{"id":7346,"date":"2010-01-20T06:34:16","date_gmt":"2010-01-20T06:34:16","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7346"},"modified":"2010-01-20T06:34:16","modified_gmt":"2010-01-20T06:34:16","slug":"n-kritiek-op-die-afrikanerleiers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7346","title":{"rendered":"&#8216;n Kritiek op die Afrikanerleiers"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Ek is \u2018n gewone Afrikaner wat hartstogtelik lief is vir my taal, my mense en my volk en sy geskiedenis. Die vryheid van my volk l\u00ea my na aan die hart, en namate ons dieper in die moeras van oorgawe sink onder die huidige bedeling in die Nuwe Suid Afrika (NSA), ervaar ek dit al hoe meer as \u2018n dringende noodsaaklikheid. Ek is nie \u2018n baie slim man nie, nie \u2018n politikus nie en die gawe tot geleerde en groot woorde is my nie beskore nie. Ek het baie boekekennis, maar is te lui om te gaan soek na al die aanhalings, pittige s\u00eagoed en gebeurtenisse wat ek by hierdie skrywe kan insluit. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <span> <\/span> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Soos baie ander gewone Afrikaners, ingesluit di\u00e9 wat blind-gelukkig hulle huidige omstandighede aanvaar maar tog ongelukkig is, het ek ho\u00eb verwagtinge gehad dat die \u201cleiers\u201d van my mense met erns en doelgerigtheid besig is om oplossings te bedink, planne te formuleer en strategie\u00eb in plek te sit om ons vryheid en selfverwesenliking \u2018n realiteit te maak, of ten minste ons situasie in die NSA te verbeter. Ek voel dus ek verteenwoordig die \u201congebonde\u201d Afrikaners. Hulle wat sonder amptelike affiliasie en lidmaatskap van \u2018n organisasie saam swaarkry as gevolg van misdaad, regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, miskenning van Afrikaans, miskenning van kwalifikasies en ondervinding, ens. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Dit is egter met skok en hartseer, dat ek agterkom dat die tradisionele verdeeldheid en heethoofdigheid wat eie aan die Afrikaner is, weereens nou wanneer ons dit nie kan bekostig nie, die grootste enkele faktor is wat ons vryheid verhoed en die \u201cprioriteitskrisis\u201d is. In plaas daarvanvan dat daar \u2018n enkele leier of leiergroep is wat \u2018n <span> <\/span>praktiese toekomsgerigte plan het oor hoe om ons soewereiniteit te bewerkstellig, wat daardie plan uitvoer, verkeer die leiers in \u2018n eindelose gesprek. Hoeveel keer in die geskiedenis het daardie einste verdeeldheid, getwis oor nietige verskille en gebrek aan leierskap, die Afrikaner duur gekos? <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die eerste keer was met die Voortrekkers wat nie kon saamstem nie, en die gevolglike resultaat dat dit hulle amper twintig jaar geneem het om darem twee (nie een nie) republieke te kan stig. Met die Rebellie het tweespalt veroorsaak dat broer teen broer gekant was en geveg het, en is ons daarna vir veertig jaar verdeel tussen Nat en Sap. Die finale nekslag was toe die HNP en KP nie kon saamstaan nie en daardeur verseker het dat ons ons vryheid finaal verloor het. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die feit dat daar soveel Afrikanerorganisasies vandag bestaan wat elkeen op sy eie manier probeer om iets te doen, is die duidelikste bewys dat daar nie erkende sentrale leiers is wat namens ons mense praat of optree nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die afleiding wat ek dus maak, is dat ons geskiedenis homself herhaal, en dat ons as Afrikaners en veral ons \u201cleiers\u201d, dus self verantwoordelik is vir ons huidige status as derdeklasburgers of bywoners in ons eie land. Ons moet self die verantwoordelikheid dra vir die feit dat ons besig is om uitgemoor te word, versprei word oor die w\u00eareld, dat ons verarm, en dat ons jeug rigtingloos en \u201chooploos\u201d los raak van ons kultuur en volkswaardes. Die Afrikanerjongmense, wat die vlam van Afrikanerdom moet verder dra nadat ons nie meer daar is nie, het geen erg meer aan hulle herkoms nie, omdat hulle dit nie ken nie en skaam geword het daarvoor. Hulle verkies om eerder in die boesem van Engeland hulle heil te gaan soek, as in die arms van hulle eie volk. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Ongelukig blyk dit dat die leiers wat die leiding moet neem en die Afrikanervolk en j-eug hoop en rigting moet gee binne die raamwerk van \u2018n veilige hawe van taal, kultuur en \u2018n waardedraende toekoms, hulle versaak deur \u2018n versuim en getalm om daadwerklike gestalte te gee aan die vryheidsideaal. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Veral die jeug is besig om vervreemd te raak van hulle volksgebondenheid en kultuurerfenis. Een geslag van die Afrikaner het reeds verlore gegaan as gevolg van die verlammende skok wat veroorsaak is toe ons ons vryheid verloor het, en \u2018n tweede is besig om kultuurloos groot te word \u2013 kinders van die NSA. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Aangevuur deur die liberaliste binne en buite die Afrikanerdom, kom die vraag; \u201cBestaan daar werklik \u2018n Afrikanervolk?\u201d telkens na vore in debatte tussen gewone voetsoolvlak-Afrikaners. Die onderwerp is al so holrug gery dat die effek daarvan is dat baie mense bloot aanvaar dat die volk eenvoudig nie bestaan nie, en dat ons maar toevallig \u2018n groep individue is wat dieselfde taal praat. Moet ons werklik na\u00e1100 jaar nog hieroor wonder? Die Afrikanervolk bestaan en die twyfel daaroor is bloot te wyte aan die feit dat ons nie \u2018n enkele leier of \u2018n sterk eengesinde leierskorps het, wat leiding gee, en wat namens ons praat en optree nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die bestaan van die behoefte aan \u2018n leier wat hoop en leiding gee, deur iets aktiefs en prakties te doen, word bewys deur die effek wat die liedjie \u201cDe la Rey\u201d op gewone Afrikanermense gehad het. Kortstondig en onbewustelik het almal duidelik gewys dat hulle soek na daardie leier wat die Boere sal kom lei na \u2018n beter bedeling. Maar daardie leier is afwesig, en tog glo ek hy bestaan reeds tussen die huidige leierskorps. Maar hy sal eers na vore kom en kan optree sodra al die huidige leiers hulle verantwoordelikheid besef en saamstaan . <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> In die afwesigheid van \u2018n leier, ondersteun die gewone Afrikaner die sigbare alternatiewe soos die DA. Hulle ondersteun nie die DA omdat hulle glo in die DA nie; hulle doen dit omdat hulle geen alternatief het nie en desperaat na \u2018n beter bedeling soek. Dit is die gryp na die spreekwoordelike strooihalm, omdat die leiers nie vir hulle daardie alternatief kan gee nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Die \u201ceie ek\u201d-sindroom <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Ek maak die stelling, dat die huidige diskoers wat woed onder die sogenaamde leiers van die Afrikaner oor die hoe, wie, wat, waar en wanneer, nie in voeling is met die psige en behoefte van hulle eie volgelinge nie. Dit gee blykbaar aan die \u201cleiers\u201d meer satisfaksie om voortdurend in gesprek te wees, as om sinvolle aksie te neem en voor (en voort) te gaan. Ek sien op Carte Blanche die baniere wat Green Peace by die Kopenhagenberaad oor klimaatsverandering gebruik het. Dit lui: \u201cPoliticians talk, leaders act.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die vraag wat nou ter sprake kom, is hoekom word daar so baie en so lank gepraat? Blykbaar, as die Afrikaner-\u201cleiers\u201d bymekaar kom, is daar altyd \u2018n \u201ceie ek\u201d-sindroom teenwoordig, waar ek\/ons die enigste een of groep is wat die antwoord het, en ek\/ons moet jou\/julle eers oortuig, omdat ek\/ons die slimste is. Geeneen kan werklik leiding van die volk neem nie, want ons is net te veel verdeel in groepies wat elkeen sy eie idee het. In bestuursterme sal ons dit \u201cdie chaos van deelnemende bestuur\u201d noem, of meer eenvoudig in Engels: \u201cToo many Indians, no chief.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Klaarblyklik het die voer van gesprekke, die hou van debatte en die ontwikkeling van teorie\u00eb \u2018n stokperdjie en tydverdryf van die leiers geword waarmee tyd op \u2018n vreemde manier verspeel word. Hulle doen dit, terwyl die Afrikanervolk al verder disintegreer, en in die vergetelheid raak. Dit is blykbaar belangriker om die verskille tussen hulle onderskeie ideologie\u00eb en idees te identifiseer en aan mekaar uit te wys, as om daadwerklik saam te werk om die verval van die Afrikaner se situasie te keer en om te draai. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Daar is egter \u2018n punt in elke stelsel wat in verval is, waar rehabilitasie na die oorspronklike status nie meer moontlik is nie, en ek is bevrees dat daardie drang om te verskil eerder as om saam te staan, veroorsaak dat die Afrikaner daardie punt binnekort gaan bereik. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die ergste is dat die ANC bewus is van hierdie toestand waarin die Afrikaner hom bevind, en dit taamlik humoristies, maar ook bevredigend en gerusstellend vind. Hulle hoef ons nie te verdeel om oor ons te heers nie, want ons doen dit self, en daarby maak ons uitstekende werk daarvan. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Die &#8216;Gesprek&#8217; <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Daar was sedert die NSA tot stand gekom het vele pogings, inisiatiewe, planne, debatte, vergaderings en dies meer om vryheid vir die Afrikaner te bewerkstellig en sy toekoms te verseker. Al daardie pogings het in tweespalt ontaard en op dadels uitgeloop as gevolg van die \u201ceie ek\u201d-grootheidswaan en sogenaamde ideologiese verskille. Blykbaar, is die enigste slotsom wat ooit bereik word; \u201cJa, ons verskil, maar kom ons hou die gesprek lewendig.\u201d Op die ou end, is dit hierdie leiers se strewe dat die enigste ding wat lewendig anderkant gaan uitkom die Gesprek sal wees. \u201cLaat alles maar ten gronde gaan solank ons net nie die gesprek verloor nie.\u201d Politici hou van praat. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die leiers gaan daardie Gesprek lewendig hou, totdat die Afrikaner nie meer bestaan nie, geassimileer in die NSA en versprei en vergete oor die w\u00eareld, en daarna sal daar net \u2018n voetnota in die geskiedenisboeke wees wat melding maak van daardie Gesprek wat op niks uitgeloop het. \u2018n Slim ontleder sal dan daardie eindelose Gesprek kan identifiseer as die belangrikste oorsaak vir die verdwyning van die Afrikaner. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> \u2018n Goeie vriend van my vertel dat hy eendag vir oorlede ZB du Toit, in lewe \u2018n skitterende joernalis en politieke ontleder, gevra het: Wat gaan gebeur as al ons teorie\u00eb en gesprekke eendag op niks uitloop nie? ZB het blykbaar geantwoord: \u201cDan het ons ten minste lekker gesels.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Potjiekos <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Net n\u00e1 sy inhuldiging as president van die NSA, het Thabo Mbeki \u2018n vraag van \u2018n joernalis oor die waarborg vir demokrasie in Suid Afrika soos volg beantwoord: \u201cDemocracy will develop in the African way, slowly cooked over an open fire.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> As ek die huidige tendens in die Afrikanerleierskorps moet beoordeel aan die hand van Mbeki se definisie hierbo, moet ek noodwendig die afleiding maak dat hulle besig is om ons tradisionele gereg, potjiekos, te maak. Soos \u2018n Volkstaat almal se doel is, is die doel dan potjiekos. Op die oomblik stry ons nog watter grootte pot gebruik moet word, en watter resep gevolg moet word. En die leiers debatteer en voer die Gesprek. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Hoe lank gaan dit neem om stadig-stadig elkeen \u2018n bestandeeltjie in die pot te sit, voordat die vuur gestook word? <span> <\/span>Soos almal weet, vat potjikos baie lank om gaar te word, en is die resultaat maar uiteindelik \u2018n brousel van smake en geure. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Weereens: Hoe lank gaan daar nog gepraat en tyd verspeel word? Hoe lank gaan die politieke debat oor vryheid en soewereiniteit nog neem, voordat daar prakties uitvoering gegee word? Tans soek almal net verskille en raakpunte, luister oor en oor na die definisies, teorie\u00eb en akademici se raad, maar kom net nie by die punt van defnitiewe beplanning en aksie uit nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Praktiese leiding <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> \u201cPoliticians talk, leaders act.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Alhoewel daar plek is vir die akademiese debat en die ontwikkeling van teorie\u00eb oor die Afrikaner en sy toekoms, dikteer die stand van die posisie waarin die Afrikanervolk hom tans bevind, dat ons nou met praktiese leierskap en oplossings moet kom, en nie meer debat voer oor ideologiese vraagstukke nie. Daar is \u2018n te groot gaping tussen die leiers wat politiek bedryf en die akademici wat filosofeer en teoretiseer in hulle poging om die politici te help aan die een kant, en die voetsoolvlak-Afrikaners wat na praktiese leiding en aksie smag aan die ander kant. Die mense soek na tasbare optrede en vordering. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Die prentjie wat in gedagte kom is die geleerde akademikus wat vingerpunte teenmekaar, starende in die niet, op en af loop in sy kantoor, diep in gedagte terwyl hy die konsep van die lewe en vryheid geduldig aan twee politici verduidelik, terwyl jy deur die venster kan sien hoe speel die studente rugby op die grasperk, en \u2018n entjie verder sien jy hoe loop die gewone mense in die straat verby. Alhoewel die studente die antwoord waarmee die akademikus vorendag kom moet leer en kennis neem daarvan om \u2018n eksamenvraag te beantwoord, wil hulle nou eintlik net \u2018n goeie rugbyafrigter h\u00ea. Dit is tans hulle behoefte. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> As die twee politici al stryende die straat afloop, sien jy die mense, nog verder verwyderd as die studente. Hulle wonder geensins oor die sin van die lewe, of die teorie van vryheid nie. Hulle is nie eers bewus daarvan dat hulle nie werklik vry is nie, want vryheid vir hulle beteken hulle is nie in die tronk nie, en kan min of meer kom, gaan en doen soos hulle wil. In die Afrikaner se geval, besef hy egter dat hy binne hierdie eenvoudige konsep van vryheid, nie gemaklik voel nie. Hulle besef dat iets moet verander, en by gebrek aan \u2018n leier of leierskorps wat namens hom praat en optree, plaas hy sy hoop op die bestaande bestel om te verbeter, of enige deelnemer (leier) aan die bestaande bestel wat lyk of hy dit wil verbeter, tot voordeel van homself. Die ander opsie is om weg te gaan uit hierdie plek waar hy ongemaklik voel, en dan neem hulle die sogenaamde \u201cPerth Express.\u201d. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Kortom, die gemiddelde Afrikaner wil nie weet wat is vryheid en hoe omskryf jy die akademiese of teoretiese konsep van vryheid nie. Hy wil dit net ervaar in sy daaglikse werk, lewenstrewe en doen en late. En daarvoor het hy \u2018n leier nodig wat op sy vlak, prakties met die vryheidsideologie kan werk, die versugting na iets beters prakties kan benader en kan werk na \u2018n oplossing. Hy sal dit volg as hy sien daar gebeur iets wat in sy guns gaan werk, en vir hom voordele gaan inhou. In die Engelse idioom: \u201cActions speak louder than words.\u201d <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> As \u2018n gewone mens honger is, wil hy brood eet \u2013 nie die resep hoe om brood te bak, of die metode om koring suksesvol te produseer nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Uitdaging <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Op een of ander punt moet daar \u2018n oomblik in tyd wees, waar \u2018n wonderwerk plaasvind, en al die \u201cleiers\u201d besef dat die Afrikaner nie meer die luukse van tyd het nie. Dat daar \u2018n punt moet wees om sonder emosie, sonder wonder hoekom en definisie, tot aksie oorgegaan moet word. Waar die leiers besef dat die Gesprek nooit gaan einde kry nie, en nooit \u2018n praktiese oplossing gaan bied nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> My uitdaging aan al die leiers van en in die Afrikanervolk is: <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 1. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om vir een keer bymekaar te kom, sonder hulle teorie\u00eb, filosofie\u00eb, \u201ceie ek\u201d-waansin, en die benadering van \u201choekom sal dit nie werk nie?&#8221;; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 2. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om die nuwe gees van knegskap aan \u2018n regering, grondwet en stelsel wat die Afrikaner net verdra oor sy bydrae tot die staatskas, af te gooi; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 3. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om by daardie byeenkoms, die dringendheid vir onmiddelike aksie te besef en te erken; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 4. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om hulle te verbind tot samehorigheid en samewerking; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 5. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om ooreen te kom om die Gesprek en akademiese debat uit die formule te neem, en ooreen te kom dat hulle dit in \u2018n ander forum sal voortsit; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 6. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om die gewone mense aan te hoor en hulle behoeftes te erken; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 7. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om \u2018n enkele leier of leiersgroep aan te stel om met praktiese oplossings vorendag te kom; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 8. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om saam te werk hoe daardie plan  prakties  uitgevoer gaan word, en dit dan onvoorwaardelik te steun; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 9. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> On hulle onderskeie volgelinge se ondersteuning en lojaliteit te gaan werf, vir daardie plan; <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 10. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om die gekose leiergroep te steun in die uitvoering van die plan, ingesluit enige teenspoed wat ervaar word, en <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 11. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Om die plan en die leiersgroep te verdedig in hulle totale omgang met die gemeenskap waarin hulle lewe. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> Ten slotte <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Soos alle verhale, het die verhaal van die Afrikanervolk een van twee moontlike eindes. Dit is in die hande van die huidige Afrikanerleiers, wat daardie einde gaan wees. In \u2018n toekomsblik, verteenwoordig die onderstaande paragrawe twee moontlike weergawes van \u2018n beskrywing van die woord \u201cAfrikaner\u201d in die World Encyclopedia van die jaar 3000. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"><span> 1. <span> <\/span><\/span><\/span><\/strong> <strong><span lang=\"AF\">Afrikaner(s) \u2013 <\/span><\/strong><span lang=\"AF\">A name once associated with a group of white people from European decent, who lived in South Africa. For a short while (1948 \u2013 1994), the Afrikaners governed the country under a policy called Apartheid (*see: Apartheid) which resulted in the majority of people of the country suffering under unjust laws of oppression and racial discrimination. Due to international pressure, the Afrikaners surrendered power to the black majority in 1994. Circa 2050, they disappeared as a homogenieous group, being assimilated into the black population of South Africa, or having migrated to countries like Australia, New Zealand and Canada. Only a few descendants still speak their language, which was called Afrikaans. (*see: Afrikaans) <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\">Footnote: Shortly after surrendering power, their was a strong feeling among Afrikaners to establish an independent state, but due to the constant <\/span><span lang=\"EN-ZA\">quarrelling<\/span><span lang=\"AF\"> and debate among their leaders on the questions of who the Afrikaner nation actually was and what the ideology of freedom should have meant to them, they never succeeded.<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> of <\/span><\/strong><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\">2.<span> <\/span>Afrikaner(s) \u2013 <\/span><\/strong><span lang=\"AF\">The name of the people of Xyz, the only country with a population of European descent on the continent of Africa. Although a small country on the southern tip of Africa, this country is highly successful, and compare with many European countries in terms of per capita domestic product. Originally the Afrikaners governed South Africa (1948 \u2013 1994) as a minority, but surrendered power to the black majority in 1994, under international pressure due to their policy of Apartheid (*see: Apartheid). Because of a patriotic drive for independence and freedom (see footnote), the Afrikaners negotiated a seperate independent state with the South African government in the early part of the twenty-first century. After establishment of the new state, the Afrikaners migrated to their new homeland over a period of 10 years, and has since stunned the international community with the levels of success and advances achieved. The Afrikaners\u2019 language is called Afrikaans (*see: Afrikaans)<\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Footnote: An interesting phenomenon of the country, is the 100-year old lively and heated ongoing debate among politicians, academics and sholars about who the Afrikaner actually is, and what the ideology of freedom should actually mean to them. This phenomenon is being intensively studied by anthropologists from all over the world. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Watter van hierdie twee paragrawe wil ons h\u00ea, ons nageslagte moet eendag lees? Ek lees die volgende woorde in \u2018n uitnodiging wat ek ontvang het n\u00e1 \u2018n vergadering vir \u2018n politieke gesprek oor die Afrikaner se toekoms: <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span lang=\"AF\"> Is jy ook keelvol vir tweedeklasburgerskap? Grief dit jou ook dat jou Afrikanerskap polities inkorrek is? Voel jy dis tyd om vas te skop? Kom praat saam daaroor &#8211; nugter en realisties. Dis ons elkeen se verantwoordelikheid om deel te neem as jy &#8216;n verskil wil sien. Niemand gaan dit vir ons gee nie, ons moet dit self doen. <\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span lang=\"AF\"> <\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em><span lang=\"AF\"> &#8220;Opstand is net so noodsaaklik as &#8216;n volk se getrouheid.<span> <\/span>Dit is nie gevaarlik dat verset misluk nie, wat wel gevaarlik is, is dat &#8216;n hele geslag sonder verset verbygaan.&#8221;<span> <\/span>NP van Wyk Louw <\/span><\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Wyse woorde, en wat ek daarin sien is: <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 1. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Aanhou praat en debat gaan nie \u2018n verskil maak nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"><span> 2. <span> <\/span><\/span><\/span><span lang=\"AF\"> Aanhou praat en debat kan verset beskryf, maar dit is nie verset nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <span> <\/span> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><span lang=\"AF\"> <\/span><\/strong><span lang=\"AF\">Respekvolle groete, <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><span lang=\"AF\"> Heinrich B Zaayman <\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/oborudovanie_dlya_zapravki_konditsionerov\/\">\u043e\u0431\u043e\u0440\u0443\u0434\u043e\u0432\u0430\u043d\u0438\u0435 \u0434\u043b\u044f \u0437\u0430\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0438 \u043a\u043e\u043d\u0434\u0438\u0446\u0438\u043e\u043d\u0435\u0440\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is \u2018n gewone Afrikaner wat hartstogtelik lief is vir my taal, my mense en my volk en sy geskiedenis. Die vryheid van my volk l\u00ea my na aan die hart, en namate ons dieper in die moeras van oorgawe sink onder die huidige bedeling in die Nuwe Suid Afrika (NSA), ervaar ek dit al &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7346\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;n Kritiek op die Afrikanerleiers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[8429,2188,21096,8262,7524,7121,21093,8430],"class_list":["post-7346","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-n-kritiek-op-afrikanerleierskap","tag-afrikaners","tag-s10-briewe","tag-gesprek","tag-greenpeace","tag-leierskap","tag-s7-menings","tag-n-p-van-wyk-louw"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7346\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7346"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}