{"id":7252,"date":"2010-01-13T05:44:26","date_gmt":"2010-01-13T05:44:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7252"},"modified":"2010-01-13T05:44:26","modified_gmt":"2010-01-13T05:44:26","slug":"meningsvryheid-getoets","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7252","title":{"rendered":"Meningsvryheid getoets"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Hofsaak wat volgende week in Nederland begin en die perke van spraak- en meningsuiting deeglik gaan beproef, is ook vir Suid-Afrika van belang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In hierdie hofsaak word die nuusmaker-parlementslid, Geert Wilders, van \u201chaatsaai\u201d en \u201cgroepsbelediging\u201d aangekla, wat in Nederland twee verskillende misdrywe is en vir beide kan \u2018n maksimum-vonnis van \u2018n jaar gevangenisstraf opgel\u00ea word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika sou dit waarskynlik klagtes van haatspraak en kriminele laster tot gevolg gehad het. Die app\u00e8lhof in Suid-Afrika het onlangs bevestig dat die klag van kriminele laster nie weens onbruik verval het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kruks van die saak is dat spraakvryheid en uitsdrukkingsvryheid nie onbegrens is nie, en afgesien van \u2018n rits sivielregtelike moeilikheid, nog vir \u2018n man \u2018n gesonde klomp strafregtelike moeilikheid op die hals kan haal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wilders se vervolging is ietwat ongewoon aangesien die vervolging nie deur die Openbare Ministerie, wat met ons Nasionale Vervolgingsgesag vergelyk kan word, ingestel is nie, maar deur die Amsterdamse Geregshof.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy teenspoed spruit uit uitsprake oor Moslems, die Islam en die Koran. Wat veral die rooi vlag vir die hof was, was \u2018n opmerking dat die Islam soos Nazisme is, en dat die Koran die Islam se Mein Kampf is omdat dit glo uitdelging voorstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verhoor moet nog plaasvind, maar tog het Suid-Afrikaners hierby \u2018n belang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die belang spruit nie soseer oor die gemeenskaplike Romeins-Hollandse regstelsel nie, maar \u2018n bepaling in die Suid-Afrikaanse grondwet dat by die uitleg van Handves van Menseregte, buitelandse regspraak in berekening gebring kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vind van die beperkings van regte soos die reg op vryheid van uitdrukking (art 16) is om verskeie redes nodig, soos dat een stel regte van een persoon kan bots met die grondwetlike regte wat \u2018n ander het. Terwyl die een dus \u2018n reg op uitdrukkingsvryheid het, het \u2018n ander die reg op waardigheid (art 10), privaatheid, geloofsvryheid en byvoorbeeld ook waar van toepassing, kinderregte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog \u2018n beperkende gronde is beperkings wat wetgewing daarop plaas, hoewel onderhewig aan voorwaardes dat die beperkings nie van so \u2018n aard mag wees dat dit die reg heeltemal vernietig nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kort en die lank is, iemand het nie maar net \u2018n vry s\u00ea oor \u2018n ander nie, en die tipe moeilikheid wat \u2018n mens jouself op die hals kan haal wissel van die aard, byvoorbeeld met mondelinge uitsprake iets soos crimen injuria, met iets op skrif (gepubliseer) kriminele laster, of op die sivielregtelike terrein, laster.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haatspraak dui eerder op die aantasting van \u2018n groep se waardigheid, en so is na \u2018n groot gesukkel daarin geslaag om die slagspreuk, Kill the Boer, kill the farmer, tot haatspraak te verklaar. Die handves van menseregte se hofies waaronder \u2018n mens die riglyne sal soek sluit in taal- en kulturele regte (art 30, saamgelees met art 31), en godsdiens (art 15). In die praktyk sal art 9 (3) waarskynlik, via die verbod op diskriminasie, kategorie\u00eb stel wat nie beledig mag word nie, en dit sluit kategorie\u00eb in soos ras, geslag, ori\u00ebntasie en gestremdheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om in die praktyk te demonstreer hoekom hierdie norme met effense juridiese akrobasie ter sake kom:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die regstreekse norme sonder konteks te gebruik, sou iemand byvoorbeeld gekrenk voel as iemand hom uitskel as: \u201cJou Afrikaner,\u201d of \u201cJou Christen.\u201d?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierteenoor is mens bykans gewaarborg om hewige reaksie te ontlok as iemand toegesnou word: \u201cJou k***r,\u201d \u201cjou vuil Boer,\u201d \u201cjou moffie\u201d of \u201cjou kruppelgat.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer die \u201cbedoelde\u201d kategorie\u00eb doelbewus beledig word, deur iets vulg\u00ears of onwaar by te voeg, kan godsdiensgroepe w\u00e9l as groep eksepsie neem, soos Moslems se besware by die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kulturele regte. Christengroepe se soortgelyke klagtes oor sake soos die onderstebo uitbeelding van die kruis in \u2018n bioskoopbekendstelling is egter nie deur die Kommissie hanteer nie. Volgens \u2018n joernalis wat dit ondersoek het, het die Kommissie in \u2018n stadium nog geen klag van Christengroepe hanteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die uitspraak in die Wilders-saak sal minstens beproefbare riglyne verskaf wat groepe hier kan gebruik om mense voor \u2018n soort strafhof te bring vir uitsprake soos di\u00e9 van Malema na Caster Semanye se terugkeer uit die buiteland.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">play casino online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/analiziruem-deklaratsiyu-o-dohodah-yuriya-danilchenko\/\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Hofsaak wat volgende week in Nederland begin en die perke van spraak- en meningsuiting deeglik gaan beproef, is ook vir Suid-Afrika van belang. In hierdie hofsaak word die nuusmaker-parlementslid, Geert Wilders, van \u201chaatsaai\u201d en \u201cgroepsbelediging\u201d aangekla, wat in Nederland twee verskillende misdrywe is en vir beide kan \u2018n maksimum-vonnis van \u2018n jaar gevangenisstraf opgel\u00ea &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7252\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meningsvryheid getoets&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[8277],"class_list":["post-7252","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-meningsvryheid-getoets"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7252","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7252"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7252\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7252"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7252"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7252"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}