{"id":7264,"date":"2010-01-13T15:47:30","date_gmt":"2010-01-13T15:47:30","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7264"},"modified":"2010-01-13T15:47:30","modified_gmt":"2010-01-13T15:47:30","slug":"beeld-se-volkstaatpeiling-n-geleentheid-vir-die-vf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7264","title":{"rendered":"Beeld se volkstaatpeiling: \u2018n geleentheid vir die VF+?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse dagblad Beeld het \u2018n peiling op sy webwerf gehou wat gevra het of sy lesers, wat byna almal Afrikaners is, \u2018n volkstaat sou steun. \u2018n Volslae meerderheid, 54%, het ges\u00ea ja. \u2018n Verdere 19% het ges\u00ea dit hang af. Sowat sewentig persent van Beeld se lesers sou die gedagte dus moontlik steun.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld het die peiling opgevolg met \u2018n stuk <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Content\/Rubrieke\/Gasrubriekskrywers\/2149\/46b066a8b61143d68e37a3d124aeb28d\/12-01-2010-08-59\/Volkstaat_hou_g%E2%80%99n_heil_in_\">linkse propaganda verbloem as \u2018n redaksionele stuk<\/a> wat kommentaar gelewer het oor die peiling, wat weer eens toon hoe uit pas Beeld met sy lesers is. Alhoewel tot soveel as 70% van sy lesers voel dat hulle nie meer lus is vir die re\u00ebnboognasie nie, blaas Beeld steeds in di\u00e9 rubriek die uitgediende vuvuzela van die gefaalde Azaniese staat, en verkwansel hy steeds sy multi-kulti perdevye as soetkoek. Die vuvuzela wat Beeld blaas se deuntjie is die ou-ou een: Afrikaners sal sink of swem saam met die res van Mzansi. Dis \u2018n belaglike argument, soortgelyk daaraan vir \u2018n passasier op die Titanic om vol te hou hy wil nie op \u2018n reddingsboot klim nie, want hy wil graag saam met die skip sink.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die peiling se uitkoms was nietemin \u2018n baie verblydende uitslag vir my. Dit lyk of die meerderheid Afrikaners uiteindelik die skrif aan die muur gesien het. Suid-Afrika was toe ni\u00e9 anders as enige ander Afrikaland suid van die Sahara nie, het Jan Alleman besef. Die ANC was toe nie die redders wat aan ons voorgehou is nie. Suid-Afrika is nie spesiaal nie, en ook nie sy swart regering nie. Dit is bloot nog \u2018n Afrikaland, met alles wat dit impliseer: endemiese misdaad, verval, wanbestuur, korrupsie; \u2018n land wat onderworpe aan die stelselmatige verdomming en \u2018n versnelling na agterlikheid wat so kenmerkend van post-koloniale Afrika is. Selfs Beeld se redaksionele stuk erken noodgedwonge dat laasgenoemde die geval is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitslag van die peiling is die goeie nuus. Dit lyk of die tyd ryp is vir selfbeskikking.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die raaiselagtige verskynsel, en die minder goeie nuus, is egter dat Afrikaners, die meningspeiling ten spyt, skynbaar die volkstaatgedagte slegs in die teorie steun. Op voetsoolvlak het ons wat Afrikaners is skynbaar ander prioriteite as \u2018n volkstaat. Die Vryheidsfront Plus is immers sedert sy ontstaan reeds by uitstek die voorstaander van di\u00e9 gedagte, maar die groot meerderheid blankes, meer as 90% van die blanke kiesers, ook Beeld se lesers, stem eerder vir die DA as vir die VF+. Die VF+ se gedagte was vir \u2018n volkstaat aan die Weskus, met Orania as die beginpunt. Daar is so \u2018n <a href=\"http:\/\/www.vryheidsfront.co.za\/a\/index.asp\">kaart op die VF+ se webwerf<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of is dit so raaiselagtig dat Afrikaners die volkstaat as slegs goeie plan beskou in die abstrakte? Ek dink nie so nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek het nou kennelik die voordeel van \u2018n 20\/20 geskiedenisvisie, maar die eerste probleem is dat Orania bykans sinoniem geword het met die volkstaatgedagte. Dit was \u2018n fout om Orania aan die volkstaatgedagte te koppel. Daar gaan mense wees wat nou kwaad gaan wees vir my, maar as ons eerlik met onsself moet wees, sal ons moet toegee Orania het nie gewerk nie en dat die VF+ sy geld gevolglik destyds op die verkeerde perd verwed het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar was tot onlangs toe minder as 1000 inwoners, dws minder Afrikaners as wat daar in \u2018n kleinerige voorstad van Centurion of Kaapstad woon. Voorts is Orania se behoudende lewensuitkyk nou nie juis iets wat ek vermoed aanklank sal vind by jongmense nie. Beeld se berig l\u00ea op sarkastiese wyse sy vinger op die probleem: volgens Beeld se rubriek verkies die Afrikaners eerder die Menlynpark-winkelsentrum. Beeld is helaas reg. Pieter Mulder, die leier van die VF+, asook die VF+ se topleierskap, woon nie een eens in Orania nie, omdat daar geen ekonomiese geleenthede daar is nie. Praktiese oorwegings weeg swaarder as \u2018n volkstaat. Dis nie onverwags nie. Bitter min Afrikaners gaan uit hul poste bedank en die risiko neem om na \u2018n woestynstreek te verhuis wat sonder werksgeleenthede is, al kla hulle oor die simptome van \u2018n vervallende Afrikaland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Orania se sukses heel beperk is, word die volkstaatgedagte en dus selfbeskikking vir Afrikaners met dieselfde kwas geteer. Omdat Orania nie uit sy nate bars nie, sal selfbeskikking ook nie werk nie, word ge\u00efmpliseer. Selfs die VF+ sal dit erken, soos mens duidelik kan agterkom uit die VF+ se bykans totale stilte oor die Noordkaapse volkstaat deesdae. Om te s\u00ea die VF+ is deesdae selfs louwarm oor \u2018n volkstaat, sou wees om dinge te oordryf. Dit is gevolglik al te maklik vir opponente van selfbeskikking om \u2018n vinger na Orania te wys en te s\u00ea: \u201cDaar\u2019s julle volkstaat, maar julle eie mense stel nie eens belang nie.\u201d Sodoende word die gedagte van selfbeskikking as onbelangrik en doodgebore afgemaak, juis omdat die publiek Orania en selfbeskikking noodwendig met mekaar assosieer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter \u2018n probleem wat selfs groter as die publiek se persepsies van Orania is. Dit is naamlik dat selfbeskikking en \u2018n volkstaat, dws \u2018n afgebakende, onafhanklike gebied, bykans sinoniem geword het. Mense sal stellings maak soos dat \u2018n onafhanklike grondgebied \u2018n voorvereiste is vir selfbeskikking. En nie net sommer \u00e9nige grondgebied nie: dit moet een wees met seetoegang, anders as heelwat ander suksesvolle lande soos die sjarmante Switserland, Oostenryk, Tsjeggi\u00eb, Luxembourg en ander plekke wat op \u2018n verbysterende wyse daarin slaag om as lande te oorleef sonder seetoegang of \u2018n hawe. Luister jy na hierdie mense, moet mens eers die stuk grond en dan selfbeskikking kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">S\u00ea wie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Palestyne en Israel baklei donkiejare al oor grondgebied, maar nietemin het die Palestyne \u2018n groot mate van selfbeskikking en \u2018n eie owerheid, die PO. Die PO bestaan al is daar laslappies van Israel se nedersettings op die Wesoewer (die gewaande gebrek aan lewensvatbaarheid van laslappies is nog \u2018n gunstelingbeswaar.) Die Baske in Spanje geniet heelwat outonomiteit, maar Spanje se grondgebied is nie verdeel in twee afsonderlike lande nie. Die Duitse volk is nie \u2018n sinoniem vir die Duitse grondgebied nie. Die Afrikanervolk is ook nie noodwendig gebiedsgebonde nie. Daar bly immers sowat 150,000 jong Afrikaners op enige tydstip in Londen. Die Jode is stellig die beste voorbeeld van \u2018n volk wat dwarsoor die w\u00eareld versprei is, en tot 1948 toe geen grondgebied gehad het nie. Wat verhoed Afrikaners om \u2018n eie owerheid tot stand te bring? Beslis nie die huidige gebrek aan \u2018n grondgebied nie, behalwe natuurlik as iemand my wil vertel dat ons nie sulke goeie bestuurders as die Palestyne kan wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al is hy tans in die praktyk hoogstens louwarm teenoor die gedagte van selfbeskikking, bly die VF+ nietemin steeds \u2018n sleutelrolspeler in hierdie verband. Die VF+ se prestasie by die stembus is hoeka reeds op \u2018n afwaartse trajek. Vernuwing is duidelik nodig. Die beste stuurmanne staan mos altyd aan wal, maar as hierdie stuurman die VF+ van raad kon bedien, sou ek die volgende voorstel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">1. Beweeg weg van die gedagte van onmiddelike territoriale onafhanklikheid, en l\u00ea klem op selfbeskikking, in teenstelling met \u2018n eie land of \u2018n volkstaat as \u2018n mediumtermyndoelwit. Kry sodoende eindelik iets wat \u2018n differensiator is tussen die VF+ en die DA: waar die DA \u2018n multi-kulti ANC-lite is, hoort die VF+ na my mening sy naam gestand te doen en hom te beywer vir selfbeskikking, soortgelyk aan di\u00e9 wat die Baske en Katalane in Spanje geniet, of dan die PO.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">2. Die heel eerste stap in hierdie proses is die totstandkoming van \u2018n Afrikanerowerheid, \u2018n verkose liggaam wat onafhanklik van \u2018n politieke party staan, en wat ten doel het om van die regeringsfunksies wat die ANC regime in elk geval nie kan lewer nie, aan Afrikaners te verskaf. Veiligheid is die aangewese beginpunt.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">3. Drink maar die onaangename medisyne en stap af van die Orania \/ Noordkaapgedagte. Dis doodgebore en \u2018n albatros om die nek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">4. Maak \u2018n eie grondgebied of, na my mening, grondgebiede rondom Pretoria en in die Weskaap, die langtermyndoelwit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Beeld se peiling het getoon dat iets tussen 50% en 70% van Afrikanerkiesers reg is om die gedagte van selfbeskikking te steun. Die VF+ se stempersentasie is onder die 9%, wat beteken dat iets tussen 40 en 60% van die Afrikanerkiesers reg is om selfbeskikking te ondersteun, maar in weerwil daarvan vir \u2018n liberale re\u00ebnboognasieparty stem. Is dit net ek, of wink hier \u2018n gr\u00f3\u00f3t geleentheid vir die VF+?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees gerus ook Anton Barnard se woernaal, <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/\" target=\"_blank\">SAmizdat<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/9-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.2000.ua\/v-nomere\/aspekty\/ekspertiza_aspekty\/razvitie-harkova-pozitivnaja-dinamika.htm\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse dagblad Beeld het \u2018n peiling op sy webwerf gehou wat gevra het of sy lesers, wat byna almal Afrikaners is, \u2018n volkstaat sou steun. \u2018n Volslae meerderheid, 54%, het ges\u00ea ja. \u2018n Verdere 19% het ges\u00ea dit hang af. Sowat sewentig persent van Beeld se lesers sou die gedagte dus moontlik steun. Beeld &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7264\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Beeld se volkstaatpeiling: \u2018n geleentheid vir die VF+?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[768,3377,8291,8292,2228,4636,753,4633,4784,2224,4640],"class_list":["post-7264","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-afrikaner","tag-beeld","tag-beeld-se-volkstaatpeiling-n-geleentheid-vir-die-vf","tag-meningspeiling","tag-orania","tag-pieter-mulder","tag-pretoria","tag-self-determination","tag-selfbeskikking","tag-volkstaat","tag-vryheidsfront-plus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7264","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7264"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7264\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7264"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7264"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7264"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}