{"id":728,"date":"2007-08-08T00:00:00","date_gmt":"2007-08-08T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=728"},"modified":"2007-08-08T00:00:00","modified_gmt":"2007-08-08T00:00:00","slug":"pretoria-tyd-vir-verset-is-hier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=728","title":{"rendered":"Pretoria: tyd vir verset is hier"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die huidige besluit om teen en wil en dank die naamsverandering af te dwing, verteenwoordig daarom &lsquo;n kentering en &lsquo;n verharding in die regime se anti-Afrikaanse ingesteldheid. Want agter die Pretoriase naamsverandering skuil veel meer: dit gaan immers om die siening van die Afrikaner as inheems in Suid-Afrika, aldan nie. Die Afrikanistiese houding dat slegs swartmense werklik tot Afrika behoort, is besig om binne die ANC te se&euml;vier. Vandaar dus die ontkenning van die naam Pretoria en alles wat dit simboliseer rondom die Voortrekkergeskiedenis, die hoofstad van die ZAR en Uniewording.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op &lsquo;n soortgelyke manier as wat Mugabe alle blankes uit sy land verdryf het, is die ANC besig om oor te gaan tot openlike konfrontasie met die Afrikaner. Hoe ons hierdie konfrontasie gaan hanteer, gaan ons toekoms in hierdie land en op hierdie vasteland bepaal. Daar is veel meer as &lsquo;n blote stadsnaam op die spel.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die grootste fout wat die Afrikaner nou kan maak, is om die defa&iuml;tisme en gedienstigheid van die De Klerk-era voort te sit. Enige blyk van swakheid gaan bloot die ANC in sy kwaad sterk en die etniese suiwering van alles wat Afrikaans is, verhaas.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Afrikaner sal nou sy staal moet wys. Die ANC het die pad van konfrontasie gekies, nie ons nie. Waarheen daardie pad lei, weet ons nie vandag nie. Dat ons gedwing gaan word om dit te stap, is egter gewis.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die naamsverandering moet op alle gebiede teengestaan word. Ons moet die boodskap baie duidelik aan die Xhosa-verdrukker oordra: wat genoeg is, is genoeg! Die verset van ons mense moet ondubbelsinnig wees, nie-gewelddadig, maar nogtans kragdadig.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Op sy minste moet ons sorg dat elke moontlike teken met die gehate naam Tshwane doodgeverf, afgesaag of vernietig word. Die naam Pretoria moet op elke moontlike plek aangebring word. Vriende en familie moet hulself in selle organiseer wat lydelike verset gaan pleeg in die vorm van guerilla-aksies teen die naamsverandering.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ons moet egter ook daarop bedag wees dat die stryd wat nou begin, te eniger tyd mag oorslaan in &lsquo;n gewelddadige konflik soos wat die ANC terugval op sy ou totalit&ecirc;re geneigdheid as terreurorganisasie. Die gees wat in die strafkampe van Siberi&euml; of op die borswerings van die Oos-Berlynse skandmuur gebore is, leef steeds in die hart van die ANC wat immers &#8216;n dinosourus uit die Koue Oorlog is wat in die Jurassic Park wat Suid-Afrika vandag geword het, oorleef. Daarom sal die versetaksies wat nou noodwendig teen die naamsverandering gaan volg, met omsigtigheid gehanteer en professioneel uitgevoer moet word, wetende dat ons met &#8216;n totalit&ecirc;re monster vanagter die eertydse Ystergordyn te make het.<br \/> <\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die ANC het vir konfrontasie gekies: dit is baie duidelik. Waarheen dit ons gaan lei, weet ons nog nie helder nie. Juis daarom sal ons bedag moet wees op gebeurlikhede.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toenemend kan ons die ergste van die regime verwag. Dit is die ware boodskap van die naamsverandering. Agter die naam &ldquo;Pretoria&rdquo; staan die Afrikaner self en sy taal, Afrikaans, wat nie meer in di&eacute; land welkom is nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dis nou of nooit. Staan sal ons moet staan.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ukladka-parketa.com\">ukladka-parketa<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/30\/190438.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<br \/>\n<h3>&nbsp;<a href=\"http:\/\/praag.org\/mambo\/mambots\/editors\/index.php?option=com_facileforms&amp;Itemid=144\">Teken ons petisie<\/a> teen die gebruik van die naam Tshwane ipv Pretoria!<\/h3>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/danr0000.jpg\" width=\"70\" height=\"90\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die aankondiging deur die ANC dat hy voortgaan om alle naamborde met die naam &ldquo;Pretoria&rdquo; daarop te verwyder, verteenwoordig niks minder as konfrontasie met die Afrikaner nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Soos Pallo Jordan nie te lank gelede ges&ecirc; het nie: &ldquo;Waarom moet ons &lsquo;n kompromie aangaan?&rdquo; Vir &lsquo;n lang tyd het die ANC sy ware kleure en Afro-fascistiese magsbeheptheid weggesteek; nou skitter die party egter in al sy Mugabeagtige glorie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die huidige naamstryd rondom Pretoria kom reeds vier jaar. Vele petisies, versoeke en betogings is in di&eacute; tyd gehou om teenkanting teen die naamsverandering duidelik te maak. In di&eacute; tyd het die regerende party &lsquo;n kat-en-muisspeletjie gespeel en soms voorgegee dat hy die openbare mening, asook verto&euml; van die publiek, in ag sou neem by die finale besluit rondom die naamsverandering.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[],"class_list":["post-728","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/728","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=728"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/728\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=728"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=728"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=728"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}