{"id":7355,"date":"2010-01-21T06:26:29","date_gmt":"2010-01-21T06:26:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7355"},"modified":"2010-01-21T06:26:29","modified_gmt":"2010-01-21T06:26:29","slug":"kan-nederduitse-gene-die-afrikaner-se-redding-wees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7355","title":{"rendered":"Kan Nederduitse gene die Afrikaner se redding wees?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n pas afgelope besoek aan drie Europese lande (die Nederlande, Duitsland en Itali\u00eb) kom die vraag by my op of die Nederduitse volkere geneties sterk genoeg is om die effek van die invloei van nie-Nederduitse mense sosiaal en religieus te kan weerstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is opvallende raakpunte tussen Nederlanders, Duitsers en tot \u2018n mindere mate met Noordelike (Germaanse) Italianers, maar weinig raakpunte met die ander Italianers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat opval is die ho\u00eb beskawingspeil in die Nederlande en in Duitsland, in teenstelling met\u00a0 Semitiese en Hamitiese lande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie stelling is natuurlik kontroversieel, want reeds H.G. Wells het in sy <em>The Outline of History<\/em> (1920) aangevoer dat die Kaukasiese volkere ho\u00ebr vlakke van beskawing bereik as die Semiete en Hamiete. \u00a0Arthur de Gobineau, die Fransman, verklaar dat die Indo-Europe\u00ebrs \u2018n verhewe (soos in ho\u00ebr!) posisie in die ry van volkere inneem. Dit is op grond van hierdie standpunte dat Adolf Hitler die Duitsers die Herrenv\u00f6lk genoem het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Opvallend is dat mense van die nie-Kaukasiese volkere besig is om die Nederduitse lande en by name Nederland en Duitsland \u201cin te neem\u201d<em> <\/em>(dalk ook \u201coor te neem\u201d).\u00a0 Die meeste van hierdie \u201cinvallers\u201d bied hulleself aan as politieke asielsoekers, maar bring hulle tale, kulture en meestal Islamgodsdiens saam.\u00a0 Die nie-Nederduitsers vermeerder dramaties meer as die Nederduitsers, terwyl die Nederduitsers klein gesinne vorm.\u00a0 Terwyl die Nederduitse volkere godsdiens<strong>los<\/strong> raak, bring die Islamiete \u2018n sterk godsdiensbesef saam.\u00a0 Dit is dus nie vergesog nie dat die Islam binne \u2018n eeu die sterkste enkele godsdiens in Nederland en Duitsland sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die naam van die humanisme het liberale en sosialistiese politieke partye o\u00eb toegeknyp\u00a0 en die asielsoekers asook onwettige immigrante om humanit\u00eare redes toegelaat.\u00a0 So huisves Berlyn die derde grootste Turkse gemeenskap naas Ankara en Istanboel.\u00a0 In Den Haag, die parlement\u00eare hoofstad van die Nederlande,\u00a0 is daar sowat sestig Islamitiese religieuse sentra te vind. Nou in die jaar 2010 is daar \u2018n teenreaksie wat manifesteer in die opkoms van sg. regse partye, wat in opstand kom teen die permanensie van volksvreemde mense.\u00a0 Daar word in beide die Nederlande en in Duitsland van die \u201cvreemdelingevraagstuk\u201d gepraat.\u00a0 Helaas, te laat, want hulle is daar!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die implikasie is dat hierdie vreemdelinge eie gemeenskappe in Nederduitse lande geskep het met vreemde godsdienste, waaronder die Islam \u2018n belangrike faktor is.\u00a0 \u2018n Bekende Amerikaanse staatsgeleerde het jare gelede reeds voorspel dat die Derde W\u00eareldoorlog \u2018n konflik van gelowe (civilisations) sal wees.\u00a0 In enige religieuse konfliksituasie skep vreemdelinge in Nederduitse lande \u2018n veiligheidsgevaar van ongekende omvang en intensiteit.\u00a0 Om Talibansimpatisante uit die samelewing te verwyder mag beteken dat die storie van die Duitse konsentrasiekampe hom mag herhaal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die 19de en 20ste eeue is baie gedink en geskryf oor die meerderwaardigheid van die Ariese volkere ten aansien van die res. In die taalkunde is die \u201cAri\u00ebrs\u201d daardie volke wat verwant is aan \u2018n veronderstelde Indo-Europese oertaal anders as die Semitiese en Hamitiese tale. \u00a0In die biologiese antropologie is Ari\u00ebrs die Nordiese volke, in onderskeiding van die Alpynse en Mediterreense volke (vgl. Vacher de Lapouge se biologiese indeks) sou Ariese volke uitgeken kon word as die langkop-Europe\u00ebrs, in teenstelling met die kortkopmense.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe dit ook al sy, sedert die einde van die 19de en begin van die 21ste eeue dui feite op die grond daarop dat die Ariese volkere en lande waar Ari\u00ebrs in die meerderheid is, grootliks moet \u201csorg\u201d vir die parasitiese volkere en lande.\u00a0 Parasitiese volkere en lande is daardie mense en lande wat hulle vergaap en vergryp aan Ariese innoverings en tegnologiese vaardighede, asook ontwikkelingshulp, maar desondanks Ari\u00ebrs haat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig het Ariese volkere nog nie geleer dat die Ariese leefwyse nie sonder meer oordraagbaar is op nie-Ariese gemeenskappe nie.\u00a0 Dink aan Amerikaners wat Irak van Sadam Hoesein wou bevry. Amerika en Brittanje se stryd teen die Taliban in Afganistan en Pakistan.\u00a0 In hierdie verband kom die vraag op of \u2018n tipiese Ariese \u201cgedemokratiseerde\u201d en gedesentraliseerde politieke sisteem enigsins werk en kan werk in \u2018n nie-Ariese beskawingsomgewing?\u00a0 Dit is te betwyfel.\u00a0 Onderontwikkelde gemeenskappe moet dikwels deur die harde hand \u00a0van \u2018n despotiese sisteem bestuur word&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar die kwessie van finansi\u00eble hulpprogramme.\u00a0 Amerika moes nou weer inspring om die chaos in Ha\u00efti te probeer aanspreek.\u00a0 Nie-Ariese volkere (en veral die Hamitiese groepe) is vir hulle ekonomiese oorlewing basies aangewese op Westerse finansi\u00eble bloedoortappings, waarsonder hulle eenvoudig nie kan nie.\u00a0 Martin Meredith dui in sy, <em>The State of Africa<\/em>, afdoende aan dat Afrika, by wyse van voorbeeld as nie-Kaukasiese gemeenskappe, op die pad van progressiewe degenerasie is!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nie-Ariese volkere het daarin geslaag om die Ariese lande, die voormalige koloniale moondhede, \u2018n skuldkompleks te gee; \u2018n kompleks wat besig is om deur te skaaf.\u00a0 Finansi\u00eble inspuitings om nie-Ariese volkere van \u201condergang\u201d te red, het die neweproduk dat die afhanklikheid van sodanige land op Ariese ontwikkelingshulp jaarliks vergroot, vanwe\u00eb die bevolkingsontploffing wat met werkloosheid, meer geld en eksterne hulp gepaard gaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen groei die ekonomie\u00eb van Ariese lande onverpoos voort en word die gaping tussen ryk en arm lande groter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n onlangse artikel in <em>Elseviers Weekblad<\/em> skryf die Nederlandse ambassadeur in Washington dat Nederland onder die sestien grootste ekonomie\u00eb ter w\u00eareld tel.\u00a0 In die finansi\u00eble sektor is Nederland onder die top tien.\u00a0 Nederland is die tweede grootste uitvoerder van landbouprodukte.\u00a0 Die Nederlande, wat geografies ietwat groter as die Kruger- Nasionale Wildtuin is, se jaarlikse blomproduksie alleen is gelyk aan die bruto nasionale produk van Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan is daar daardie merkwaardige land, Duitsland en sy mense.\u00a0 Duitsland is sekerlik vandag die sterkste moondheid van die Europese Gemeenskap.\u00a0 Duitsers het een teenslag na die ander te bowe gekom.\u00a0 N\u00e1 die Eerste W\u00eareldoorlog was Duitsland \u2018n belangrike teiken van die Russies ge\u00efnspireerde Bolsjewiste (Kommuniste).\u00a0 Jode het belangrike rolle in die Kommunistiese en Sosialistiese Partye in Duitsland gespeel.\u00a0 Die Tweede W\u00eareldoorlog het Duitsland letterlik platgeskiet.\u00a0 Die uitslag van hierdie oorlog is welbekend en het aanleiding gegee tot die verdeling van Duitsland in Wes- en Oos-Duitsland.\u00a0 In Oos-Duitsland is die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) as kommunistiese staat tot stand gebring.\u00a0 Amerika en Brittanje het goedskiks toegekyk en niks gedoen nie!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Berlyn is as stadstaat in vier dele verdeel, waarvan die Russe beheer oor Oos-Berlyn verkry het.\u00a0 \u2018n Twee meter ho\u00eb muur van 160 km. het probeer verhoed dat \u2018n massa Oos-Duitsers na die Weste oorloop. In Oos-Berlyn het Berlyners toenemend in opstand teen die kommunistiese diktatuur gekom.\u00a0 In 1989 het die Oos-Duitse leier Hoenecker onder toenemende druk bedank.\u00a0 Die Rus, Gorbatsjof, se <em>perestroika<\/em>-beleid (verligting) het daartoe bygedra dat die skandmuur op 10 November 1989 stuk vir stuk afgebreek is.\u00a0 Honderde duisende Oos-Duitsers het na die Weste gehardloop om vryheid te proe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oos-Duitsland was n\u00e1 die hereniging van Duitsland in 1990 ten minste \u2018n honderd jaar ekonomies agter die Weste.\u00a0 Vandag, skaars twintig jaar n\u00e1 die afbraak van die muur en vernietiging van die kommunistiese DDR, is Duitsland weer \u2018n Europese modelstaat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit vergesog dat \u2018n Ariese genepoel die dryfkrag agter die herrysenis van Duitsland is? Is daar hoop dat die Afrikaner se kollektiewe genepoel &#8211; na die voorbeeld van Duitsland &#8211; nog so sterk sal bly dat ons die wil sal bly behou om uit die as op te staan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die implikasie van hierdie artikel is dat Afrikaners se kinders aangemoedig moet word om Duits te leer, dat Afrikanerinstellinge noue skakeling met Nederlands- en Duitssprekende ambassades moet onderhou, en dat ons inligtingsprogramme in die Duitstalige lande van stapel moet stuur.\u00a0 Dit is, om begrip vir die bevrydingstryd van die Afrikaner op te wek.\u00a0 Siener van Rensburg het iewers ges\u00ea dat daar hulp vir die Afrikaner uit Duitsland, via Duitswes, sal kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos ek iewers op die Praagnetwerk in \u2018n ander artikel geskryf het, moes die Afrikaners afstand tussen ons en die Engelse geskep het en noue kontak met die Nederlandse en Duitssprekende volkere gesoek en onderhou het.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/oteli-horvatii\/\">\u0445\u043e\u0440\u0432\u0430\u0442\u0438\u044f \u043e\u0442\u0435\u043b\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/society\/64045-danilchenko-yu-b-i-prokuratura-zhdut-maksimalnogo-nakazaniya-dlya-organizatora-russkoj-vesny.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na \u2018n pas afgelope besoek aan drie Europese lande (die Nederlande, Duitsland en Itali\u00eb) kom die vraag by my op of die Nederduitse volkere geneties sterk genoeg is om die effek van die invloei van nie-Nederduitse mense sosiaal en religieus te kan weerstaan. Daar is opvallende raakpunte tussen Nederlanders, Duitsers en tot \u2018n mindere mate [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[2188,8449,8447,5227,8450,8446,8448,6120,6925],"class_list":["post-7355","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-afrikaners","tag-ariers","tag-beskawings","tag-duitsland","tag-indo-germaans","tag-kan-nederduitse-gene-die-afrikaner-se-redding-wees","tag-kaukasiers","tag-kultuur","tag-nederland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7355","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7355"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7355\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7355"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7355"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7355"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}