{"id":7424,"date":"2010-01-28T06:59:46","date_gmt":"2010-01-28T06:59:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7424"},"modified":"2010-01-28T06:59:46","modified_gmt":"2010-01-28T06:59:46","slug":"terwyl-rome-brand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7424","title":{"rendered":"Terwyl Rome brand"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Jacob Zuma verseker met \u2018n besoek aan Switserland die w\u00eareld dat Suid-Afrika se veiligheidsplan vir die 2010-w\u00eareldskokkerbekertoernooi in plek is.<\/p>\n<p> Of dit n\u00f3g \u2018n geval van ambisieuse planne is wat nie op grondvlak neerslag vind nie, soos verskeie onderwysplanne, sal nog gesien moet word. Op grondvlak is daar nog nie veel tekens dat die plan reeds in plek is nie, gegewe die vlaag wrede moorde, plaasmoorde ingesluit, wat die land ruk.<\/p>\n<p> Om \u2018n plan, of dan \u2018n strategie, te laat vlot is dit nodig om al die eendjies in \u2018n ry te kry. Wanklanke soos di\u00e9 van Julius Malema en die status wat hy in die ANC geniet, van die ANC in Pretoria om juis nou die naamkwessie op \u2018n spits te dryf, mense in die gasvryheidsbedryf wat hul pryse vir die toernooi \u2013 waarskuwings ten spyt \u2013 die hoogtes laat in styg het en nou vir \u2018n lae besprekingskoers geblameer word, dra alles daartoe by dat die land nie in een juk oor hierdie saak trek nie.<\/p>\n<p> Trouens, \u2018n ellelange lys kan opgestel word. Provinsiale paaie en selfs strate in dorpe wat meer gat as pad word terwyl superstadions verrys laat suur sop deurloop. In die Vrystaat is die beskikbare begroting om die paaie op \u2018n aanvaarbare standaard te kry ongeveer net een tiende van wat nodig is, selfs nadat die AA verlede jaar gewaarsku het dat die land teen die huidige tempo oor dertig jaar nie meer teerpaaie gaan h\u00ea waaroor gekla kan word nie.<\/p>\n<p> Hoewel die land se Vigs-besmettingskoers die vernaamste oorsaak is, help die standaard van gesondheidsorg ook nie dat Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting, 47 jaar, nou maar net meer as die helfte van Europa se ongeveer 80 jaar is nie.<\/p>\n<p> Dit verg geen wiskundige of statistiese vernuf om die ongevalle onder die sokkerbesoekers te bereken as die moordkoers ongeveer 40 per 100 000 van die bevolking, die aangemelde verkragtingskoers 150 per 100 000 en die werklike volgens maatskaplike werkers tussen tien en dertig keer ho\u00ebr is, aanranding met die opset om ernstig te beseer meer as 400 per 100 000 en gewapende roof 250 per 100 000 is nie. Hierdie syfers sou onder normale omstandighede geld, maar omdat soveel aan \u2018n veiligheidsplan gespandeer word, kan dit be\u00efnvloed word. Dit wil egter ook voorkom, en sommiges s\u00ea selfs so, dat misdadigers juis hul planne gereed kry om die buitelanders te teiken.<\/p>\n<p> Die foefie om te paai dat dit in ander lande ook maar onveilig is hou nie steek daarmee nie dat die w\u00eareld se gemiddelde moordkoers in die orde van 5 per 100 000 is nie. Suid-Afrika s\u2019n is dus \u2018n netjiese agt keer ho\u00ebr, en ho\u00ebr as di\u00e9 in verskeie oorlogsgeteisterde gebiede.<\/p>\n<p> Dat die geweldsmisdaad in Suid-Afrika met soveel grusame sadisme gepaard gaan help ook nie om die misdaadprentjie uit die buitelandse o\u00eb te hou nie.<\/p>\n<p> Presies in hoe \u2018n mate alle eendjies in \u2018n ry is, kan tereg gevra word as die polisie \u2018n verslaggeefster wat vir Le Monde verslag doen in, soos sy skryf, &#8216;n oorvol vuil sel gaan prop? Di\u00e9 beriggewing het sommer saamgeval met die aanval op \u2018n Duitse toeris in die gastehuis in Kaapstad waarin hy tuisgegaan het.<\/p>\n<p> Om sake te vererger, is die regering suinig \u00e9n selektief met die veroordeling van gevalle van grusame geweldsmisdaad. Terwyl die regering skynbaar volstruispolitiek speel, kry die leier van \u2018n baie klein politieke party twee oproepe van die media uit Europa om kommentaar oor \u2018n plaasmoord te lewer. Dit vereis geen Einstein-intelligensie om te verstaan waarom die media in Spanje, byvoorbeeld, nou so in nuus oor \u2018n plaasmoord belangstel nie.<\/p>\n<p> Terwyl van die \u201cgewone\u201d aanstigters tot verdeeldheid,\u00a0 soos Komphela en Neels van Rooyen, nou skynbaar voorlopig takties die swye opgel\u00ea is, is geen muilband vir Malema en kie in sig nie.<\/p>\n<p> Kom die eendjies nie in \u2018n ry nie kan die aanval tydens die Konfederasiebekertoernooi op die Brit, Midge Fergusson, vir Suid-Afrika \u2018n reuse kopsorg baar.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/\">how to promote your business<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/pochemu-v-harkove-doveryayut-mestnoi-vlasti-i-gordyatsya-svoim-gorodom\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Jacob Zuma verseker met \u2018n besoek aan Switserland die w\u00eareld dat Suid-Afrika se veiligheidsplan vir die 2010-w\u00eareldskokkerbekertoernooi in plek is. Of dit n\u00f3g \u2018n geval van ambisieuse planne is wat nie op grondvlak neerslag vind nie, soos verskeie onderwysplanne, sal nog gesien moet word. Op grondvlak is daar nog nie veel tekens dat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7424\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Terwyl Rome brand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7841,1665,218,8557,21133,6818,8559,8558,321],"class_list":["post-7424","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-7841","tag-geweld","tag-misdaad","tag-rome-brand","tag-c115-sokker","tag-switserland","tag-wb","tag-wereldbekersokkertoernooi","tag-zuma"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7424","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7424"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7424\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7424"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7424"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7424"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}