{"id":7333,"date":"2010-01-19T06:40:08","date_gmt":"2010-01-19T06:40:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7333"},"modified":"2010-01-19T06:40:08","modified_gmt":"2010-01-19T06:40:08","slug":"afrikaners-en-vryheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7333","title":{"rendered":"Afrikaners en vryheid"},"content":{"rendered":"<h4 style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Gesprek oor die toekoms, gelewer by die Diamantvleilandgoed, 15 Januarie 2010<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/goosen_danie.jpg\" border=\"0\" alt=\"Danie Goosen\" title=\"Danie Goosen\" width=\"195\" height=\"245\" \/>Hieronder word aan die hand van enkele argumente oor die toekoms van ons as Afrikaners nagedink. Alhoewel ons as Afrikaners oor meer as net argumente beskik, moet ons ook argumenteer. Daarsonder sal ons nie \u2019n toekoms h\u00ea nie. Konkrete dade word van ons gevra. Maar dit is nie genoeg nie. Ons het ook denke nodig, nou meer as ooit in ons geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Dit is vir my \u2019n oorweldigende feit dat ons as Afrikaners nog nie deur \u2019n verbeeldingryke idee aangevuur word wat rigting aan onsself as kultuur-gemeenskap kan gee nie. Inteendeel, Afrikaners is op die gebied van idees en denkbeelde oor die toekoms verdwaal. Ons strompel tussen uiteenlopende toekomsverwagtinge rond. Soms is die enigste gemeenskaplike ding daaraan dat hulle donker van aard is. En dat hulle \u2019n soort kollektiewe moedeloosheid uitstraal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was natuurlik nie altyd so nie. In weerwil daarvan dat Afrikaners praktiese mense is wat \u2019n hand aan \u2019n ploeg kan slaan, is ons ook idealiste. Dit blyk onder meer uit die feit dat ons ganse geskiedenis eintlik in die teken van \u2019n dieperliggende idee verstaan kan word. Dit is \u2019n idee wat ons aangevuur het, wat ons verbeelding aangegryp het, wat ons magneties die toekoms ingetrek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter idee is dit? Hierdie idee was niks minder as die idee van vryheid nie. As ons \u2019n wesenlike antwoord op die krisis van Afrikanerskap vandag wil gee, moet ons hierdie ideaal weer ons eie maak. Dit is ook niks minder as di\u00e9 idee nie wat weer ons verbeelding kan aangryp en wat weer \u2019n duidelike rigtingsbesef aan ons mense kan gee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons is hartlik moeg van die patologiese vorme van selfvertwyfeling oor ons en ons toekoms, vir die moedeloosheid wat aan ons knaag, vir die penne optrek en padgee. \u2019n Duidelike beeld van onsself en ons toekoms kan di\u00e9 antwoord hierop wees. Die wese daarvan l\u00ea opgesluit in die woord &#8220;vryheid&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Maar wat word met &#8220;vryheid&#8221; bedoel? Dwarsoor die globale w\u00eareld maar ook onder Afrikaners word die ideaal van vryheid vandag op verskillende wyses verstaan. Ter wille van eenvoud kan \u2019n mens dit tot twee wyses beperk, naamlik die liberale en die republikeinse idee van vryheid. Daar behoort onder Afrikaners \u2019n veel groter gesprek hieroor te wees. Onder diegene wat reeds deur die vryheidsideaal aangevuur word, is daar nog te veel deurmekaar praat en te veel deurmekaar doen.\u00a0 En dit dra by tot ons rigtingloosheid. Wat word met hierdie twee idees van vryheid bedoel?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberale idee van vryheid is vandag die dominante een. Di\u00e9 idee steun op die gedagte dat vryheid te doen het met die reg van die individu om self te besluit oor hoe hy of sy hulle lewe wil inrig. Di\u00e9 idee van vryheid gaan uit van die gedagte dat dinge soos my familie, my etniese gemeenskap, my kultuur, my tradisie, maar ook die staat nie aan my mag voorskryf hoe ek my lewe mag inrig nie. Di\u00e9 reg rus uitsluitlik by myself as individu. (Vandag is ekstreme voorbeelde hiervan die reg wat kinders teenoor hulle ouers opeis om self oor hulle lewe te besluit, maar \u2019n ander en meer algemeen aanvaarbare voorbeeld hiervan is die reg wat individue vir hulself opeis om enige skool of universiteit \u2013 ongeag die tradisie, ideale of waardes wat hierdie skole en universiteite oor geslagte gekultiveer het \u2013 by te woon).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie idee van vryheid is vandag ook onder \u2013 ek dink die meerderheid \u2013 Afrikaners aanwesig wat vryheid liefhet. Hierdie Afrikaners \u2013 en ek betwyfel glad nie hulle motiewe nie, inteendeel \u2013 is meestal Afrikaners wat hulle daarvoor beywer om die bestaande grondwetlike bedeling en al die instrumente eie daaraan, soos die grondwetlike hof, die howe en die staatsadministrasie in die algemeen, in beskerming te neem. Diegene wat hierdie idee van vryheid aanhang, gaan uit van die standpunt dat Afrikaners ten minste in beginsel reeds vry is. Daarom, s\u00ea hulle, is dit ook nie nodig om na vryheid te strewe nie, want ons is dit reeds. Vanuit di\u00e9 kringe sal \u2019n mens daarom ook \u2019n vraag hoor soos: Waarom karring julle so oor ons vryheid, ons is immers ingevolge die grondwetlike bedeling reeds vry! As daar volgens hierdie definisie van vryheid na iets gestrewe moet word, is dit nie om \u2019n staat van vryheid in die toekoms waar te maak nie, maar eerder om die bestaande grondwetlike orde in beskerming te neem. Want, s\u00ea hulle, as dit sou val, sou die voorwaardes vir ons reeds bestaande vryheid ondermyn word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Partypolities is die DA, waarin die meerderheid Afrikaners hulself bevind, tot hierdie gedagte van vryheid verbind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit bring ons by die ander idee van vryheid, naamlik die republikeinse idee. Dit is die ideaal waarby ekself aansluit. Volgens die Klassieke republikeinse ideaal van vryheid is ons as mense vry wanneer ons as gemeenskappe deur middel van ons politieke, kulturele en andersoortige instellings in staat gestel word om die hoogste ideale \u2013 die hoogste goed \u2013 van ons tradisie op \u2019n voortreflike wyse na te jaag. Laasgenoemde sluit in ideale soos hardwerkendheid, pligsbesef, geregtigheid, vriendskap, wysheid, dapperheid en grootsheid. Wanneer ons hierdie ideale in die praktyk najaag en op \u2019n voortreflike wyse waarmaak, s\u00ea die republikeine, sal ons as gemeenskappe \u2018floreer\u2019.\u00a0 En wanneer dit gebeur, is ons vry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie idee van vryheid tree die sterkste na vore onder Afrikaners wat hulle daarop toespits om selfstandige strukture, instellings of forums te skep waarbinne en waarop \u2019n eie lewe in ooreenstemming met ons hoogste ideale moontlik is. Die mees radikale manifestasie van hierdie vryheidsideeal is onder di\u00e9 Afrikaners wat \u00f3f territoriale selfstandigheid nastrewe \u00f3f poog om letterlik \u2019n staat binne \u2019n staat tot stand te bring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Partypolities word die republikeinse ideaal van vryheid nie sterk verteenwoordig nie. Elemente daarvan is in die VF+ aanwesig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die twee botsende ideale van vryheid moet aan \u2019n dwingende gesprek onderwerp word met die oog op \u2019n meer verstandige verhouding tussen hulle. Want dit skep verwarring. So byvoorbeeld is daar vryheidsliefhebbende Afrikaners wat nie noodwendig die liberale idee van vryheid aanhang nie, maar wat tegelyk hulself op die grondwetlike bedeling en die howe beroep. Wat is die gevolge van hierdie optrede? Knoop dit hierdie Afrikaners, in weerwil van hulle strewe na \u2019n vrye ruimte, juis willens en wetens aan die bestaande grondwetlike bedeling vas? Of maak hulle optrede juis die ruimtes oop om sterker inhoud aan die republikeinse ideaal te gee?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde ongemaklike vraag kan met betrekking tot die republikeinse Afrikaners gevra word. In weerwil van hulle strewe na die skepping van selfstandige ruimtes waar \u2019n eie en vrye lewe moontlik is, beroep hulle hulself ook dikwels op die grondwetlike orde, die howe, ensovoorts. Maar wat is die gevolge hiervan? Beteken dit onder meer dat die republikeinse strewe na vryheid nie sonder \u2019n bepaalde afhanklikheid jeens en gebruik van die bestaande orde gestalte gegee kan word nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">M.i. is hierdie vrae dinge waarop ons \u2019n antwoord moet gee. As ek \u2019n suggestie kan waag: Ons moet na \u2019n toestand strewe waarin hierdie twee benaderings nie ervaar word as vyande van mekaar nie, maar eerder as twee strategie\u00eb waarmee ons die saak van die Afrikaner in beskerming kan neem. Ons moet as te ware leer om met twee hande te veg: Met di\u00e9 hand wat die instrumente van die bestaande orde gebruik, maar ook met di\u00e9 hand wat vir ons eie ruimtes van vryheid kan oopmaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Partypolities beteken dit gewoon dat die geveg tussen die DA en \u2019n kleiner party soos die VF+ glad nie sin maak nie. Inteendeel, dit verhoed dat ons \u2019n duidelike fokus kry op wat ons as Afrikaners wil doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Dit bring my by \u2019n verwante vraag onder Afrikaners. Dit hou nogmaals met die twee uiteenlopende idees van vryheid verband. Die ondersteuners van die liberale en die republikeinse idees van vryheid dink elkeen anders na oor die politieke en institusionele ruimtes waarbinne hulle onderskeie idees van vryheid op \u2019n konkrete wyse gestalte gegee moet word. Omdat Afrikaners nie koherent hieroor is nie (maar eerder tussen twee uiteenlopende idees van vryheid rondval), val ons ook in die praktyk tussen twee stoele deur. Ek verduidelik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die liberale tradisie kom die vryheid van die individu tot sy reg wanneer hy byvoorbeeld self kan besluit na watter skool of universiteit hy sy kinders wil stuur. Op grond hiervan het \u2019n Engelssprekende Xhosa in Brooklyn die reg om sy kinders na die Afrikaanse Anton van Wouw-Laerskool naby hom te stuur, dit is nou as hyself so sou verkies. Die vooronderstelling waarop hierdie liberale argument rus, is dat die staat nie \u2019n verpligting jeens enige gemeenskap het om vir hulle die institusionele ruimtes (soos skole en universiteite) te skep waarbinne hulle hul hoogste ideale op \u2019n voortreflike wyse kan kultiveer en najaag nie. Inteendeel, die liberale argument rus op die vooronderstelling dat die staat juis volledig neutraal ten opsigte van enige gemeenskap se hoogste ideale moet wees. As enige individu hierdie ideale wil nastrewe, staan dit hom of haar natuurlik vry. Maar, s\u00ea die liberale orde, die individu moet hierdie ideale in sy of haar private w\u00eareld kultiveer (min of meer na analogie van ons president wat in sy private lewe die Zoeloe-tradisies met betrekking tot die huwelik kontinueer). Die staat selfs staan egter onder geen die verpligting om hierdie ideale by wyse van instellings soos die skole en universiteite van gemeenskappe in beskerming te neem nie. Inteendeel, die staat is neutraal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die bestaande politieke orde rus volledig op hierdie liberale uitgangspunte. Ons verwys weldra na een of twee probleme eie daaraan verbonde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou, die republikeinse tradisie het presies die teenoorgestelde standpunt. Daarvolgens kom ons vryheid as mense nie anders tot sy reg as in en deur gemeenskapsinstellings soos onder meer skole en universiteite nie. Volgens die republikeinse tradisie kan die staat daarom ook nie neutraal ten opsigte van die ideale van gemeenskappe staan nie. Inteendeel, die staat is slegs \u2019n staat in die mate waarin dit juis die ruimte vir sy gemeenskap of gemeenskappe skep waarbinne hulle hierdie ideale kan najaag en kultiveer. Dit is ook waar van instellings soos skole en universiteite. Die staat moet skole en universiteite voorsien waarin gemeenskappe hulle tradisies as gemeenskappe kan uitbou en beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hier l\u00ea juis ons krisis: Alhoewel die Afrikaners as individue die reg het om hulle kinders na welke skool of universiteit ook al te stuur (en daaraan herinner liberale woordvoerders ons gereeld), het Afrikaners nie die reg om hulle kinders in \u2019n staatsondersteunde Afrikaner-skool of -universiteit te sit waar die Afrikanerlewe gekultiveer en uitgebou kan word nie. G\u2019n wonder nie dat republikeinse Afrikaner die huidige orde as \u2019n wesenlike hindernis op die weg na \u2019n werklik vrye en florerende gemeenskapslewe ervaar nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie toedrag van sake is \u2019n direkte gevolg van die powere grondwet van 1994\/96. Sy powere aard l\u00ea opgesluit in die feit dat hy \u2013 in weerwil van allerlei patetiese gebare ten gunste van gemeenskappe \u2013 juis nie institusioneel vir gemeenskappe voorsiening maak nie. Hy kan nie, want sy fundamentele uitgangspunt is liberale uitgangspunte: Dit is uitgangspunte ingevolge waarvan die individu en sy keusevryheid die kern is waaromheen alles draai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die liberale orde word m.i. deur wesenlike kontradiksies gekenmerk. Dit is kontradiksies waarop ons voortdurend moet wys. Alhoewel die liberale staat homself teoreties as neutraal ten opsigte van die ideale van gemeenskappe voorhou, is hy in die praktyk juis nie neutraal nie. Die staat is veral nie neutraal ten opsigte van een spesifieke gemeenskap nie. Terwyl hy homself met \u2019n beroep op die grondwet as neutraal voorhou, bevorder hy in alle opsigte die wil en wense van die meerderheid. Soveel so dat die wil en wense van die meerderheid as di\u00e9 wet van die land geld. Niks mag voor sy gesag en wil standhou nie. Op alle terreine van die lewe. So byvoorbeeld word die wil van die meerderheid \u2013 nogal in naam van die individu \u2013 reeds demografies op alles afgedwing! Wat met Afrikaanse skole die afgelope dekade gebeur het, skreeu hierdie feit uit. In naam van individuele regte het die meerderheid eenvoudig hulle wil as meerderheid op Afrikaanse skole afgedwing.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarby, en dit is waarskynlik sy skreiendste kontradiksie, is hierdie staat \u2013 in weerwil van sy pretensie om neutraal te wees \u2013 freneties tot die \u2018swart\u2019 meerderheid verbind. \u2018Swart\u2019 is sonder twyfel sy voorkeur kleur, \u2018wit\u2019 iets wat veel laer in die rangorde van sy voorkeure beweeg. Om die waarheid te s\u00ea, in die hande van sy Malemas is \u2018wit\u2019 juis iets wat \u2013 sagkens gestel \u2013 maar opsy geskuif moet word. Nou, ekself reageer nie op \u2019n liberale wyse hierop nie. Inteendeel, dit is vir my as republikein met my republikeinse klem op gemeenskappe die staat se reg om homself tot die belange van die swart meerderheid te verbind, maar dan a. Moet hy nie voorgee dat hy neutraal is nie, en b. Dan wil die Afrikaners dieselfde reg op di\u00e9 instellings h\u00ea waarop hulle hul eie vryheid kan kultiveer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4. Die vierde en laaste punt hou verband met die vraag na die &#8220;hoe&#8221;. Hoe kan Afrikaners vandag weer inhoud aan die republikeinse ideaal op \u2019n oortuigende wyse gee? Ek los slegs enkele wenke:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">a. Ons sal die gesprek oor Afrikaner-vryheid op \u2019n veel dwingender wyse moet voer. Met onsself, maar ook met die meerderheid, met die regering, met die buiteland. Dit sal \u2019n gesprek moet wees wat nie deur intellektuele luiheid nie, maar deur intelligente, verbeeldingryke en prakties werkbare denke gekenmerk word. Tegelyk moet dit deur geen sweempie van hunkering na \u2019n sogenaamde goeie verlede gekenmerk wees nie. As dit die geval is, gaan ons niemand se verbeelding aangryp nie, veral nie ons eie verbeelding nie. Dit moet \u2019n gesprek wees wat vanuit die republikeinse tradisie toekomsgerig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons sal in die besonder die grondwetlike gesprek \u2013 of die gesprek oor ons grondwetlike toekoms \u2013 moet opneem, met krag en verbeelding. Die vraag na die Afrikaners se grondwetlike stand is nog nie beantwoord nie. Inteendeel, die antwoord daarop l\u00ea nog in die toekoms. Om te praat van \u2019n andersoortige staatkundige bedeling vir Afrikaners klink op die eerste oogopslag onmoontlik. Maar ek dink die omstandighede waarbinne ons nuut oor die toekoms kan dink, is nou gunstiger as tydens enige tydperk vanaf die 1994-oorgang. Vanwe\u00eb die onwrikbaar falende staat \u2013 onwrikbaar, omdat daar geen einde in sig is vir die faal van die staat nie \u2013 word daar onder Afrikaners m.i. vir die eerste keer op \u2019n redelik dwingende wyse na grondwetlike alternatiewe gevra. Uiters betekenisvolle bakens in hierdie gesprek is redelik onlangse uitlatings in die media van wyd uiteenlopende figure soos wyle Chris Louw, Breyten Breytenbach, Lawrie Schlemmer, Koos Malan en \u2013 interessant genoeg \u2013 Pik Botha. Hierdie figure het met verskillende grade van intensiteit en teen die agtergrond van die falende staat te kenne gegee dat die grondwetlike gesprek hervat moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">b. Die punt hou verband met die verhouding tussen die idee en die praktyk. Nou, \u2019n mens kan natuurlik baie geleerde dinge daaroor s\u00ea. Laat ek volstaan met die gedagte dat daar \u2019n baie verwikkelde verhouding tussen hierdie twee dinge is. Sonder idees is ons praktyke leeg, maar sonder praktyke is ons idees ook leeg. Hulle impliseer mekaar, het mekaar nodig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar wat beteken dit? As \u2019n mens dit in baie konkrete terme kan formuleer, kan ons s\u00ea dat dit belangrik is om sowel die idee van vryheid as die praktyk van vryheid uit te dra. Enersyds moet ons die idee-gesprek oor vryheid voer, onophoudelik, met intensiteit. Maar dit is nie waar dit ophou nie. Ons moet tegelyk ook die praktyk\/e van vryheid beoefen, met intensiteit en oorgawe. Hoe? Deur praktyke van selfstandigheid onder ons mense te vestig, dit wil s\u00ea praktyke ingevolge waarvan ons beheer oor ons eie gemeenskaplike sake neem. Ek verwys na praktyke soos selfstandige skole, selfstandige universiteite, selfstandige hospitale en howe, selfstandige veiligheidsinstansies, ensovoorts, maar ook \u2013 om effens groter te formuleer \u2013 selfstandige strate en woonbuurtes, selfstandige dorpe, selfstandige stede en selfstandige gebiede.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As ons die stryd rondom idees knoop aan die stig van selfstandige praktyke, sal ons reeds \u2019n ver pad geloop het in die verwesenliking van die republikeinse vryheidsideaal. Om die waarheid te s\u00ea, wanneer ons di\u00e9 dinge doen, is die republiek van vryheid reeds tussen ons.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/kukly-i-aksessuary\/kukly-i-nabory\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u043a\u0443\u043a\u043b\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.vlast.ua\/prokuratura-nachala-rassledovat-rekonstruktsiyu-pamyatnika-arhitektury-v-tsentre-harkova\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Gesprek oor die toekoms, gelewer by die Diamantvleilandgoed, 15 Januarie 2010 Hieronder word aan die hand van enkele argumente oor die toekoms van ons as Afrikaners nagedink. Alhoewel ons as Afrikaners oor meer as net argumente beskik, moet ons ook argumenteer. Daarsonder sal ons nie \u2019n toekoms h\u00ea nie. Konkrete dade word van ons [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6122,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[2188,8409,4784,2224,8410],"class_list":["post-7333","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c88-opstelle","tag-afrikaners","tag-afrikaners-en-vryheid","tag-selfbeskikking","tag-volkstaat","tag-vryheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7333","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7333"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7333\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6122"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7333"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7333"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7333"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}