{"id":7279,"date":"2010-01-14T08:20:43","date_gmt":"2010-01-14T08:20:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7279"},"modified":"2010-01-14T08:20:43","modified_gmt":"2010-01-14T08:20:43","slug":"beeld-peilig-en-die-volkstaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7279","title":{"rendered":"Beeld-peiling en die volkstaat"},"content":{"rendered":"<p>Soos verwag sou kon word ontlok die uitslag van \u2018n Beeld-peiling dat die meerderheid respondente aandui dat hulle gunstig voel daaroor om in \u2018n volkstaat te gaan woon, baie reaksie \u2013 van beide voorstanders en teenstanders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al was dit geen wetenskaplike peiling nie, is daar enkele faktore wat nie uit die oog verloor kan word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten eerste kan daar nie ongekwalifiseerd ges\u00ea word die kiesers \u2013 ook Afrikanerkiesers \u2013 stem vir partye wat nie ten gunste van \u2018n volkstaat is nie. Dieselfde kan ges\u00ea word van kwessie waar wetenskaplike peilings wel \u2018n meerderheidskeuse aandui, soos die doodstraf waar die meerderheid daarvoor is, en aborsies op aanvraag waar die meerderheid daarteen is. Dit word egter nie in verkiesingsuitslae weerspie\u00ebl nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie peiling, en die stemkeuses wat studente aan sommige universiteite met studenteraadsverkiesings maak, dui daarop dat hier \u2018n tendens is wat nie gevolgloos onder die tafel gevee kan word nie. Om diegene wat nou \u2018n pro-volksdtaatsentiment uitspreek as agterlik te probeer uitbeeld, dra bloot bly tot die polarisasie wat peilings aandui sterk teenwoordig is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Aan beide kante van die spektrum word foute gemaak. Onder die teenstanders is daar \u2018n duidelike, en moontlik moedswillige onkunde wat in oorvereenvoudigde retoriek neerslag vind. Die politieke wetenskaplike en staatsregtelike waarnemers sal minstens ge\u00efrriteerd wees oor ignorering van die stapels werk oor komplekse opsies wat deur die gewese Staatkundige Komitee van die Presidentsraad en later die Volkstaatraad gedoen is. Die opsies is legio, en vir bykans elkeen is lewensvatbaarheidstudies gedoen. Baie Suid-Afrikaners sal moontlik onthou hoe terminologie soos regionale selfbeskikking, konsosiatiewe en korporatiewe selfbeskikking, kiesstelselverskansing, sesessiereg en vele meer in omloop was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kritici, by wyse van spreke, maak hulle skuldig aan die Namakwalandse spreekwoord wat lui: \u201cAs \u2018n donkie sy bek oopmaak val daar kaf uit.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie opsies is volkeregtelik veranker en vind neerslag in grondwette soos di\u00e9 van die Europese Unie, Indi\u00eb, Nieu-Seeland, Kanada en die VSA. Indi\u00eb het juis aan die einde van verlede jaar besluit om nog \u2018n etniese deelstaat by sy huidige, meer as dertig, te skep.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die voorstanders word ook lelik kleigetrap. Terwyl die oorhoofse denkers doodseker maak dat dit wat op die tafel kom volkeregtelik versoenbaar is, word op ander vlakke luidrugtig gepredik vir opsies wat ni\u00e9 hierdie toets sal weerstaan nie. \u2018n Skeptiese waarnemer kan byvoorbeeld gerus die Vryheidsfront Plus se webwerf en beleid gaan deurkruis om te kyk of daar verwysings na ras is. (Daar is wel enkeles, hoofsaaklik in nuusverklarings van die VF+ Jeug en dan hoofsaaklik oor kampusingrasie).<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konsep, volk, is die bousteen van die verskillende outonomie- en soewereiniteitsvlakke wat volkstaat- en selfregerende gebiede onderl\u00ea. Gesaghebbende woordeboekdefinisies en die Volkereg maak nie voorsiening vir ras as norm om die begrip \u201cvolk\u201d te omskryf nie. Tog is die literatuur gesaai van inskrywings wat daarop dui dat ras as een van die hoekstene beskou word, en sommiges verwys selfs na die blanke volk. Dit ruk die mat van aansprake op volkeregtelike sanksie onder die aanspraakmakers uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar selfs al sou die volkstaatgedagte nie volkeregtelik veranker of lewensvatbaar wees nie, kan geen teenstander objektief verbaas wees dat di\u00e9 sentimente teenwoordig, en dalk selfs uitbrei nie. Soos een Praag-besoeker geskryf het: Elke keer wat Julius Malema sy mond oopmaak, bekeer hy duisende nuwe mense tot die volkstaatgedagte. Die rits voorbeelde is oneindig lank \u2013 \u2018n president wat teen die godsdiens- en kultuuropvattings van baie vrou op vrou vat met wie hy eers buitehuwelikse seks gehad het, die impak van regstellende aksie, \u2018n volgehoue reeks aanvalle en moorde op boere en \u2018n gewoonlik dawerende swye van die regering &#8230;..<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vuur van middelpuntvliedende kragte kan nie gevolgloos gestook word, en die middelpuntsoekende kragte afgeskeep word, en dan verbaas waargeneem word dat polarisasie w\u00e9l plaasvind nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die dinamika te verstaan, kan Piet Retief se manifes in die Grahamstown Journal gerus op die internet gelees word. Die leser kan sommer ook op die fatsoenlikheid van woordkeuses let.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/kompressornoe_oborudovanie\/\">\u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440 \u0434\u043b\u044f \u0433\u0430\u0440\u0430\u0436\u0430 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos verwag sou kon word ontlok die uitslag van \u2018n Beeld-peiling dat die meerderheid respondente aandui dat hulle gunstig voel daaroor om in \u2018n volkstaat te gaan woon, baie reaksie \u2013 van beide voorstanders en teenstanders. Al was dit geen wetenskaplike peiling nie, is daar enkele faktore wat nie uit die oog verloor kan word &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7279\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beeld-peiling en die volkstaat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8319,8317,8318,2224],"class_list":["post-7279","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-internasionale-reg","tag-regskwessies","tag-staatsreg","tag-volkstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7279","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7279"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7279\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7279"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7279"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7279"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}