{"id":7455,"date":"2010-02-01T07:25:45","date_gmt":"2010-02-01T07:25:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7455"},"modified":"2010-02-01T07:25:45","modified_gmt":"2010-02-01T07:25:45","slug":"max-imale-pot-a","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7455","title":{"rendered":"Max-imale pot *&#038;^%"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Vroegoggend op die troon terwyl die badwater intap, raak my, Blik Oor, se blikore rooiwarm. Die rede is dat Jors Troelie die gewoonte het om dan gou die nuttige berigte in Rapport deur te lees, sodat ek die res van die dag op kerk, \u2018n dinosourussie (hoendertjie) op die kole, \u2018n middagslapie en so aan kan spandeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar so elke twee weke verloop sake anders. Seker die domste ding wat Lise Albrecht gedoen het toe sy redakteur van Rapport geword het, was om haar geliefde Max saam te sleep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos almal wat ook By te lese gekry het toe sy nog daar, van agter die Wingerdgordyn, redakteur was sal weet van di\u00e9 gebaarde fiksasie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max laat my aan ou maer Mal H\u00earbe op skool dink. Meer spesifiek as ons in die \u201cliggies\u201d-klas bofbal gespeel het. Ou Malles kon die bal nie aspris raakslaan nie, maar af en toe \u201ckonnek\u201d hy darem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie dat dit nou \u2018n kuns is om die ANC se droogmakery raak te slaan nie. Trouens, dis \u2018n kuns om nie meer \u201cdaarin\u201d te trap nie soos dit gereeld in die strate in plaas van twee meter diep aan die agterkant van die erwe afloop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend sien ek, op pad kerk toe, die waarskuwingsbordjie by \u2018n groot slaggat in die pad wat iemand al weke gelede aangebring het, is nou ook in die h\u00eappie kanon in gery en net stukkies steek bo die water in die gat uit. Om \u2018n boom in die gat te plant en die foto vir \u2018n koerant te stuur help ook nie meer nie, want dis net nie meer nuus nie. Miskien as die vo\u00ebltjies in die nes in daai boom uitbroei \u2013 dan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Max maak \u2018n lang genoeg lys van sake wat die regering verkeerd doen. Trouens, daarsonder sou Rapport dunner gewees het, en die bad sou nie kans gekry het om vol genoeg te loop nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is dat Max vanoggend na alle kante mond uitspoel, selfs &#8230;ja &#8230;teenoor meerderheidsregering&#8230; maar ook moontlike moderne oplossings in die tande skop. Harde werk en om die regering aan te vat oor sy droogmakery, is die antwoord, aldus Max.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Max, dis juis die probleem met liberalisme. En dis nie ek, Blik Oor, wat so slim is nie. Gaan Google eers \u201cdanger of liberalism\u201d en dan \u201cdangers of liberalism\u201d en ek waarborg jou \u2018n hewige ont-Googleling. Saam maak dit meer as \u2018n miljoen trefslae. Gaan Google nou \u201cdanger of Christian Democracy\u201d en jy kry een trefslag, van ene Brolloks wat juis daarop wys dat daar nie trefslae is nie. En natuurlik veroorsaak die onnosel trol toe \u2018n trefslag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vir Christen-volkseie, \u201cdanger of Christian people,\u201d is daar twee trefslae.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">G\u2019n wonder nie, as vliegtuie van oorsee in Johannesburg kom land, lig die kaptein die passasiers soos volg in: \u201cGoeie m\u00f4re passasiers. Ons gaan binnekort op Oliver Tambo Internasionaal land. Draai asseblief u horlosies dertig jaar terug, trek u mesbestande baadjies aan en ketting u persoonlike besittings aan u liggaam vas.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want Max, en Naspers se ideologiese kartel, liberalisme is buite ons landsgrense dertig jaar gelede uitgedien. Meestal sien ons nou variasies van Christen-demokrasie, of soos hulle hulself dikwels noem, Christian Peoples\u2019 Parties, of hoogstens hebrides van liberalisme waarvan die wortels al goed na moraliteitspolitiek deurgebreek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar laat \u2018n mens dit darem vir ou Max ter ere na gee. As hy eers sy boeldokhond-gebit met \u2018n afkeer in iemand se vleis ingeslaan het, is hy soos \u2018n skilpad en kan mens die vuilbaard glad nie afgeskud kry nie. Hy sal sommer, net on sy afkeer te laat blyk, sikke bollie in \u2018n artikel vir tannie Lise skryf dat \u2018n gerekende joernalis nou moet kies of hy joernalis of historikus wil wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoekom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net omdat Max nie veelsydig genoeg is om joernalis (?) en sommer \u2018n buitengewone hoogleraar in Geskiedenis te wees nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oor rokers kan \u2018n mens nog s\u00ea: Wees lief vir hulle want hulle gaan nie lank met ons wees nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat \u2018n mens met die liberaliste moet maak, is \u2018n moeiliker vraag. Ja, die strikkiegriep maai, maar dit het hulle op hulself getrek. As die regering vir hulle \u2018n slag ook van die Indiese \u201cbalonne\u201d invoer is hulle ook in hulle maai in.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-90\/demisezonnaja-odezhda\/brjuki-dzhinsy\">\u0434\u0436\u0438\u043d\u0441\u044b \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a 10 \u043b\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vroegoggend op die troon terwyl die badwater intap, raak my, Blik Oor, se blikore rooiwarm. Die rede is dat Jors Troelie die gewoonte het om dan gou die nuttige berigte in Rapport deur te lees, sodat ek die res van die dag op kerk, \u2018n dinosourussie (hoendertjie) op die kole, \u2018n middagslapie en so aan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7455\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Max-imale pot *&#038;^%&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[8608,504,4114],"class_list":["post-7455","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-blik-oor","tag-max-du-preez","tag-rapport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7455","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7455"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7455\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7455"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7455"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7455"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}