{"id":7358,"date":"2010-01-21T11:37:28","date_gmt":"2010-01-21T11:37:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7358"},"modified":"2010-01-21T11:37:28","modified_gmt":"2010-01-21T11:37:28","slug":"godsdiensonderrig-in-duitsland-na-moslems-uitgebrei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7358","title":{"rendered":"Godsdiensonderrig in Duitsland na Moslems uitgebrei"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/moslem_meisies.jpg\" border=\"0\" alt=\"Moslem-meisies in Duitsland\" title=\"Moslem-meisies in Duitsland\" \/>Die grondwetlike bepaling in Duitsland dat staatskole godsdiensonderrig moet aanbied, word nou op \u2018n proefgrondslag na die land se sowat 90 000 Moslem-skoolkinders uitgebrei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel skole verplig word om godsdiensonderrig aan te bied en dit ook \u2018n eksamenvak is, word leerlinge nie verplig om die vak te neem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die oorsprong van hierdie bepaling dateer uit die na-Nazi-era toe besef is dit is nodig om morele waardes by Duitse kinders te kweek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Protestantse en Rooms-Katolieke instellings help met die opstel en toepassing van die leerplanne, en sedert 2003 is dit ook na die Joodse godsdiens uitgebrei, en sinagoges betrek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou word dit versigtig na die Moslems uitgebrei. Godsdiensrykheid en minderheidsregte maak \u2018n sterk deel van die Christen-demokratiese leerstellings uit, en Duitsland word nou deur \u2018n regering regeer waarin die CDU die grootse party is. Die CDU se vereiste is egter, soos uitgespel deur die vorige sekretaris-generaal, Roland Pofalla, dat Duitsland sy karakter gebaseer op sy Christelike tradisie moet behou, en as Christenland moet voortbestaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verskeie redes word aangevoer, soos dat dit help dat Moslems Islam deur \u2018n Westerse bril beoordeel en ervaar. D\u00edt, word gemeen, is verkieslik bo \u2018n stelsel waar Moslemkinders hulle tot godsdiensonderrig buite skoolverband moet rig, en die aanbieders dikwels \u2018n bedenklike motief het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Interessante gewaarwording is dat dit weens interne verskille tussen Moslem-groeperings makliker ges\u00ea as gedaan is. Duitsland se Moslembevolking is nie homogeen nie, met Soennies, Sji\u00efete, Alawiete en aanhangers van die Suid-Asiatiese\u00a0 Ahmaddiyya-sekte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit word verder gekompliseer deur die Moslems se lande van herkoms, waar die Turkse Moslems oor die algemeen \u2018n minder fundamentalistiese karakter openbaar en kopdoeke onder vroue seldsaam is, met \u2018n meer tradisionele benadering wat dikwels met Moslems uit Arabiese lande kom. Boonop sien Moslem-meisies dat die Duitse seuns en meisies bykans alles geoorloof is, terwyl dit in die Moslemtradisie net die seuns beskore is. Hierdie heterogeniteit skep vir die owerheid grys hare om \u2018n behoorlike, goedgekeurde leerplan op te stel. Sowat 250 leerkragte bied reeds landswyd Moslem-godsdienslesse in Duits aan.\u00a0 <\/p>\n<p><em>Verwerk uit: Christian Science Monitor<\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">games to<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3868770\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die grondwetlike bepaling in Duitsland dat staatskole godsdiensonderrig moet aanbied, word nou op \u2018n proefgrondslag na die land se sowat 90 000 Moslem-skoolkinders uitgebrei. Hoewel skole verplig word om godsdiensonderrig aan te bied en dit ook \u2018n eksamenvak is, word leerlinge nie verplig om die vak te neem nie. Die oorsprong van hierdie bepaling dateer &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7358\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Godsdiensonderrig in Duitsland na Moslems uitgebrei&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7357,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[6798,5227,6744,8453,5361,5358],"class_list":["post-7358","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-cdu","tag-duitsland","tag-godsdiensonderrig","tag-godsdiensonderrig-in-duitsland-na-moslems-uitgebrei","tag-islam","tag-moslems"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7358","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7358"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7358\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7357"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7358"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7358"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7358"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}