{"id":726,"date":"2007-08-07T11:06:02","date_gmt":"2007-08-07T11:06:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=726"},"modified":"2007-08-07T11:06:02","modified_gmt":"2007-08-07T11:06:02","slug":"ivoorkus-president-berispe-frankryk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=726","title":{"rendered":"Ivoorkus-president berispe Frankryk"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Die slinkse president het egter onlangs <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n paar suksesse behaal wat sy selfvertroue versterk het. Met die bemiddelingshulp van Blaise Compaor&eacute;, president van Burkina Faso, het hy vir Guillaume Soro, leier van die Forces Nouvelles-rebellemag, as eerste minister aangestel. In ruil moes die rebellemag ontwapen word, wat dan ook redelik vreedsaam verloop het. Hy het verder daarin geslaag om die land, wat in twee gedeel was tussen Gbagbo-ondersteuners en die rebelle in die noorde, simbolies te verenig. Hy het naamlik verlede week &rsquo;n versoeningseremonie in Bouak&eacute;, die rebelle se hoofstad, gere&euml;l wat hy self toegespreek het. Verder beplan hy om die uitgestelde presidensi&euml;le verkiesing voor Maart aanstaande jaar te laat plaasvind. Hy is vol vertroue dat hy herkies gaan word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gbagbo is egter die trotste op die feit dat hy weerstand gebied het teen die Ivoorkus se voormalige koloniale meester, Frankryk. Al het Frankryk se eertydse invloed in die land getaan, is Frankryk se optrede nog steeds &rsquo;n gewilde onderwerp van bespreking by plaaslike politici. <span style=\"color: black\">&ldquo;Die ergste is dat Chirac destyds met my gepraat het soos hy met <\/span>&rsquo;n gewone Franse staatsamptenaar sou praat! <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die eerste keer toe ek by die Elys&eacute;e ontvang is, het hy my as Laurent aangespreek. Ek dink hy het die verkeerde persoon of tydperk beetgehad,&rdquo; vertel Gbagbo verontwaardig.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; text-align: justify; line-height: 11.25pt; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #333333\">Die spanning tussen Gbagbo en Chirac het egter <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n gekompliseerde agtergrond. N&aacute; die dood van Houphou&euml;t-Boigny in 1993 het die Ivoorkus in &rsquo;n ekonomiese krisis verval en het konflik ontstaan tussen die Gbagbo-regering en die rebelle uit die noorde van die land. Gbagbo het die rebelle daarvan beskuldig dat hulle nie Ivoorkus-burgers was nie (die sogenaamde ivoirit&eacute;-kwessie) en Frankryk het di&eacute; geskil bestempel as die oorsaak van die land se probleme. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Ivoorkus-regering het naamlik voor die verkiesing van 2000 &rsquo;n wet ingestel wat vereis het dat beide ouers van presidensi&euml;le kandidate in die Ivoorkus gebore moes wees. Dit het daartoe gelei dat Alassane Ouattara, wat die noordelike deel van die land verteenwoordig het, gediskwalifiseer is. Die noorde bestaan meesal uit Moslems, meeste van hulle arm immigrante-werkers van Mali en Burkina Faso, wat op die koffie- en kakaoplantasies werk.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; text-align: justify; line-height: 11.25pt; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gbagbo, wat sy lewe in 2002 aan die Franse weermag te danke gehad het, kon nie eintlik teen Frankryk se <span style=\"color: black\">&ldquo;inmenging&ldquo; teenstribbel nie. Hy het dit as vernederend ervaar om gedwing te word om vredesamesprekings met die rebelle te voer wat tot die ooreenkomste van Marcoussis, Akkra en Pretoria &#8211; asook vele VN-resolusies &#8211; gelei het. Vir Gbagbo was dit alles tekens van onaanvaarbare neokolonialisme aan Frankryk se kant. <\/span><\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; text-align: justify; line-height: 11.25pt; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #333333\">Hy het selfs so ver gegaan om die Franse weermag, wat die buffersone tussen die noorde en die res van die Ivoorkus beman, daarvan te beskuldig dat hulle sy land verdeel het. In 2004 het vliegtuie van die Ivoorkus Franse troepe gebombardeer. Nege Franse soldate is in die aanval dood. Chirac het verontwaardig gereageer deur die Ivoorkus-vliegtuie te laat vernietig. Dit het tot gewelddadige anti-Franse aanvalle in Abidjan gelei. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: #333333\">Franse troepe was verplig om op die betogers te skiet. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">&ldquo;President Thabo Mbeki was op daardie stadium op besoek in die Ivoorkus. Hy was geskok. Dit het hom aan apartheid herinner,&ldquo; vertel Gbagbo.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; text-align: justify; line-height: 11.25pt; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Volgens Gbagbo is die oplossing eenvoudig. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">&ldquo;Frankryk moet ophou om Afrika soos kinders te&nbsp; behandel. Dis nou verby, die tydperk van Houphou&euml;t, Bongo of Eyadema! <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Frankryk kan nie meer van Afrika-staatshoofde ontslae raak van wie hy nie hou nie. State moet mekaar respekteer en Frankryk mag nie meer sy neus in die Ivoorkus se sake steek nie.&ldquo;<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" style=\"background: white none repeat scroll 0% 50%; text-align: justify; line-height: 11.25pt; -moz-background-clip: -moz-initial; -moz-background-origin: -moz-initial; -moz-background-inline-policy: -moz-initial\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Intussen het Gbagbo met <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n ambisieuse bouprojek in Yamoussoukro begin. Houphou&euml;t-Boigny het vroe&euml;r hier ongelooflike luukse geboue laat oprig, gevul met duur Franse meubels en omring deur riviere gevul met krokodille. Gbagbo wil vir homself &rsquo;n nuwe presidensi&euml;le woning laat oprig, asook &rsquo;n spoggerige parlementsgebou.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u043d\u0430 \u0434\u043e\u043c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\" style=\"text-align: justify; font-size: 10pt; font-family: Arial\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: right; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/gbagbo.JPG\" width=\"96\" height=\"139\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Laurent Gbagbo<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Laurent Gbagbo, president van die Ivoorkus, is oortuig daarvan dat hy Frankryk pas goed op sy plek gesit het. <span style=\"color: black\">&ldquo;Chirac en Villepin het die afgelope paar jaar net een ding voor o&euml; gehad, om van Gbagbo ontslae te raak,&ldquo; lag hy selfvoldaan. &ldquo;Hulle het dit nie eers probeer wegsteek nie. Maar vandag is hulle geskiedenis en ek is steeds hier.&rdquo;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Gbagbo is in 2000 tot president verkies. In September 2000 het hy tydens <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">&rsquo;n bloedige staatsgreeppoging <span style=\"color: black\">aan die dood ontkom toe hy deur lede van die Franse weermag gered is. <\/span><\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Sedertdien het hy jare lank die druk van die internasionale gemeenskap, om mag te deel met die rebelle in die noorde van die land, ge&iuml;gnoreer.<\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,781],"class_list":["post-726","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-voorkus-president-berispe-frankryk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/726","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=726"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/726\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=726"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=726"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=726"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}