{"id":7335,"date":"2010-01-19T07:04:10","date_gmt":"2010-01-19T07:04:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7335"},"modified":"2010-01-19T07:04:10","modified_gmt":"2010-01-19T07:04:10","slug":"popcru-se-beergreep-op-die-sapd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7335","title":{"rendered":"Popcru se beergreep op die SAPD"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Niemand sal stry dat die bele\u00ebrde Vrystaatse polisiehoof, Amon Mashigo, met sy aanstelling \u2018n nuwe besem was wat skoongevee het nie. Hy was gereeld in die nuus oor hoe hy persoonlik by die bekamping van misdaad betrokke geraak het. Hy het in gloeiende nuusdekking gedy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy aanstelling het gevolg op \u2018n baie ongelukkige era waartydens verskeie vakbonde betrokke was oor \u2018n skynbare skrikbewind wat Popcru in die Vrystaat \u2013 en ook elders &#8211; gevoer het. Polisiebeamptes wat nie lede van Popcru was nie, en as bestuurslede dissiplin\u00ear teen Popcru-lede opgetree het, het dikwels die tweede beste daarvan afgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n saak waar \u2018n bevelvoerder weens die beweerde misbruik van verklikkersgeld krimineel vervolg is, het die staatsaanklaer later gedreig om hom aan die saak te onttrek omdat die destydse polisiehoof volstrek het om die aangeklaagde te skors of elders aan te wend om dit vir die staatsgetuies, polisiebeamptes onder sy bevel, moontlik te maak om sonder viktimisasie te getuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die voorbeelde was legio, en het verskeie vakbondondersoeke en verslae tot gevolg gehad wat skynbaar net so onder die mat gevee is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kom Mashigo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het egter nie lank geduur nie of vreemde skorsings en die ontslag van nie-Popcru-lede het weer in die nuus begin beland, terwyl veral een geval van die teenoorgestelde aard ook die nuus begin haal het. In hierdie geval is \u2018n polisiebeampte wat geskors was na hy \u2018n kollega so erg aangerand het dat rekonstruktiewe chirurgie nodig was, se skorsing nie net opgehef nie, maar is hy ook bevorder terwyl verskeie regsprosesse nog in proses is. Na bewering is die Mashigo, en hierdie polisiebeampte wat \u2018n lang lys van beweerde ongure optredes agter die blad het, huisvriende.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Interessante tussenspel was dat die Vrystaatse polisie in opdrag van Mashigo alle kommunikasie met Volksblad opgeskort het, en \u2018n klag by die Persombudsman ingedien het. Mashogo het die klag later laat vaar en die boikot opgehef \u2013 skynbaar na druk van bo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het \u2018n verslag van die Onafhanklike Klagtediretoraad oor beweerde optredes van Mashigo aan die pers gelek, en nou word \u2018n \u2018n forum van verontregtes gestig. Wit en swart lede en oud-lede van die SAPD is betrokke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die situasie ontvou terwyl die SAPD skynbaar \u2018n ope uitnodiging aan oud-gediendes gerig het om na die SAPD terug te keer en sodoende die polisie se kapasiteit en kundigheidsvlakke te versterk. Solidariteit het intussen die SAPD daarvan beskuldig dat hy uit twee monde praat en gevalle genoem waaruit dit blyk asof hierdie ope uitnodiging nie werklik so oop is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Solank Popcru egter \u2018n beergreep op die SAPD het, so lank sal sake nie normaal kan verloop nie. \u2018n Groot deel van die probleem is Popcru se affiliasie by Cosatu, en Cosatu se alliansie met die regerende ANC. Hierdeur is Popcru nie net wydsbeen deel van die staat se uitvoerende en wetgewende gesag nie, maar spesifiek in een van die gewapende magte \u2013 iets wat in \u2018n normale demokrasie soos \u2018n klip in die maag l\u00ea, en waarvan die gevolge net te veel gesien en gevoel word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het e-TV \u2018n program \u2013 tot ontsteltenis van die SAPD \u2013 uitgesaai waarin misdadigers geen geheim daarvan maak nie dat hulle beplan om tydens die komende Fifa-toernooi, buitelandse besoekers te teiken nie. \u2018n Tweede beste of gebrekkige polisieoptrede tydens die toernooi weens die onaantasbaarheid van vrot appels is nie in landsbelang nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d \u043e\u0434\u0435\u0441\u0441\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/advocat-cons.info\/index.php?newsid=9554#.WeTv9mi0NPY\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Niemand sal stry dat die bele\u00ebrde Vrystaatse polisiehoof, Amon Mashigo, met sy aanstelling \u2018n nuwe besem was wat skoongevee het nie. Hy was gereeld in die nuus oor hoe hy persoonlik by die bekamping van misdaad betrokke geraak het. Hy het in gloeiende nuusdekking gedy. Sy aanstelling het gevolg op \u2018n baie ongelukkige era waartydens &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7335\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Popcru se beergreep op die SAPD&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8418,8397,8417,5169],"class_list":["post-7335","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-amon-mashigo","tag-e-tv","tag-popcru","tag-sapd"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7335","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7335"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7335\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7335"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7335"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7335"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}