokrasie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7456","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7456"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7456\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7456"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7456"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7456"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}