{"id":7387,"date":"2010-01-26T05:50:38","date_gmt":"2010-01-26T05:50:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7387"},"modified":"2010-01-26T05:50:38","modified_gmt":"2010-01-26T05:50:38","slug":"onderdrukking-en-die-eksodus-motief-in-afrikaner-bevryding","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7387","title":{"rendered":"Onderdrukking en die eksodus-motief in Afrikaner-bevryding"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" border=\"0\" width=\"153\" height=\"193\" \/>Daar word opgemerk dat die debat rondom Afrikanerbevryding buite die raamwerk van \u2018n eksodusmotief of bevrydingsteologie deur die verskillende debatvoerders gedoen word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As die Afrikaner gesien word as \u2018n blote konglomeraat van individue in dieselfde land wat toevallig Afrikaans praat en dieselfde kultuur deel, dan is die politieke uitkomste anders en dan val die eksodusmotief weg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indien onderdrukking en \u2018n eksodusmotief belangrike elemente van bevryding is, moet duidelikheid gekry word oor wie die Afrikaner is.  Uitgaande van die argument dat die eksistensie (wat meer as loutere bestaan is!)  van die Afrikaner, kultuur-histories aan \u2018n transendente (dus ho\u00ebr mag as die aardse) werklikheid verbind kan word, dan speel die element van \u2018n Goddelike gelofte soos by Bloedrivier, en van onderdrukking (onder Britse kolonialisme en Afrika neo-kolonialisme), asook die eksodusmotief belangrike rolle in Afrikaner bevryding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die eksodusmotief word nog belangriker as die Afrikaner gesien word as \u2018n onderdeel of subgroep van die tien verlore stamme van Israel.  Indien dit so is, is die behoud van die Afrikaner fundamenteel belangrik, omdat in die eindtye die stam van Judah in die huidige Israel met die tien verlore stamme sal herenig, om die Godsryk op aarde wyer as Jerusalem te vestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Bybelse godsdiens maak veel van YHWH se gesprek met die mens, van die verbondsidee en van \u2018n religieuse eksodusmotief  by onderdrukking.  Vir eers moet duidelikheid gekry word oor die godsbegrip YHWH (die tetragrammaton).  In Moses se laaste (Shema)-gesprek met Israel verklaar hy:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cLuister (Chema)  O Israel! YHWH is ons God, YHWH is Een! Jy sal YHWH met jou hele hart liefh\u00ea &#8230;\u201d Deut. 6:4-6 en Markus 12:28-30<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Tetragrammaton  word 6000 keer in die Eerste Testament geskryf en beteken waarskynlik \u201cDie Een Wat sal Wees\/Is\/Was!\u201d.  YHWH is alleen God (Exodus 22:20).  Hy is \u2018n jaloerse God, wat geen afgode duld nie (Exodus 20:5).  Hy is die Skepper van alle dinge, sonder tussenganger of hulp van buite (Genesis 2:4-25). Hy is omring van hemelse wesens wat Sy afgesante op aarde is (Deut. 33:2, Ps. 29:1 en Genesis 3:22 en 11:7).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jeremia (9:23-24) haal YHWH aan, waar God van Homself verklaar dat hy intens betrokke (chesed) is, reg (mishpat) laat geskied en geregtigheid (zedaqah) wil sien. Die eksodusmotief of uittog uit Egipte was \u2018n verlossingsdaad (hesed) van God.  Daarom lees die dekaloog, of die tien gebooie: \u201cEk is die HERE jou God wat jou uit Egipteland van verslawing weggelei het\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">YHWH het in die loop van die geskiedenis van Israel ten minste drie keer direk met die mens gesprek gevoer.  Dit is:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* In die Paradys met Adam en Eva<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Op die berg Sinai met Moses, waar die dekaloog (Tien Gebooie) aan Moses oorhandig is<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* Deur die koms van die beloofde Messias uit die bloedlyn van koning Dawid<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke keer as daar nie na God se stem geluister is nie, \u00f2f die geloftes of verbond nie onderhou is nie, het straf gevolg.  Dikwels is straf deur wegvoering, na Babilon en na Assiri\u00eb,  gevolg.  Die tempel in Jerusalem is twee keer vernietig. Dit is in \u2018n staat van  onderdrukking dat God se volk dikwels in trane (sa\u2019ag) smag na die herstel van \u2018n vertrouensverhouding met God.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In onderdrukking reik God uit na die onderdruktes.  God se Gees sweef dan oor sy mense, soos wat Sy Gees oor die ongeordende waters in die skeppingsverhaal gesweef het.  God gebruik ook priesters en profete om die drang na hereniging met God en herstel van regte lewendig te hou.  Moses konfronteer Farao.  Jesus staan op teen die Romeinse owerheid. Dit is onder Romeinse onderdrukking dat die Messianisme, die bevrydingsteologie van die Israeliete, groei.  Dit is binne hierdie konteks dat Jesus die koninkryk van God verkondig.  Jesus verwys na homself as die \u201cweg\u201d.  Die weg wat hy aanwys is \u2018n nuwe eksodus motief:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* \u2018n koninkryksidee wat w\u00eareldwyd uitkring<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* \u2018n herskepte situasie wat onderdrukking uitban en geregtigheid vestig<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">* \u2018n geloof in God wat die Tempel en Jerusalem as heilige plekke transendeer, omvorm, en w\u00eareldwyd universaliseer en dus \u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0vir almal, oral toeganklik maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten slotte moet ek onomwonde verklaar, dat as ons \u2018n politieke oplossing sonder God soek, die Afrikaner ten minste nog veertig jaar in die woestyn sal dwaal.  Daar is van ons volksgenote wat \u2018n messias soek  Dit is net  politieke leiers met \u2018n sterk religieuse onderbou en mission\u00eare visie wat die leiding op hulle kan neem.  Intussen het ons Afrikaanse kerke stil geword.  Merkbaar is die feit dat dominees, ja die priesters en profete van die gevestigde kerke, in die gesprek en in die doen skitter in hulle afwesigheid.  Waar is hulle, of verstaan hulle nie wat op die spel is nie?  Waar is die D. F. Malans en die Andries Treurnichts?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons geestelike leiers moet teen \u2018n goddelose owerheid opstaan, standpunt inneem en vra vir die bevryding van die volk.  By weiering het die gesante van God, soos Moses inderdaad gedoen het, die reg om die plae van Egipte op \u2018n goddelose owerheid los te laat.  In \u2018n politiek met \u2018n eksplisiete eksodusmotief is die wekroep duidelik hoorbaar:  Laat my mense gaan!  Anders gestel: gee my mense selfbeskikking!<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/guide-sponsoring-post-instagram\">ads on<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/31.08.2017\/harkovskiy_produktovyy_riteyl_raduyuschaya_dinamika_razvitiya\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar word opgemerk dat die debat rondom Afrikanerbevryding buite die raamwerk van \u2018n eksodusmotief of bevrydingsteologie deur die verskillende debatvoerders gedoen word. As die Afrikaner gesien word as \u2018n blote konglomeraat van individue in dieselfde land wat toevallig Afrikaans praat en dieselfde kultuur deel, dan is die politieke uitkomste anders en dan val die eksodusmotief [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[1241],"class_list":["post-7387","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-christo-landman"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7387","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7387"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7387\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7387"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7387"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7387"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}