{"id":7454,"date":"2010-02-01T07:20:30","date_gmt":"2010-02-01T07:20:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7454"},"modified":"2010-02-01T07:20:30","modified_gmt":"2010-02-01T07:20:30","slug":"herrie-se-kerrie-die-swaeltjies","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7454","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Die swaeltjies"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/herriekerrie_100_100.jpg\" border=\"0\" width=\"100\" height=\"100\" \/>Van Herrie maar kon onthou, het swaeltjies hulle tuisgemaak by huise waarin Herrie grootgeword het. Neste van klei met sulke onderstebo iglo-ingange.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oulike vo\u00ebltjies, di\u00e9 wat vlie\u00ebnde goggas in transito uit die lug \u201cstofsuig\u201d deur met hul oop bekkies so kos te \u201ckollekteer. Maar alles is nie altyd wel met swaeltjies nie. Daar is verskillende soorte, en nie almal is bereid om sulke volledige neste te bou nie. Die gevolg is dat daar soms \u2018n kortstondige geveg uitbreek waar ander soorte die bouers uit hul eie neste kom verjaag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie onthou hoe Ma Johanna met so \u2018n oorname \u201chaar\u201d swaeltjies met \u2018n swaaiende besem probeer bystaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van die swaeltjies kan aggressief word. Soos by oom Nico-hulle op die plaas waar die nes bokant die voordeur was, wat lastig was, want elke keer as mens die huis ingegaan of uitgekom het, het die swaeltjies soos wafferse kamikazevegters op \u2018n mens afgeduik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar vir 20 jaar was Herrie se huis swaeltjievry, en moes Herrie maar doen met die hadidas en af en toe \u2018n hoep-hoep wat Herrie help wortelvretende goggas in die grasperk in bedwang hou, en meer gereelde lysters en mossies wat verseker dat die Herrie niks vye geoes kry nie, en mev. Herrie se persimmons soos goud bewaar moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om kamikazevegters te kry, moes Herrie en Pumba die koerant by die keraats op die hoek gaan koop, waar twee spreeus Pumba geteiken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe begin twee blouswaeltjies di\u00e9 somer hul nes reg bokant die Herries se voordeur op \u2018n buitelig bou. Hulle het baie vinnig gebou, maar toe dit by die tuit kom, was nat grond blykbaar skaars en is dit stukkie vir stukkie met verskillende kleure bygebou. Nou is dit \u2018n yslike lang gang met ringe van verskillende kleure.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot Herrie het gou opgelet met watter vaart daar by daai ingang ingeduik word. Mens sou dink hulle moes \u2018n matras teen die agterkant h\u00ea om die vlugspoed te breek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soms het een ewe kontant by die bek uitgeloer na die mense wat hier vlak onder sy neus die huis in- en uitgaan. Soms het hulle op die hek voor die oop deur gesit en die menslike aktiwiteite in die huis betrag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe is daar blykbaar gebroei, en toe was daar \u2018n rukkie \u2018n geraas in die nes. Herrie het maar duim vasgehou die kleintjies kry behoorlik gevlieg as hulle uitgeskop word, want die Herries het \u2018n kat wat gereeld rotte, muise en vo\u00ebls huis toe bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En toe op \u2018n dag is daar \u2018n geskarrel. Herrie wonder nog of hy moet gaan besem haal om indringer-swaeltjies\u00a0 te help verwilder, maar in \u2018n stadium is een in die nes, en drie bekyk die mense in die huis redelik raserig. Kuiergaste of die kleintjies wat omtrent al so groot soos die ouers is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gelukkig, met al die jare se blootstelling aan swaeltjies, kan Herrie nou al Swaeltjie verstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So hoor Herrie, rofweg vertaal: \u201cKinders, daardie is nou mense. Hulle is partykeer ons grootste vyande, en bly daarom veilig weg. En o gaats, daar kom Pumba die hond. Wees baie versigtig. Oeps, en daar is die kat. Van \u2018n kat moet julle maar ver weg bly.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Voorlopig dus. Lyk dit of Herrie tot die winter al moet wag om die nodige herstelwerk aan die dak en die plafon te doen, waar die onlangse re\u00ebn bietjie skade voor die voordeur gemaak het. Saans bly die buitelig maar af, tensy die lig net vir \u2018n rukkie benodig word, want daai hele lig word naderhand vuurwarm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alles ter wille van die swaeltjies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Want Herrie voel bevoorreg dat swaeltjies weer sy huis as tuiste gekies het. Die regte soort swaeltjies.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/kakie-metody-lecheniya-desen-sushhestvuyut\/\">\u0441\u0440\u0435\u0434\u0441\u0442\u0432\u043e \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0441\u0435\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Van Herrie maar kon onthou, het swaeltjies hulle tuisgemaak by huise waarin Herrie grootgeword het. Neste van klei met sulke onderstebo iglo-ingange. Oulike vo\u00ebltjies, di\u00e9 wat vlie\u00ebnde goggas in transito uit die lug \u201cstofsuig\u201d deur met hul oop bekkies so kos te \u201ckollekteer. Maar alles is nie altyd wel met swaeltjies nie. Daar is verskillende &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7454\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Die swaeltjies&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7002,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[8017],"class_list":["post-7454","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen","tag-herrie-se-kerrie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7454","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7454"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7454\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7002"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7454"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7454"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7454"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}