{"id":7395,"date":"2010-01-26T06:51:34","date_gmt":"2010-01-26T06:51:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7395"},"modified":"2010-01-26T06:51:34","modified_gmt":"2010-01-26T06:51:34","slug":"plaasmoorde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7395","title":{"rendered":"Plaasmoorde"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl die regering gewoonlik dawerend swyg oor plaasmoorde en ministers, en selfs die adjunk-president woordkeuses gebruik wat daarop neerkom hulle meen boere is self vir die plaasaanvalle verantwoordelik weens \u2018n herhaalde stroom berigte dat boere hul werkers swak behandel en selfs mishandel, is die TLU SA beswaard omdat een van sy streekvoorsitters \u2018n naweek lank toegesluit is en van moord aangekla word nadat hy en bure in \u2018n skietgeveg met veediewe betrokke was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is nie die eerste keer dat \u2018n boer toegesluit is na \u2018n skietvoorval met \u2018n aanvaller nie. Veral Noordwes haal gereeld die nuus hieroor, maar in die Vrystaat het \u2018n vroueboer ook agter tralies beland en is later vrygespreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig bly die regering se reaksie op plaasaanvalle nie net by swye nie. \u2018n Klag is byvoorbeeld reeds teen die adjunk-president gel\u00ea omdat hy na bewering ges\u00ea het boere is self hiervoor te blameer weens die swak behandeling van hul werkers. Uit regeringskringe word die stelling selfs dikwels gemaak dat boere hul plaaswerkersmishandel. \u2018n Bekende voorbeeld was di\u00e9 van minister Lulu Xingwana op Kerkplein, wat geblyk het op \u2018n enkele voorval in die Wes-Kaap gebaseer te gewees het..Dit het boonop aan die lig gekom dat die Onafhanklike Klagtedirektoraat reeds sewe maande tevore bevind het dat die bewering teen die boer vals was, en die regering in \u2018n verslag so ingelig was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is reeds bekend dat plaasaanvallers hulle nie steur aan hul slagoffers se ingesteldheid jeens medemense nie. Die jongste Vrystaatse slagoffer was juis as filantroop bekend, en tog is sy kop vermorsel en keel afgesny vir R50 en \u2018n selfoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die buitengewone trauma wat oorlewendes en hul naasbestaandes beleef is ongelooflik. Niemand kan ni\u00e9 geruk wees nie as die dogter van \u2018n bejaarde wie se voetsole afgeskil is om die aanvallers te wys waar \u2018n nie-bestaande kluis is, hom bel en van haar en haar pa se trauma vertel. Die dorpie Kokstad is so erg deur plaasaanvalle geruk dat die kerke met gedenkdienste stampvol was. Toe die getraumatiseerde gemeenskap padpredikante wou oprig om besoekers te waarsku dat die omgewing gevaarlik is, het die owerhede met groot ontsteltenis gereageer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die besondere trauma van plaasaanvalslagoffers, soms bekend as viktiminologie, word vererger nie net weens die voortgesette blootgesteldheid en onsimpatieke regering nie, maar die feit dat hulle steeds die trauma moet verwerk wanneer die omringende gemeenskappe weer met hul lewens aangaan asof niks gebeur het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geen wonder nie dat verskeie leiers reeds na die plaasaanvalle as \u2018n vorm van landelike terreur verwys het. Die regering se reaksie hierop skep boonop die indruk dat die aanvalle meer as net stilswyend gekondoneer word. Sommiges beweer selfs dat die afskaffing van die kommando\u2019s sonder dat die beloofde plaasvervangende stelsels in plek was, gegewe die statistiese omvang van plaasaanvalle en plaasmoode, op volksmoord neerkom en dat so \u2018n saak kragtens die volkereg uit te make is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Paar jaar gelede het \u2018n opposisieparty se landbouwoordvoerder en self \u2018n boer, ges\u00ea hy vind dit al moeiliker om nog woorde te vind om op plaasmoord na plaasmoord te reageer. Sedertdien moes hy maar net nog woorde vind want die moorde het nie opgehou nie.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0441\u0430\u0443\u043d\u0430 \u0441\u0430\u0443\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avonua.ru\/object\/transportirovka-komplektnogo-gruza-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl die regering gewoonlik dawerend swyg oor plaasmoorde en ministers, en selfs die adjunk-president woordkeuses gebruik wat daarop neerkom hulle meen boere is self vir die plaasaanvalle verantwoordelik weens \u2018n herhaalde stroom berigte dat boere hul werkers swak behandel en selfs mishandel, is die TLU SA beswaard omdat een van sy streekvoorsitters \u2018n naweek lank &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7395\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaasmoorde&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[6336],"class_list":["post-7395","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-plaasmoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7395","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7395"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7395\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7395"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7395"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7395"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}