{"id":7314,"date":"2010-01-18T05:48:08","date_gmt":"2010-01-18T05:48:08","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7314"},"modified":"2010-01-18T05:48:08","modified_gmt":"2010-01-18T05:48:08","slug":"gaan-angus-buchan-die-keer-die-groot-se-spreek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7314","title":{"rendered":"Gaan Angus Buchan di\u00e9 keer die groot s\u00ea spreek?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tot dusver was die bekende aartappelboer \u2013 evangelis, Angus Buchan, versigtig om politiek te betrek by sy saamtrekke en in sy uitsprake.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg was dat mense wat verskillende partye aanhang, saam by sy saamtrekke was en meegevoer is. Onder die \u201cmagtige manne\u201d het verlede jaar onder meer die Springbokafrigter, Peter de Villiers, getel wat openlik verklaar het dat hy vir die ANC sou stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou verwag Buchan 400 000 mense by sy saamtrek, sowat \u2018n 100 000 meer as die buitelandse besoekers wat die regering by Suid-Afrika se sokkerskouspel later vanjaar verwag. En die tema is Watchmen of the house. Buchan het aan Volksblad ges\u00ea dit beteken dat  die man sy verantwoordelikhede  in verskillende lewensfere moet opneem: die huis, die werk, die parlement&#8230;\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal interessant wees om te sien hoe Buchan di\u00e9 keer neutraal of onverbonde uit politieke kantkiesery gaan tree, as hy na mans (en seker vroue ook) se Christelike verantwoordelikheid in die parlement (en seker ander regeerinstellings) gaan verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In eenvoudige Afrikaans gestel: Kom \u2018n Christen sy \/ haar plig na deur vir \u2018n party te stem wat hom daarvoor beywer om aborsies op aanvraag te wettig, wat ernstig besin oor die wettiging van prostitusie, \u2018n staatslotery bedryf&#8230;?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis juis die frustrasie waarmee partye in die Christen-demokratiese en Christen-Volkseie dampkring die afgelope dekade en \u2018n half spook. Presies dieselfde mense wat Sondae in die kerk bely hierdie goed is (volgens hul kerkgenootskappe se formele standpunte) verkeerd, stem nie net vir partye wat die teenoorgestelde standpunte hieroor inneem nie, maar werk openlik vir daardie partye, staan as kandidate en dien as raadslede, parlementslede en vele meer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Skisofrenie van oortuigings dan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dikwels kom \u201cdie kerk\u201d as instelling hieroor onder skoot, maar die persoon wat die belangrike amp van lidmaat opneem, word nie hieroor onder die vergrootglas geplaas nie. Sy vertwoordelikhede \/ standpunte word as\u2019t ware na die dominee \u201cgedelegeer\u201d (soos die ouer sy opvoedingstaak na die skool \u201cdelegeer\u201d), en solank die dominee \/ kerk oor hierdie diskrepansie swyg, so lank is my gewete skoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is daar so \u2018n volledige skeiding van kerk en staat dat di\u00e9 skisofrenie van oortuigings moontlik is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net soos iemand kan verklaar hy is \u2018n Christen en selfs die titel van ere-pastoor van \u2018n kerk dra, maar dan volgens sy kulturele tradisie veelwywery beoefen terwyl die Christen-Bybel, en in die besonder die Nuwe Testament, s\u00ea een man mag net een vrou h\u00ea?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit die liberale humanisme kom twee basiese verwere. Die eerste doodgewoon dat die godsdiensoortuigings vir die kerk gereserveer is, en politieke oortuigings vir die staat. Presies waar sake soos skoolbeheerliggame, sportorganisasies, kultuurorganisasies en ander inpas, is nie duidelik nie, of is die mens werklik in staat om \u2018n dikwels teenstrydige beleid vir elke geleentheid op te dis?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede argument is dat die Bybel hom teen die oordeel en veroordeling uitspreek. Die kerk se mond is dan gesnoer as ek as landsburger \u2018n prostituut besoek, buite die huwelik saamwoon of die Lotto speel. Want die Christen mag my nie oordeel nie. (Lees maar die tekste in hul volle konteks en kom praat dan weer).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omtrent soos in die dae toe ons in die kerk darem bitter teen dans was, en Volkspele net-net die valbyl misgeloop het omdat dit \u201cgespeel\u201d en nie \u201cgedans\u201d word nie, maar by die dorp se Nuwejaarsdans is ons voor in die koor met ons passies. (Danksy twee linkervoete is ek hier onskuldig).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of gaan die \u201cMagtige manne\u201d, Snorreman inkluis, di\u00e9 keer hoor hul verantwoordelikheid as Christen teenoor die parlement, die provinsiale wetgewers, die munisipale rade sluit in dat hulle hul stemreg uitbring vir partye wat God, en nie die grondwet nie, as hoogste gesag stel en wat wetgewing voorstaan wat versoenbaar is met dit waaroor die Bybel duidelik is?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of gaan die partye op die Christen-spektrum weer eens sien hoe s\u00f3 \u2018n openlike verbintenis deur meesterlike wysgerigheid standpuntloos gelaat word? (Buchan is nie al wat hieroor swyg, of as hy hom dan sou uitlaat, dit nie die media haal nie).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buchan doen volgens baie aanduidings groot werk om die sedeloosheid wat in die land posgevat het, om te keer. Daar is \u2018n ongelooflike groot braakveld buite die politiek, en \u2018n mens sou graag wou sien dat hierdie aksies maksimale stukrag kry \u2013 iets wat politieke kontaminasie kan inhibeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar as die geestelike leiers van statuur swyg oor die voorbeeld wat regeringsleiers, politieke partye en ander meningsvormers stel, wie moet dit dan doen? Terwyl \u2018n regeringsleier homself \u2018n Christen noem maar lynreg teen die Bybel optree, kry hy \u2018n witbroodjie-spreekbeurt by sekere kerke, wat ander politieke leiers nie gegun word nie. Emiretus-Biskoppe swyg dawerend op \u2018n streep. Die publiek word verwar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Buchan h\u00e9t die potensiaal om dit uit te wys, en hy sal die eerste wees wat sal erken dat hy self tot niks in staat is sonder dat hy krag van die Here ontvang om as instrument van die Here op te tree nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vis vrot van sy kop af. Is dit werklik die Here se wil dat Sy priesters en profete van die heuweltoppe af in al elf amptelike tale dawerend moet swyg, en in plaas van die ramshorings te blaas \u2018n groot geraas met fufuzelas moet maak vir \u2018n sokkerskouspel waar rituele slagtings ter ere van voorvadergeeste beplan word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan net \u2018n Gideonsbende oorbly as Suid-Afrika se 75 % Christenbevolking die dag werklik voor keuses gestel word van betreklik suiwer Christelike waardes,  en beddens op bakstene, voorvadergeeste wat oral \u201cgevang\u201d en in kartonbokse van nasionale monumente aangery word om met staatsfunksies weer vrygelaat word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is \u2018n \u201chalwe Christen\u201d darem beter as iemand wat volledig animisties leef, die bewese ongewenste newe-effekte van kultuur in transito ten spyte. Of kan \u2018n halwe Christen maar lou ook wees?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of gaan ek weer deur oom Sakkie van die Nuwe Hervormersfaam op sy webwerf die kop gewas word as die produk van Kovsies se wysbegeerte van \u2018n paar geslagte gelede (waaraan ek net onregstreeks via Staatsleer en Privaatreg blootgestel is en in elk geval nie mee saamgestem het nie tot my dosente se ontsteltenis), of gaan \u2018n liberalis weer \u2018n brief in \u2018n koerantbylaag plaas om my te kapittel oor ek so oordeel?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of streef ek maar net na \u2018n land waar morele waardes so sterk gesetel is dat misdaad daardeur gesmeer word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oom Angus. Wat l\u00ea die Here in jou hart? Of delegeer ons maar weer dat die klippe die uitroepwerk begin doen? Tot dusver was oom nie juis beskeie dat almal moet hou van wat oom s\u00ea nie, soos laas toe oom ges\u00ea het as oom tydens die ABO geleef het, sou oom aan die kant van die Boere geveg het.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\/stoit-li-ustanavlivat-berekety\/\">\u0441\u0430\u043f\u0444\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u044f \u0431\u0440\u0435\u043a\u0435\u0442 \u0441\u0438\u0441\u0442\u0435\u043c\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tot dusver was die bekende aartappelboer \u2013 evangelis, Angus Buchan, versigtig om politiek te betrek by sy saamtrekke en in sy uitsprake. Die gevolg was dat mense wat verskillende partye aanhang, saam by sy saamtrekke was en meegevoer is. Onder die \u201cmagtige manne\u201d het verlede jaar onder meer die Springbokafrigter, Peter de Villiers, getel wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7314\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Gaan Angus Buchan di\u00e9 keer die groot s\u00ea spreek?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[8381],"class_list":["post-7314","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-angus-buchan"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7314","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7314"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7314\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7314"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7314"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7314"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}