{"id":7363,"date":"2010-01-22T07:12:25","date_gmt":"2010-01-22T07:12:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7363"},"modified":"2010-01-22T07:12:25","modified_gmt":"2010-01-22T07:12:25","slug":"die-vryheidstryd-n-lig-op-die-pad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7363","title":{"rendered":"Die Vryheidstryd \u2013 \u2018n lig op die pad"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige gesprek rondom \u2018n volkstaat is \u2018n gesonde verskynsel.  Dit is soos die ore van die seekoei. Sterk seine word tans uitgestuur dat onderstrome onder Afrikanerdom woed.  Sonder om voorskriftelik probeer wees, het ek in die volgende stuk probeer aandui hoe die pad van vryheid vorentoe lyk.  Miskien sal dit die verwarde Afrikaners en hul leiers noop om bymekaar te kom en \u2018n strategiese plan uit te werk en om jong portefeulje leiers te verkies sodat die wa kan begin loop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In my boek Op Reis na Vryheid probeer ek die pas uitstippel.  Gebaseer op daardie werk wil ek die volgende ontleding aanbied om mense om dieselfde vuur te kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs vra iemand vir my: .Moet ons nou aanvaar dat Afrikaners vir altyd \u2018n minderheid gaan wees in ons eie land wat deur die swart meerderheid geregeer word? Indien nie, wanneer sal ons kan begin om onsself in ons eie land te regeer en hoe moet die proses verloop volgens die toepaslike volkeregtelike re\u00ebls?.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">My antwoord aan hom was, dat mens nie jou eie ondergang so fatalisties moet aanvaar nie. Ek is nie \u2018n kundige van volkeregtelike re\u00ebls nie, maar aan die hand van my studies van die internasionale minderheidspolitiek wil ek die volgende beweer:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">-Dat daar geen moontlikheid bestaan dat die Afrikaners ooit territoriale selfbeskikking  in \u2018n staat sal geniet tensy hulle die oorgrote meerderheid van die bevolking in daardie gebied uitmaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">-Verder moet die algemene volkswil in die gebied so sterk wees vir selfregering dat die inwoners bereid sal wees om daarvoor te sterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">-Derdens benodig die Afrikaner\/Boerevolk &#8216;n geloofwaardige gesagstruktuur met internasionale aansien. Die struktuur moet sonder \u2018n kunsmatige plafon wees sodat almal wat hulle met die Afrikaner\/Boerevolk identifiseer, daaraan kan affilli\u00eber, selfs vanuit die buiteland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieruit kan ons dan aflei dat die oprigting van \u2018n verteenwoordigende gesagstruktuur die beginpunt na vryheid is. Ek sien geen ander beginpunt op die pad na vryheid nie. Sonder \u2018n Verteenwoordigende Afrikanerowerheid ( VAO) sal pogings om staatstatus te verwerf doodeenvoudig net van die tafel gevee word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sien \u2018n pad na vryheid wat uit twee fases bestaan:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Eerste Fase begin by die oprigting van \u2018n Verteenwoordigende Afrikanerowerheid (VAO). Kom ons noem fase een Operasie Volksbou, want die klem gaan op die mense l\u00ea. Die Afrikaner\/Boerevolk moet bymekaar gemaak word en moet voorberei word om eie verantwoordelikheid vir hul vryheid te aanvaar  \u2013  bymekaar nie in fisiese sin nie, maar op sielkundige vlak. Fase een gaan dus oor die mense en nie oor die grondgebied nie.  Die gom hiervoor moet deur die VAO gewek word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Benewens die VAO se beeldbouprogram sal hy beplan om \u2018n verkiesing te re\u00ebl wat, indien nodig, met plaaslike verkiesings of algemene verkiesing kan saamval. By daardie verkiesing sal lede van die Afrikaner\/Boerevolk hul kruisie vir \u2018n bepaalde kandidaat kom maak in \u2018n lokaal van sy eie. Na die verkiesing word die kandidate se name met hul steun bekend gemaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By \u2018n Nasionale kongres word die VAO gekonstitueer  waar kandidate deur \u2018n regter ingesweer sal word. Hierdie gesagstruktuur sal dan met die staat asook buitelandse regerings skakel oor sake wat die toekoms van die Afrikaner\/Boerevolk mag raak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">U mag vra, wat dan van \u2018n Afrikanerraad, waarvoor ek reeds vir langer as tien jaar betoog? Bestaande kultuurorganisasies en vakunies vir Afrikaners kan slegs namens hul eie lede praat. Wanneer hulle egter sou saamspan en \u2018n nuwe oorkoepelende liggaam oprig, sal hul gesamentlike ledetal waarskynlik voldoende wees om geloofwaardige steun vir \u2018n VAO te bewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die moeisame reis na vryheid kan dan aangepak word. Diegene wat nie aan die konsep van \u2018n vrye volk glo nie, kan gewoon hul eie gang gaan en na hul eie huishoudings omsien sonder om hulle<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">met die vryheidsideaal van die Afrikaner\/Boerevolk te bemoei. Die vryheidsideaal sal  dan soos binneaarse voeding aan die volgende geslagte oorgedra moet sodat dit altoos sterker sal uitstraal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steun vir \u2018n VAO moet van so \u2018n aard wees dat dit geloofwaardig en as beduidend bewys kan word. \u2018n Landswye verkiesing kon dan oor vyf jaar of so met gepaste reklame in \u2018n verkiesingsatmosfeer kan geskied.  Die atmosfeer moet herinner aan die 1938 Ossewatrek, of die 1948 verkiesing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die eerste take van die VAO sal wees om \u2018n grondwet vir die Afrikaner\/Boerevolk op te stel wat bestaanbaar moet wees naas die RSA se Grondwet, maar sonder die baie kwalifikasies. Formele aansoek sal daarna gerig word aan die RSA regering ingevolge Art 185 van die Grondwet. Die Kommissie vir die Beskerming van die Regte van Godsdienstige, Taal en Kultuurgemeenskappe sal die aansoek om erkenning namens die regering hanteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In samewerking met die 185 Kommissie, asook met groepe soos die Griekwas, die San en andere, kan \u2018n Handves van Minderheidsregte soos in Art 234 voorsien word in afdwingbare wetgewing vasgel\u00ea word. Die handves kan stuksgewys indien nodig, aan die RSA parlement voorgel\u00ea vir aanvaarding.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sommige minderheidsregte sou kon insluit die reg op eie (staatsbetaalde) onderwys, reg op die beskerming van erfenisgoedere, wat straatname, dorpsname en monumente insluit, die reg op bedryf van staatsondersteunde kleuterskole en ouetehuise, museums, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verder moet diskriminerende maatre\u00ebls wat Afrikaners sielkundig of ekonomies benadeel, deur ons eie grondwet verbied word.  Hierdie is ho\u00eb profiel kwessies wat Afrikaners sommer gou bymekaar sal bring, veral as die VAO sukses kan bewys. Onregmatige teenstand deur die staat kan deur internasionale regshefbome teengestaan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Erkenning dat die VAO die outentieke verteenwoordiger van die Afrikaner\/Boerevolk is, moet dan van die meeste westerse lande verwerf word, in welke geval die VAO ook sou kon deel in die begrotings wat oorsese regerings aan minderheidsorganisasies skenk. Hy kan selfs op \u2018n pro<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">rata deel van die RSA fiskus begin aanspraak maak om die funksies wat hy namens die staat aan sy lede vervul, te finansier en in die nasionale  begroting ingesluit word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionale steun deur simpatieke minderheidsgroepe sal gewerf moet word om die w\u00eareldwye aktiviste organisasies vir gemeenskapsregte so sigbaar moontlik te maak vir verhoogde druk. Ons raak nou gereed vir Fase Twee, of Operasie Volkstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot op hierdie punt is daar nog geen sprake, aandrang of bespreking van \u2018n eie grondgebied nie, omdat daardie kwessie verdelend inwerk op \u2018n leierlose en verwarde volk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers wanneer sukses behaal is met die beskerming van minderheidsregte orals binne die grense van die RSA, sal daar genoegsame ondersteuning vir \u2018n bepaalde territorium kan begin ontwikkel. Dan kan Fase Twee aangepak word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Behalwe in die geval van Pretoria met sy unieke Afrikanerkonsentrasie waar \u2018n groot stryd vir politieke heerskappy nog gaan woed, sal voortydige bespiegeling of aandrang op \u2018n bepaalde gebied mense buite daardie gebied negatief be\u00efnvloed en die vryheidsideaal vertraag of selfs kelder.Operasie Volkstaat sal nou kan begin. Die VAO se volgende taak sal wees om sy eie Kommissie aan te stel om voort te bou op die werk van die Volkstaatraad om \u2018n finale keuse van \u2018n praktiese grondgebied(e) te maak wat deur die VAO formeel en amptelik aanvaar kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Internasionale volkeregtelike erkenning moet dan van die VN en EU agentskappe vir die Afrikaner\/Boerevolk se reg op territoriale selfbeskikking verkry word. Dit sal \u2018n moeisame proses wees, maar daar is geen alternatief nie. Die poging moet gerugsteun word deur \u2018n behoorlik<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">georganiseerde volkstemming vir of teen &#8216;n Boerestaat om voldoende steun te bewys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Gebied wat deur \u2018n oorgrote meerderheid Afrikaners\/ Boere bewoon word, moet dan afgebaken word. Die gebied hoef nie baie groot te wees nie, maar moet ekonomies lewensvatbaar<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">wees om minstens 200,000 burrgers te akkommodeer, waarvan \u2018n fraksie waarskynlik landbouers sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaner landbouers sal regdeur die RSA asook Afrika vir die voedsel produksie vir die RSA en<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrika bevolking kan sorg as deel van \u2018n onderhandelde skikking vir selfbeskikking. So ook sal ander Afrikaners\/Boere vir die RSA se watervoorsiening en gesondheidsdiense kan sorg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op hierdie stadium speel aktivisme \u2018n baie belangrike rol en in elke dorp en stad sal wettige vryheidsaksies met mediadekking op \u2018n gereelde basis geloods moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sou sigbare en geloofwaardige vordering getoon word, stel die VAO eise vir outonomie ingevolge art 235 van die grondwet, gesteun deur \u2018n volkstemming of plebisiet binne die bestemde gebied. So \u2018n plebisiet sal sonder benadeling van of diskriminasie teen enige ander permanente burgers binne die betrokke gebied moet wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer dit suksesvol afgehandel is, kan eise vir selfregering aan die owerhede gestel word. Indien daar nie gehoor gegee word aan die eise, wat ook deur die internasionale waghonde oor minderheidsvolke ondersteun word, kan ultimatums gestel word, waarna \u2018n regering in ballingskap gevestig kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie stappe moet almal deurgewerk word. Daar is geen kortpad nie. Die geskiedenis het getoon dat sessessie nie maklik verkry kan word nie en dat dit gewoonlik op \u2018n burgeroorlog uitloop. Sou \u2018n politieke oplossing gevind kon word wat op strategiese samewerking tussen die Afrikaner\/Boerevolk en die regering kan uitloop, sal \u2018n oorlog moontlik afgeweer kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Samewerking kan voedselsekuriteit, watersekuriteit en energiesekuriteit vir die RSA insluit. Om egter voortydig met \u2018n oorlog te begin dreig of om \u2018n konflikterende of rasgebaseerde styl van optrede of retoriek nou reeds te gebruik, verminder die legitimiteit van die stryd en word<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">die hele proses vertraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skeptici mag vra: In die tyd van die Anglo Boere Oorlog toe die Boerevolk die meeste simpatie en respek in die moderne w\u00eareld gehad het wat ons ooit gehad het, was geen regering of organisasie van beduidende omvang bereid om ons te ondersteun nie. Waarom sal hulle dit nou skielik doen?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tye het verander sedert die menseregte en volkeregtelike doktrines na die Tweede W\u00eareldoorlog ontwikkel het asook na die stigting van die VN. \u2018n Vryheidstryd moet internasionaal aanvaarbaar wees. Bonop moet die internasionale gemeenskap asook die plaaslike bevolking aanvaar dat die toestaan van selfbeskikking aan die Afrikaner\/Boerevolk in belang van die hele<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">land sal wees. Geen moondheid sal enige poging steun wat daarop neerkom dat die streek gebalkaniseer of in &#8216;n burgeroorlog gedompel word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Territoriale selfbeskikking is dus &#8216;n lang en moeisame proses, wat dekades mag duur, afhangende van die algemene politieke klimaat in die land. Intussen moet die lewe egter aangaan, en moet Afrikaners hul taal, kultuur, skole en ander erfenisse bewaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen moet ons ook verhoed dat die volk en sy erfenisgoedere uitgeroei word. Hiervoor moet alle<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">organisasies wat met Afrikanersake bemoeid is, en veral die jongmense, hul deel bydra terwyl hulle nader aan mekaar beweeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrika is \u2018n onvoorspelbare plek en enigiets kan binne die volgende dekade of twee gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stigting van COPE het weereens getoon dat die gom wat die verskillende etniese groepe binne die ANC bymekaar gehou het, reeds verweer het. Verdere verdelings binne die ANC is ook moontlik wanneer die SAKP sou probeer om die party volledig te skaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om dan weer te sit met die problematiek waarmee dr HF Verwoerd geworstel het, is glad nie onvoorspelbaar nie, en \u2018n tweede Codesa mag dalk plaasvind om die orde in die land te herstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As alles dan in plek is, verkry die Afrikanerevolk dalk hul vryheid baie, baie gouer. Dit gaan van hul eie geloof, werkywer en drang na vryheid afhang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is ook grade van vryheid en mens kan na Fase Twee  reeds binne twee of drie jaar beduidende vordering toon om seggenskap oor eie sake te verkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus is dit nie \u2018n kwessie van \u2018n Volkstaat of Minderheidsregte op hierdie stadium nie, maar van albei \u2500 die een lei tot die volgende.In menige ander lande sou hierdie program op sameswering tot hoogverraad neergekom het, wat in sommige lande tot die doodstraf sal lei. Maar die werklike waarde van Art. 235 van die RSA Grondwet is dat dit volgens die land se hoogste hof, naamlik die Grondwetlike Hof wettig is om na \u2018n eie staat te strewe, mits daardie strewe grondwetlik geskied. Die uitspraak moedig so \u2018n strewe selfs aan deur die Art 185 Kommissie wat die VAO namens die regering moet erken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die baie probleme op die grondwetlike pad na vryheid moet nie onderskat word nie. Nogtans is dit die aangewese weg om altyd binne die Grondwet en die landswette te bly om die vryheidsaak nie skade te berokken nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar, wanneer  alle middele uitgeput is, sal gewapende opstand die enigste oorblywende alternatief word.  Dit is die rede waarom die volkspoging deur \u2018n Afrikaner owerheidsgesag gelei moet word om te verhoed dat heethoofde op ongeko\u00f6rdineerde wyse die hele saak vernietig en antagonisme teenoor Afrikaners tot skreiende vooroordele en selfs amptelike geweld deur die polisie en weermag op weerlose Afrikaners losbars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/parket-ukladka.com\/products\/tsiklevka-parketa\">\u0440\u0435\u0441\u0442\u0430\u0432\u0440\u0430\u0446\u0438\u044f \u043f\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442\u0430 \u043d\u0435\u0434\u043e\u0440\u043e\u0433\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/glavnoe.ua\/news\/n214753\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die huidige gesprek rondom \u2018n volkstaat is \u2018n gesonde verskynsel. Dit is soos die ore van die seekoei. Sterk seine word tans uitgestuur dat onderstrome onder Afrikanerdom woed. Sonder om voorskriftelik probeer wees, het ek in die volgende stuk probeer aandui hoe die pad van vryheid vorentoe lyk. Miskien sal dit die verwarde Afrikaners en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[1668,2224],"class_list":["post-7363","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","tag-johann-wingard","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7363","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7363"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7363\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7363"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7363"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7363"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}