{"id":7315,"date":"2010-01-18T05:51:09","date_gmt":"2010-01-18T05:51:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7315"},"modified":"2010-01-18T05:51:09","modified_gmt":"2010-01-18T05:51:09","slug":"volkstaat-die-internet-moet-help","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7315","title":{"rendered":"Volkstaat: Die internet moet help"},"content":{"rendered":"<p>In die ou dae, so is gespot, het \u201cdie \u201cEngelse\u201d Prog gepraat, SAP gestem en die Here gedank die NP is aan bewind.<\/p>\n<p>Vandag, so lyk dit, stem die Afrikaner Prog, hy dink HNP en hy word ge\u00efndoktrineer om nie sy godsdiens na sy politiek deur te trek nie.<\/p>\n<p>Dit is min of meer die gevolgtrekking wat \u2018n mens moes maak met gisteraand se aanbieding van RSG se program, Kommentaar.<\/p>\n<p>Die rede vir di\u00e9 afleiding was die teenwoordigheid van dr. Piet Croukamp op die paneel.<\/p>\n<p>Gewoonlik word die beste resultaat vir \u2018n besadigde politieke ontleding verkry deur \u2018n welsprekende, goed ingeligte persoon uit die sentrum, wat in staat is om standpunte van die vleuels te akkommodeer. Croucamp het hom egter openlik, en by tye by herhaling, namens \u201cons\u201d vanuit die liberale hoek uitgedruk.<\/p>\n<p>Croukamp is goed belese en gewoonlik vlymskerp akkuraat, maar sy vorige deelnames is gekenmerk deur \u2018n tien persent waar hy \u201cdit\u201d verloor, en sy subjektiwiteit hom platloop. Dan neig hy om sommer blatant ongeskik te wees.<\/p>\n<p>Gisteraand het ongelukkig weer daardie tien persent opgelewer.<\/p>\n<p>Die joernalis wat die hele diskoers oor die volkstaat op dreef gekry het, Pieter du Toit, het heel besadig oorgekom, en by tye selfs die indruk geskep van iemand wat nie so sebore is nie, maar so semoer.<\/p>\n<p>Die doel van hierdie bespreking is egter nie om gisteraand se Kommentaar per se te ontleed nie, maar die vreemde verdwyning van politieke wetenskaplikes en staatsregslui uit debatte en gesprekke oor die volkstaatgedagte. Vreemd, omdat, anders as wat dit gereeld in die media voorgestel word, die omringende kwessies soos selfbeskikking, selfregering en die sesessiereg modern en volkeregtelik suiwer is.<\/p>\n<p>Vreemd, ook, omdat die middelpuntvliedende kragte wat die volkstaatgedagte nou impetus gegee het, naamlik vervreemding as gevolg van die ANC se hantering van die situasie, heel gangbare gesprekmateriaal geword het nadat swart redakteurs die politieke korrektheid afgetakel het en die wit redakteurs deur hierdie gat in die dyk gestroom het..<\/p>\n<p>En nog vreemder, omdat baie van die politieke wetenskaplikes en staatsregslui wat in die jare voor en kort na 1994 stem dik gemaak het hieroor nie intussen dood is nie, en skynbaar ook nie van standpunt verander het nie.<\/p>\n<p>\u2018n Deel hiervan kan miskien verklaar word aan die hand van die feit dat die meeste wie se menings gewig dra, in die akademie in diens is, en dat hulle hul loopbane koester. So asof hulle vertroue verloor het dat die hoogaangeskrewe liberale bedeling en sy grondwetlike waarborge aan di\u00e9 mense ook daardie vryheid bied. Meer as \u2018n dekade gelede het minstens sommige van die universiteite se Politieke Wetenskap-departemente die Noord-Suid-diskoers na sowat \u2018n halfeeu op die rak van uitgediendheid gaan afhaal en afgestof.<\/p>\n<p>Hierdie benadering behels in sy korste moontlike opsomming dat die Noorde (die ontwikkelde lande van die Noordelike halfrond) verantwoordelik met aanwas moet omgaan sodat hul ekonomie\u00eb die onbeheerste aanwas van die suide (meer in besonder Afrika suid van die Sahara) kan onderhou. \u2018n Uitgediende benadering is afgestof, maar die moderne word gerak.<\/p>\n<p>Trouens, so swygsaam, en soms blatant onkundig soos die departementshoof van Politieke Wetenskap aan Kovsies soos uit \u2018n radio-onderhoud geblyk het) is die hedendaagse akademici dat \u2018n mens wonder of outonomie, selfregering en soortgelyk hoegenaamd deel van die leerplanne is. En dan dalk nog te wonder hoekom al hoe minder Suid-Afrikaanse universiteitskwalifikasies oorsee die papier werd is waarop dit gedruk is.<\/p>\n<p>Daar is egter \u2018n ander moontlikheid hoekom die werklike akademici so swygsaam hieroor geword het, en die ontleedwerk terugval op onafhanklike ontleders en joernaliste met mindere kwalifikasies (soos die uwe).<\/p>\n<p>\u2018n Aantal jare gelede het \u2018n akademikus en intellektuele reus, en bekende Staatsregkundige as onafhanklike kandidaat vir die KP in \u2018n tussenverkiesing gestaan. Sy opponent was \u2018n persoonlike vriend van \u2018n NP-minister, en di\u00e9 weer van die redakteur van \u2018n bekende Afrikaanse dagblad. Di\u00e9 redakteur was weer legendaries vir sy baie kort lont. Die gevolg was \u2018n swartsmeerdery van die akademikus op die laakbaarste denkbare vlak. Die prof het nog \u2018n klag by die persombudsman of iets dergeliks ingedien, maar selfs met sy regskennis dadels uitgerig. Sedertdien is sy pennevrug ligjare verwyder van dit waarin hy \u2018n meesterkenner is.<\/p>\n<p>Aanverwant hierby is die aard van kritiek wat akademiese skryfwerk oor die onderwerp ontlok. \u2018n Persoon wat bloot die regs- en staatkundige posisie uiteensit, nie eens al is hy \u2018n professor met vier doktorsgrade nie, skryf die volkereg nie. Hy gee dit bloot weer. As hy \/ sy dan uitwys dat die kwessie van ras volkeregtelik nie deel van die pakket uitmaak nie (dit eintlik net bemoeilik) s\u00ea hy \/ sy dit omdat dit so is, sonder in agneming van eie gevoel.<\/p>\n<p>Om dan hieroor \u2018n pot kokende olie op \u2018n mens omgekeer te kry sal die meeste akademici wyd laat hou. Dit laat boonop die vraag ontstaan of die Afrikaner se kultuur dan so minderwaardig is dat dit nie soos in die geval van die Baske, die Letlanders, Armeni\u00ebrs en ander op eie bene volkeregtelike status kan verwerf nie, maar ras bygesleep moet word. (Volk is \u2018n vrywillige assosiasie en Koos Kombuis k\u00e1n dus bedank, maar ras is moeiliker om af te skud al \u201cbeg\u201d Antjie Krog ook \u201cto be black.\u201d)<\/p>\n<p>Ja, dit is so dat die ANC met die ras-storie begin het, maar dit verander bloot die intensiteit van onderdrukking wat die norm is om die vlak van outonomie volkeregtelik te bepaal \u2013 nie die definisie van volk nie. Van die kritiek kom van mense wat nogal baie herinner aan die storie van die boer wat bobbejane met pampoene vang. Hy maak gate daarin waardeur die bobbejaan se hand net mooi pas, maar as hy sy hand ingesteek het en \u2018n handvol pitte beetgekry het, kan hy nie weer sy hand uitkry nie. Die boer sal hom bo-op daai pampoen doodslaan maar laat los sal hy daai pitte nie laat los nie. En nee, dis nie my eie uitdinksel di\u00e9 nie, dit kom amper 25 jaar gelede van \u2018n baie regse argitek.<\/p>\n<p>\u2018n Ruk gelede het dr. Christo Landman in \u2018n artikel geskryf dat hy meen onder die stappe ter voorbereiding van Afrikaner-selfregering, ook die opleiding van leiers op die beplanningstafel moet wees. Hierna het ander in soortgelyke terme menings gehuldig. Die feit is dat enige proses na selfregering, outonomie en \/ of die volkstaat pragmaties en regstegnies baie kompleks is, en dat dit uiters kortsigtig is om die mense wat die volkstaters bitter nodig gaan h\u00ea \u2013 die akademici met die doktorsgrade en werklike gevorderde kwalifikasies en kennis \u2013 van internasionale standaarde \u2013 en nie soos strooipoppe op te stel en dan aan flarde te skiet nie.<\/p>\n<p>Miskien het iemand die vaardigheid en tyd om die toepaslike verslae van die Presidentraad se Staatkundige Komitee en die Volkstaatraad, asook toepaslike voorleggings aan Kodesa, in teksformaat te skandeer en op \u2018n webwerf te plaas sodat dit makliker bestudeer kan word. Dan sal mense wat op webwerwe so van die heup af skiet met min moeite kan gaan kyk en self sien dat al vier wiele reeds ontwerp is en dat heelwat na die kalibrering reeds gedoen is voor di\u00e9 werk ashoop toe verban is. Met hierdie kennis weer terug in die hoofstroom-besprekings sal daar hopelik minder skadelike \u201cjuweeltjies\u201d uitgehoes word, selfs al is die skrywers en samestellers van hierdie berge werk self nou buite die besprekingspoel.<\/p>\n<p>Ek maak die afleiding dat di\u00e9 werk nie algemeen elektronies op die net is nie omdat ek niks van my eie werk raakgeGoogle kry nie, terwyl ek weet verskeie van die verslae dui my naam in hul bronnelyste aan. (Google dui wel van die verslae aan, maar my eie pogings om die verslae se inhoud self op die skerm te kry was onsuksesvol.)<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/50-bra-nastennye-svetil-niki\">\u043a\u0443\u043f\u043b\u044e \u0431\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.txtwww.ru\/object\/gruza-ukrainu-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die ou dae, so is gespot, het \u201cdie \u201cEngelse\u201d Prog gepraat, SAP gestem en die Here gedank die NP is aan bewind. Vandag, so lyk dit, stem die Afrikaner Prog, hy dink HNP en hy word ge\u00efndoktrineer om nie sy godsdiens na sy politiek deur te trek nie. Dit is min of meer die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[6892,8382,2224],"class_list":["post-7315","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-internet","tag-piet-crouwkamp","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7315","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7315"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7315\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7315"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7315"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7315"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}