{"id":7444,"date":"2010-01-30T11:45:04","date_gmt":"2010-01-30T11:45:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7444"},"modified":"2010-01-30T11:45:04","modified_gmt":"2010-01-30T11:45:04","slug":"nuuskommentaar-slaggatgereed-vir-sokker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7444","title":{"rendered":"Nuuskommentaar: Slaggatgereed vir sokker"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die laaste ding wat Suid-Afrika en die w\u00eareld nodig gehad het so kort voor die aanvang van die sokker-w\u00eareldbekerkampioenskap is dat die publiek se vertroue in die polisie \u2018n verdere knou moes kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl sowat 50 000 polisiemanne en vroue teen groot koste vir \u2018n makietie na Bloemfontein gebring is, is twee huise in Shoshanguwe afgebrand, en kon die polisie darem keer dat \u2018n derde ook afgebrand word. Hierdie huise behoort aan die verdagtes in \u2018n moordsaak, maar die mense wat voor die vlamme moes vlug en nou niks oor het nie was nie verdagtes nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Welkom is \u2018n skoolseun met \u2018n mes gesteek, en in KZN is \u2018n IVP-politikus met geweervuur aangeval maar nie beseer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bloemfontein lyk nou na \u2018n varkhok na die makiektiegangers die drankwinkels leeggekoop, en inwoners met \u2018n vreeslike geraas geteister het. Die polisiehoof se reaksie was dat die mense met die geel petjies wat die drankwinkels so leeggekoop het lede van die publiek was wat di\u00e9 saamtrekpette in die hande gekry het. Dit is ongeveer dieselfde logika as dat veldbrande wat op \u2018n streep in die nag ontstaan deur die sonlig veroorsaak word wat op gebreekte glas skyn, of deur die weerlig wat uit die wolklose blou lug slaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terselfdertyd het die weermag getoon hoe slaggereed di\u00e9 instelling is om veiligheid tydens die toernooi te waarborg deur konvensionele wapens soos die omstrede Grippens in te span.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gewone Suid-Afrikaner en voornemende buitelandse besoeker se bekommernis is egter hoe veilig hy of sy teen mesaanvallers, verkragters en rowers gaan wees, en dronk polisielede wat rommelstrooi en rusverstoring pleeg \u2013 drie misdade in een. Sulke polisiegedrag besoem nie juis vertroue in nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Konfederasiebekertoernooi wat as suksesvolle oefenlopie voorgehou word, het nie vir almal ewe goed afgeloop nie. Soos die huisvrou wat tydens die toernooi, onder die o\u00eb van \u2018n veiligheidswag van haar hangertjie in haar bloes beroof is. Die veiligheidswag het verkies om niks te sien nie, en ook nie die gille van die slagoffer en haar vriendin te hoor nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net om enkele dae later \u2018n histeriese oproep van die betrokke polisiestasie se bevelvoerder te kry waarin sy uitgetrap word omdat sy \u201cpetty crime\u201d by die SAPD aangemeld het, want dit laat die misdaadstatistieke sleg lyk. En, s\u00ea hy, \u2018n mens rapporteer nie \u201cpetty crime\u201d nie. Die vrou het dit bloot ter wille van \u2018n versekeringseis vir \u2018n duur erfstuk gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is laat in die dag as roof \u2018n \u201cpetty crime\u201d geword het wat nie gerapporteer behoort te word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie baie ver daarvan nie is \u2018n ondersteuner van die besoekende Leeutoer wat met die sokker ooreengeval het, Midge Fergusson, naby sy gastehuis oor die kop geslaan en beroof. Di\u00e9 insident het nie die plaaslike koerant gehaal nie, maar Fergusson het in \u2018n media-onderhoud wat internasionaal versprei is ges\u00ea hy het die indruk van die polisieman wat hom in intensief besoek het, gekry dat die polisie meer besorg is oor die slegte publisiteit wat die insident inhou, as oor die misdadiger wat op vrye voete verkeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners wil nie swartgallig wees nie, maar as die Dienders wys hoe hulle die misdadigers die loef kan afsteek, en as die land se kroonprins die land se beeld so deur die modder sleep, dan is \u2018n titseltjie swartgalligheid te verstane.<\/p>\n<p>Daar is baie ander, en goedkoper maniere, waarop goeie polisielede vir goeie diens beloon kan word anders as om \u2018n gasheerstad op horings te neem.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/fruit-shop\/\">shop games free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62806-pamyatnik-ivanu-sirko-popolnil-ryady-dostoprimechatelnostej-xarkova.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die laaste ding wat Suid-Afrika en die w\u00eareld nodig gehad het so kort voor die aanvang van die sokker-w\u00eareldbekerkampioenskap is dat die publiek se vertroue in die polisie \u2018n verdere knou moes kry. Terwyl sowat 50 000 polisiemanne en vroue teen groot koste vir \u2018n makietie na Bloemfontein gebring is, is twee huise in Shoshanguwe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7444\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nuuskommentaar: Slaggatgereed vir sokker&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-7444","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7444","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7444"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7444\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7444"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7444"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7444"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}