{"id":7293,"date":"2010-01-15T06:03:28","date_gmt":"2010-01-15T06:03:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7293"},"modified":"2010-01-15T06:03:28","modified_gmt":"2010-01-15T06:03:28","slug":"afrikaner-en-die-volkstaat-debat-of-burgeroorlog","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7293","title":{"rendered":"Afrikaner en die volkstaat \u2013 Debat of burgeroorlog?"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Sinikus merk op dat die Afrikaner se volkstaat bestaan \u2013 op die internet, en dat daar reeds \u2018n burgeroorlog in uitgebreek het. So erg is die skynbare burgeroorlog dat van die deelnemers al vir vrede pleit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aandag is hierop gevestig toe Beeld se aanlynpeiling aangedui het dat die meeste respondente dit sou oorweeg om in \u2018n volkstaat te woon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As by hierdie oppervlakkigheid verbygekyk word, is daar egter \u2018n kernwaarheid en dit is dat hierdie debat toon dat dit in heelwat mense se harte nesgeskop het, en dat hierdie groep mense weens die huidige polarisasie en ander middelpuntvliedende kragte groei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhaal word vertel van twee Korannagroepe wat haaks was en vanaf twee naasliggende koppies op mekaar losgebrand het. By geleentheid val daar toe \u2018n verdwaalde koe\u00ebl tussen die lotjie op die een koppie, en terstond word die wit vlag gehys, want iemand kan dalk seerkry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kanoneiland het volgens oorlewering sy naam te danke aan \u2018n voorval toe \u2018n strafekspedisie boere na die eiland opgeruk het. Die Korannakaptein kry \u2018n blink gedagte, en span \u2018n hol kokerboom as kanon in. Agter is buskruit of dinamiet gelaai, en voor klippe en enige denkbare ding wat kan seermaak. Toe die skoot afgaan, is daar dood en verwoesting in die Korannageledere. Die kaptein, toe hy tot verhaal kom, s\u00ea egter. \u201cDink net, as dit hier s\u00f3 lyk, hoe lyk dit nie by die Boere nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan die aard en intensiteit van die bekgevegte kan tong in die kies gevra word of \u2018n gepaste naam vir \u2018n Afrikanerstaat nie ook iets tot die effek van Kokerbomstaat sal wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En dit is net die geveg onder die voorstanders en simpatiseerders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Aantal jare gelede het Tsjeggi\u00eb en Slowakye besluit om elkeen sy eie koers in te slaan. Ethiopi\u00eb en Eritrea se skeiding het minder vreedsaam verloop en die spaanders vlieg steeds gereeld. Tog was daardie skeidings \u2013 beide staatkundig-geografies baie simplisties teenoor die omvattende skaal jerrymandering wat \u2018n staatkundig-geografiese sesessie hier sal vereis. Dit op sigself het die graaf van loopgrawe tot gevolg, en terwyl daar vanuit die loopgrawe nog net met kleilatte op mekaar losgetrek word, klink die gepaardgaande bekgeveg soos \u2018n warm oorlog op sy heetste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die korporatiewe en konsosiatiewe selfbeskikkers vuur intussen loskruitpatrone van die flanke af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aard van die bekgevegte dui op onderlinge ideologiese warmbroeiery in ideologiese kantons. Tog kristalliseer drie hoofstrome uit: Diegene wat binne \u2018n grondwetlike raamwerk na \u2018n vorm van selfbeskikking mik, di\u00e9 wat ten minste aan volkeregtelike vereistes wil voldoen \u2013 iets wat nie noodwendig dieselfde as die vorige is nie omdat die Suid-Afrikaanse grondwet wat hierdie aspek betref ver van die Volkereg verwyder is \u2013 en diegene wat nie \u2018n snars omgee wat iemand anders as hulself wil h\u00ea nie, ongeag die gevolge.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen word die historiese werklikhede en die volkereg kruis en dwars met knuppels oor die slagveld gejaag en neergevel. Die navorsing van die destydse Presidentsraad se staatkundige komitee en die Volkstaatraad l\u00ea grootliks en stof vergaar. Dit sluit omvattende lewensvatbaarheidstudies in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl in hierdie burgeroorlog genoeg energie opgewek word en verspil word om Eskom se kragkrisis die hoof te bied, kan uit ander aanlyn-debatte en briewekolomme waargeneem word hoe \u2013 soos hulle uitgekryt word \u2013 neo-konserwatiewes &#8211; anderkant die Wingerdgordyn gejag en neergevel word bloot omdat hulle hul ten gunste van die behoud van Afrikaans as onderrigmedium by die Universiteit van Stellenbosch uitspreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Terwyl hierdie energie verspil word, het \u2018n tweede Vrystaatse plaasaanval vanjaar plaasgevind, di\u00e9 keer sonder lewensverlies omdat die vuurwapen drie keer geweier het om te vuur. Skole het intussen geopen, heel waarskynlik met minder Afrikaanse onderrig as toe dit verlede jaar gesluit het.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">\u043a\u0430\u043a \u043f\u0440\u0430\u0432\u0438\u043b\u044c\u043d\u043e \u043f\u043b\u043e\u043c\u0431\u0438\u0440\u043e\u0432\u0430\u0442\u044c \u0437\u0443\u0431<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3870248\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Sinikus merk op dat die Afrikaner se volkstaat bestaan \u2013 op die internet, en dat daar reeds \u2018n burgeroorlog in uitgebreek het. So erg is die skynbare burgeroorlog dat van die deelnemers al vir vrede pleit. Die aandag is hierop gevestig toe Beeld se aanlynpeiling aangedui het dat die meeste respondente dit sou oorweeg &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7293\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaner en die volkstaat \u2013 Debat of burgeroorlog?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8338],"class_list":["post-7293","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-volkstaat-debat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7293","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7293"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7293\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7293"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7293"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7293"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}