{"id":733,"date":"2007-08-09T00:00:00","date_gmt":"2007-08-09T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=733"},"modified":"2007-08-09T00:00:00","modified_gmt":"2007-08-09T00:00:00","slug":"die-vrou-het-n-goue-kalf-geword","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=733","title":{"rendered":"Die Vrou het &#8216;n goue kalf geword"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Versigtig, om tog nou net nie weer gebrandmerk te word as patriargale chauviniste nie, het meeste mans sku instemmend geknik en enkele opmerkings gemaak hoe uiters irriterend hulle hierdie tyd van die jaar gewoonlik ervaar &ndash; die enigste goed daaruit, merk een op, is dat mans tot dusver genadiglik ook die vakansiedag gegun word; ons moet maar net hoop en bid dit bly so . . .<\/span><\/font><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Meeste mans het geen probleem  daarmee dat vroue gelyke geleenthede mag en behoort te geniet nie. &nbsp;&nbsp;Die verre  meerderheid sal ook duidelik te kenne gee dat hulle vrouemishandeling ten volle  veroordeel, selfs al is aktivistegroepe dikwels eksklusief deur deelname van  mans uit te sluit. Maar as mens bestekopname sou neem van al die  geleenthede, voorregte, kompetisies, huldigings, fokusprogramme,  ondersteuningsgroepe, ekonomiese voorkeurbemagtiging, lektuur eksklusief vir  vroue, eksklusiewe gesondheidsorg en navorsing, w&ecirc;reldbiddae, ens. wat vroue  deesdae te beurt val, is dat baie duidelik dat ons onsself vandag midde-in die  era van die VROU bevind.&nbsp; &nbsp;<\/span><\/font> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Hierdie opheffingaksies gaan dikwels  hand-aan-hand met die verdagmakery, beswaddering en afkraak van die man se rol  in die samelewing. Dit is &rsquo;n feit dat die w&ecirc;reld en ook SA &rsquo;n geslagsrewolusie  in die kleine beleef. <\/span><\/font><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die man het op alle terreine vrye  wild geraak waarop vrylik gejag mag word: sy ego, sy trots, sy manlikheid, sy  rol in die samelewing; tewens, sy hele wese verkeer in die spervuur. In  baie opsigte het hy verward geword &ndash; selfs sy jagterinstinkte wanneer dit kom by  hofmakery word aan bande gel&ecirc; deur uitgebreide teisteringwetgewing en dies meer  &ndash; &lsquo;n man moet baie mooi dink voor hy toenadering soek by &lsquo;n aantreklike vrou by  die werk (selfs al is beide ongetroud). Uit vrees vir beskuldigings van  chauvinisme of patriargale varsigheid, bly hy maar eerder stil wanneer hierdie  bombardement met genadelose re&euml;lmaat op hom toesak vanuit gesins- en  vrouetydskrifte, TV-programme en dies meer. <\/span><\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Wanneer mens na Vrouedag en al die  bohaai daar rondom kyk vanuit &lsquo;n man se oogpunt, voel hy soms gekul t.o.v.  regverdige behandeling en erkenning. Hy vra homself vrae af soos:&nbsp; dis baie goed  dat daar soveel lawaai gemaak word omtrent geweld teenoor vroue, maar is dit nie  ook &#39;n feit dat baie meer mans as vroue vermoor word in SA nie &ndash; waarom ook nie  gelyke fokus op daardie gebied nie? Dis goed en wel dat vroue soveel  opheffingsaksies beskore is, maar is dit nie &#39;n feit dat die oorgrote  tronkbevolking uit mans bestaan nie &ndash; wat van verskerpte opheffingaksies op  daardie gebied? Dis goed en wel dat aktivistegroepe soos paddastoele verrys  het om vroulike verkragtingslagoffers by te staan met wetgewing en ondersteuning,  maar waar is dieselfde groepe wanneer dit kom by waarskynlik baie meer mans in  tronke wat verkrag en gesodomiseer word? <\/span><\/font><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis &rsquo;n feit dat mans  korter lewe as vroue, waarom word daar dan teen mans gediskrimineer deur hul  aftree-ouderdom later te hou as di&eacute; van vroue? &nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/span><\/font><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Alhoewel daar geluide gemaak  word dat wetgewing se definisie uitgebrei gaan word om gesodomiseerde mans ook  in te sluit as verkragtingslagoffers, blyk dit asof hierdie jarelange gesloer  daarmee geen erg het aan die lyding wat mans deurmaak in hierdie opsig nie &ndash; sou  dieselfde gesloer geduld gewees het indien die aanpassing van hierdie wetgewing  op vroue van toespassing sou wees? &lsquo;n Man beskik oor geen seggenskap oor die  lotsbepaling van sy kind indien die moeder sou besluit om die ongebore kind te  aborteer nie &ndash; is sy ouerskapreg dus ondergeskik teenoor di&eacute; van die moeder dat  selfs sy ernstige geloofsbesware geen gewig dra  nie?<\/span><\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Nee wat, die man mag moontlik vanuit sy  tradisionele rol as broodwinner nog die botoon voer in die  ekonomie, maar dis besig om baie vinnig te verander\/ Die gevaar is egter dat  die opheffingpendule van die vrou sodanig verby gaan swaai, dat ons besig is om  &lsquo;n skeefgetrekte samelewingsorde op te rig &ndash; een wat selfs die  potensiaal kan h&ecirc; om spanning tussen die geslagte tot ongekende hoogtes te  voer.<br \/><\/span><\/font><\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">En noem my maar gerus &lsquo;n chauvinis  daarvoor dat ek vir &lsquo;n slag in die bresse wil tree vir die man. Dis sterk te  betwyfel dat enige hoofstroomkoerant hoegenaamd hierdie brief sal plaas, want  dit pas doodgewoon net nie die hedendaagse de facto feministiese agenda nie &ndash;  jammer, punt.<\/span><\/font><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">deposit free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p class=\"MsoNormal\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vandag, Donderdag, kom die hele land weer tot  stilstand en buig voor sy &quot;goue kalf&quot; &ndash; die VROU, die heilige wonderwese van die  21ste eeu . . . <\/span><\/font><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">(of altans, so beleef mens dit  gegewe al die publisiteit en bohaai daar rondom)!<\/span><\/font><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><font face=\"Arial\" size=\"2\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Net vanoggend merk &rsquo;n manlike  kollega heel onverwags op: &rdquo;Is dit net ek, of voel julle ook al tot oorlopens  toe keelvol vir die oordonderende verering en lofbesinging van vroue weer  deesdae op TV, radio en in die koerante &ndash; dis so blantant, dis letterlik om  van siek te word?! Ek sien uit na die einde van Augustus dat mens net weer &rsquo;n  slag kan asemhaal!&rdquo;<br \/><\/span><\/font><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[21096,785],"class_list":["post-733","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-s10-briewe","tag-die-vrou-het-n-goue-kalf-geword"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/733","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=733"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/733\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=733"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=733"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=733"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}