{"id":7362,"date":"2010-01-22T07:01:27","date_gmt":"2010-01-22T07:01:27","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7362"},"modified":"2010-01-22T07:01:27","modified_gmt":"2010-01-22T07:01:27","slug":"reitz-vier-se-volgende-hoofstuk-breek-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7362","title":{"rendered":"Reitz-vier se volgende hoofstuk breek aan"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Reitz-4-sage \u2013 \u2018n insident wat as onskuldige studentepret bedoel was \u2013 het reeds ongeveer net soveel opslae, indien nie meer nie, gemaak as die president se veelwywery en sy verbintenis met Schabir Shaik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die proses gaan nou \u2018n hopelik laaste fase in wanneer die proses van herstellende geregtigheid onder die leiding van \u2018n proefbeampte ingelui word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hantering van die saak tot dusver is \u2018n ongelukkige voorbeeld van hoe \u2018n saak nie in \u2018n regstaat hanteer moes word nie. Vanuit die staanspoor is \u2018n stroom veroordelings losgelaat sonder dat mense hulle van die feite vergewis het, \u2018n totale minagting van die audi altaram partem-re\u00ebl wanneer teen die vier opgetree word, \u2018n gedokterde weergawe van die video wat in omloop gekom het wat die saak erg skeeftrek en waarop mense aanhou om hul menings te baseer, \u2018n blatante verswyging van feite, ens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik het die landdros die politici en media gewaarsku om nie die regsproses vooruit te loop om mense skuldig te bevind alvorens hulle behoorlik verhoor is nie. Hierdie waarskuwing is plek-plek blatant ge\u00efgnoreer, soos die plasing in \u2018n groot Afrikaanse Sondagkoerant van \u2018n brief waarin na die vier as misdadigers verwys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sage het ook op \u2018n gepolariseerde media-aanbieding gedui. Beide Volksblad en Beeld het reeds op 18 April 2008 berig dat die Reitz-vier die skoonmakers om verskoning gevra het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Burger het die dag eerder gefokus op die stroom veroordelings wat in die parlement plaasgevind het. Na die landdros gewaarsku het teen vooraf-veroordeling, skryf dieselfde briefskrywer wat die Reitz-vier misdadigers noem, dat die vier verskoning moet vra. Die Persombudsman beslis hieroor dat hoewel sommige koerante in die Naspersstal oor die verskoning gerapporteer het, dit nie noodwendig beteken die ander sou daarvan kennis dra nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem is egter bietjie ingewikkelder. Die oorspronklike verskoning is in \u2018n Sapa-berig gedra.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So ver vasgestel kan word, het nie \u2018n enkele Engelstalige koerant in Suid-Afrika hierdie inligting gedra nie, maar wel die Times in Londen en twee koerante in die VSA.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg hier te lande was dat \u2018n situasie ontstaan het waar die hoofsaaklik wit Afrikaanssprekends bewus was van die verskoning, maar hoofsaaklik swart Engelse lesers en bruin Afrikaanse lesers nie bewus was hiervan nie, en nog \u2018n rasse-polarisasievlak geskep is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Tweede aspek, suiwer op die regsvlak, het ontwikkel. Dit is later in verto\u00eb deur die regsverteenwoordiger aan die Direkteur van Openbare Vervolging uitgewys: Die woordkeuses by verskoning vra en aan wie spesifiek dit gerig moet word, moet versigtig gekies word om nie op \u2018n implisiete skulderkenning neer te kom nie. \u2018n Belangrike onderdeel van die Suid-Afrikaanse regstelsel is dat opset bewys moet word vir die pleeg van die misdaad waarvoor die persoon aangekla word. Boonop het die vakbond die klaers van die beskuldigdes weggehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Word die tegniese skanse rondom die pers se gedragskode in die Persombudsman se statuut gestroop, is dit duidelik dat die mate waarin die Reitz Vier in \u2018n groot deel van die media tot vrybuit verklaar en soos vo\u00eblvryes gejag is, nie met die gedragskode strook nie. Uiteindelik moes \u2018n landdros, toevallig swart, waarsku dat hier buite perke gespeel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers hierna kan in \u2018n kliniese omgewing oor skuldig al dan nie beslis word. Die hartseer is egter dat selfs al sou die saak op \u2018n onskuldigbevinding uitloop, die openbare verguising, die regskostes en studieskade reeds \u2018n baie erge en effektief lewenslange straf tot gevolg gehad het. Dit druis lynreg teen die land se grondwet in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sage het ook gewys in hoe \u2018n mate die land se mediawese in Suid-Afrika reeds die vrugte pluk van die stroping daarvan deur ervare en kundige mediakundiges. Dit het wel die geleentheid gebied aan jong, knap joernaliste om reeds vroeg in hul loopbane hul staal te toon, maar ongelukkig ook aan joernaliste met \u2018n gebrek aan \u2018n algemene kennisvlak en nuusinsig om juweeltjies van onkunde in ink te verewig. Pas het Naspers weer \u2018n oop uitnodiging aan senior redaksielede gerig om pakkette te neem. In belang van die land en sinvolle mediawese kan maar net gehoop word dat die snoeisk\u00ear met groot oordeel ingespan sal word om die beste van ou kundigheid met jong potensiaal te trou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ds. Cassie Aucamp by geleentheid ges\u00ea het: \u201cAs die een blinde \u2018n ander lei, val beide in die sloot.\u201d  In die mediaw\u00eareld hier te lande gebeur dit ongelukkig te veel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dat jong, kundige verslaggewers deurbreek wat kan, word gelukkig ook gereeld gesien soos waar ho\u00eb politici se minder voorbeeldige handelinge skielik in hoofopskrifte verskyn.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/osvobozhdenie-ot-fizkultury-0\">\u043e\u0441\u0432\u043e\u0431\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u0438\u0435 \u043e\u0442 \u0444\u0438\u0437\u043a\u0443\u043b\u044c\u0442\u0443\u0440\u044b \u0432 \u0448\u043a\u043e\u043b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Reitz-4-sage \u2013 \u2018n insident wat as onskuldige studentepret bedoel was \u2013 het reeds ongeveer net soveel opslae, indien nie meer nie, gemaak as die president se veelwywery en sy verbintenis met Schabir Shaik. Die proses gaan nou \u2018n hopelik laaste fase in wanneer die proses van herstellende geregtigheid onder die leiding van \u2018n proefbeampte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7362\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Reitz-vier se volgende hoofstuk breek aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8461,8460,7608,8459],"class_list":["post-7362","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-onskuld","tag-regspleging","tag-reitz-4","tag-reitz-vier"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7362","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7362"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7362\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7362"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7362"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7362"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}