{"id":7227,"date":"2010-01-11T07:39:11","date_gmt":"2010-01-11T07:39:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7227"},"modified":"2010-01-11T07:39:11","modified_gmt":"2010-01-11T07:39:11","slug":"die-fisiologie-van-versoening-vereis-veel-meer-as-simboliek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7227","title":{"rendered":"Die fisiologie van versoening vereis veel meer as simboliek"},"content":{"rendered":"<p>Die \u201cdebat\u201d oor die moontlikheid dat pres. Jacob Zuma dalk as \u201cversoeningsgebaar\u201d kwytskelding gaan gee aan Eugene de Kock laat die gemoedere in sommige geledere kook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Te midde hiervan meen Rapport se Jan-Jan Joubert die keuse van De Kock as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner is \u2018n mistasting van wie en wat die Afrikaner werklik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit bring wel \u2018n geldige saak na vore.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos enige volk met \u2018n gevestigde demokratiese tradisie sal daar geen uniformigheid by Afrikaners wees nie, ook nie wie sy helde sal wees nie. Dit is immers duidelik gedemonstreer toe \u2018n vrou die Universiteit van Stellenbosch oortuig het om \u2018n ere-doktorsgraad aan wyle Bram Fischer toe te ken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Bloemfontein staan die glaspaleis, hoofkwartier van die Mangaung-munisipaliteit, amptelik as die Bram Fischergebou bekend. By meer as een geleentheid is al uit ANC-geledere ges\u00ea dit bewys dat die ANC ook Afrikaners vereer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy inhuldigingstoespraak as nuwe rektor van die Vrystaatse Universiteit het prof. Jonathan Jansen ook Fischer se lofrede besing, vermoedelik om Afrikanersentimente te midde van veranderingspolitiek te paai.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pogings is ook aangewend om die lughawe by Kaapstad na Fischer te vernoem. Selfs Max du Preez se mees verbete pogings kon nie daarin slaag om van Fischer \u2018n Afrikaner-volksheld te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nog iemand wat graag vernoem en as sogenaamde bewys van versoening teenoor die Afrikaner genoem word, is wyle Beyers Naud\u00e9. Soos die terminaal siek Shabir Shaikh het sy familie ook die vorige bedeling oortuig dat Naud\u00e9 baie siek is, en nie lank het om te leef nie, en sy inperkingsbevel is opgehef. Naud\u00e9 was hierna nog lank aktief, soos met die Waarheids- en Versoeningskommissie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ko\u00f6ptering om Afrikanergesindhede jeens die ANC te swaai soos die opname van Marthinus van Schalkwyk, en nou soms sinies verwys na dr. Pieter Mulder, loop ook gereeld in wisselende mate deur. Sommiges tref \u2018n onderskeid tussen Mulder se ko\u00f6ptering en di\u00e9 van Van Schalkwyk onder meer omdat die landbou-bedryf na jare se bedenklike politieke bestuur gered moes word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Mulder se styl van adjunk-ministerskap staan ook in skrille kontras met \u2018n voorganger, Dirk du Toit, wat Afrikaners sterk teen die ANC help polariseer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is egter meer konkrete stappe wat die regering kan doen om versoening met die Afrikaner oor \u2018n bre\u00ebr front tasbaar gestalte te gee. Hieronder tel die behoorlike verskansing van taalregte, soos in die opvoeding op alle vlakke, die inneem en volhou van \u2018n standpunt wat geen twyfel by voornemende plaasaanvallers laat dat boere nie vry buit is nie, die opheffing van rasgebaseerde regstellende aksie &#8230;die lys is baie lank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Simboliese aksies kan soms nodig wees, maar sonder dat dit die kern van die probleem aanspreek beteken dit min, of kan selfs boemerang. Enige moontlike wins uit die simboliek sal in die wind verwaai solank as wat Julius Malema nie net toegelaat word om ongehinderd polariserende opmerkings te maak nie, maar dit ook nie gerepudieer word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die goeie hoofmanskap om saans by die vuurtjie van elke familie te gaan s\u00ea wat daardie familie wil hoor, werk nie met alle Suid-Afrikaanse gemeenskappe nie. Danksy die media weet die mense by een vuurtjie in elk geval wat vir die mense by \u2018n ander ges\u00ea word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Di\u00e9 praktyk is daarom net so onaanvaarbaar soos om tot die land se hoogste wetgewende liggaam verkies te word onder die vaandel van: \u201cOns sal jou stem wees,\u201d en dan na die verkiesing tjoepstil te bly.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u0439 \u0434\u043b\u044f karcher<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die \u201cdebat\u201d oor die moontlikheid dat pres. Jacob Zuma dalk as \u201cversoeningsgebaar\u201d kwytskelding gaan gee aan Eugene de Kock laat die gemoedere in sommige geledere kook. Te midde hiervan meen Rapport se Jan-Jan Joubert die keuse van De Kock as versoeningsgebaar teenoor die Afrikaner is \u2018n mistasting van wie en wat die Afrikaner werklik is. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7227\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die fisiologie van versoening vereis veel meer as simboliek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8248],"class_list":["post-7227","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-de-kock-kwytskelding"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7227"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7227\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}