{"id":7262,"date":"2010-01-13T07:57:34","date_gmt":"2010-01-13T07:57:34","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7262"},"modified":"2010-01-13T07:57:34","modified_gmt":"2010-01-13T07:57:34","slug":"kabinda-se-impak-op-sa-se-sokkertoernooi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7262","title":{"rendered":"Kabinda se impak op SA se sokkertoernooi"},"content":{"rendered":"<p>Die bykanse histerie waarmee Suid-Afrika die brandende vure wil doodslaan na die aanval op die Togolese sokkerspan in Angola is te wagte.<\/p>\n<p>Terwyl daar op die vlakke van die Afrika-Unie, SAOG en interne politiek hard gewerk word aan \u2018n Afrika-identiteit en \u2013eenheid, kon Suid-Afrika nou nie gou genoeg spring om afstand tussen hom en Angola te plaas nie.<\/p>\n<p>Oor Suid-Afrika se jarelange versuim om \u2018n woord te rep oor die toestande wat tot die aanval aanleiding gegee het, en wat verhoudinge met die regering in Luanda sou versuur, word nou nie \u2018n woord gerep nie.<\/p>\n<p>Selfs die bewoording om nou afstand te plaas, is polities so korrek as moontlik en strek niks verder as georafiese afstand nie. Oor die kleptokratiese nepotisme in die Angolese regeringshuis wat die land se ontwikkeling so trem, word niks ges\u00ea nie.<\/p>\n<p>Kabinda is in verskeie opsigte \u2018n Angolese kolonie met groot oliebronne, wat deur die regering in Luanda effektief leeggesuig word.<\/p>\n<p>Terwyl daar oor jare hard gewerk is om Afrika as \u2018n groter eenheid in die o\u00eb van die w\u00eareld te skets, moet die uitve\u00ebrs nou oornag ingespan word om te keer dat di\u00e9 persepsie op die vooraand van Suid-Afrika se eie sokkerskouspel boemerang.<\/p>\n<p>Geopolitieke persepsies is agter nie al wat nou impak maak nie. Suid-Afrika moet nou die skade beperk teen die agtergrond dat die land die w\u00eareld se moord- en verkragtinghoofsetel is. Die aksie om hierdie persepsie hok te slaan is al amper net so duur soos die aksie om die misdaad self te probeer hokslaan. Nou het swak matriekuitslae boonop die persepsie kom voed van \u2018n land wat sukkel om doeltreffend regeer te word, en berigte oor gevaarlike slaggate in paaie, deel van die voorbereide vervoerinfrastruktuur vir die sokkerskouspel, voorblad op voorblad haal.<\/p>\n<p>Die kroning van Julius Malema as troonopvolger mag dalk as een persepsie in die Afrika-konteks beleef word, maar by die res van die w\u00eareld help voed dit die persepsie van \u2018n kontinent waar leiers soos Ghaddafi, Mugabe en Al-Basjir opgelewer en gekoester word. Trouens, Suid-Afrika skop nou viervoet vas om uitvoering te gee aan \u2018n tussenstaatlike ooreenkoms met Zimbabwe wat onder meer bepaal dat Suid-Afrikaanse boere se belange in Zimbabwe as deel van die ooreenkoms beskerm sal word. Die vyeblaar waaragter geskuil word is dat die Zimbabwiese parlement nog nie die ooreenkoms geratifiseer het nie. Dat die Crawford von Abo-saak \u2018n ander lig hierop werp en in ieder geval sonder die ooreenkoms of ratifikasie verpligtinge op die Suid-Afrikaanse regering plaas, word nou uit die openbare oog gehou.<\/p>\n<p>Die harde les is dat \u2018n land nie anargiste kan omarm sonder dat die beeld op hom self begin afvryf nie.<\/p>\n<p>Persepsies word nie oornag aan- en afgeskakel nie, en negatiewe persepsies word baie makliker geskep en gevoed as die positiewes.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/abrazivnyy_instrument_dlya_shinoremonta\/\">\u0430\u0431\u0440\u0430\u0437\u0438\u0432\u043d\u044b\u0439 \u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u0434\u043b\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.theinsider.ua\/rus\/politics\/54eb7edf432fb\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bykanse histerie waarmee Suid-Afrika die brandende vure wil doodslaan na die aanval op die Togolese sokkerspan in Angola is te wagte. Terwyl daar op die vlakke van die Afrika-Unie, SAOG en interne politiek hard gewerk word aan \u2018n Afrika-identiteit en \u2013eenheid, kon Suid-Afrika nou nie gou genoeg spring om afstand tussen hom en Angola &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7262\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kabinda se impak op SA se sokkertoernooi&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8126,8290],"class_list":["post-7262","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-sokker-2010","tag-togo-angola"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7262","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7262"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7262\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7262"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7262"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7262"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}