{"id":7215,"date":"2010-01-08T06:21:12","date_gmt":"2010-01-08T06:21:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7215"},"modified":"2010-01-08T06:21:12","modified_gmt":"2010-01-08T06:21:12","slug":"n-broeiende-kruitvat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7215","title":{"rendered":"\u2018n Broeiende kruitvat"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/01\/zumaval.jpg\" border=\"0\" title=\"Zuma val agteroor, wit tekkies in die lug, tydens sy troue\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel die nuus nou eers na die Suid-Afrikaanse media begin deursyfer oor die eskalerende konflik in Suid-Soedan, is dit iets wat reeds die afgelope jaar opgebou het, en teen die middel van Desember was die jaar se dodetal reeds digby die 1 300. Ander stel die ongevalle op meer as 2 000. Om perspektief te gee: Suid-Afrika se moordsyfer is jaarliks in die orde van 20 000.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Soedan is die konflik aanvanklik afgemaak as onderlinge veediefstal tussen stamme terwyl daar \u2018n hongersnood begin ontwikkel, maar waar statte aangeval en hele gesinne uitgewis word is dit moeilik om dit bloot as onbenullige stam-onderonsies af te maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses is \u2018n kwartmiljoen mense ontwortel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ironie is dat die suide van Soedan sedert \u2018n taamlik suksesvolle verdrag sedert 2005 betreklike outonomie los van die Moslem noorde van die land beleef. Die suide het tradisioneel swaar deurgeloop in hierdie burgeroolog wat met tussenposes ongeveer \u2018n half eeu geduur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou word die geweld teen ander stamme skynbaar gewoon voortgesit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Teen die middel van verlede jaar is nog bespiegel dat buitelandse oliemaatskappye stilweg hoop die suide skei van die noorde af. Die suide het ryk oliebronne, en die noorde deel nie net daarin nie, maar bedrieg die suide boonop blykbaar met die verdeling van die inkomste. Met die suide wat nou in onderlinge stamtwiste betrokke is, raak die opsie van \u2018n onafhanklike suide onaptytliker.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vermoede bestaan juis dat die ontdekking van olie die dryfkrag agter die massamoorde in Darfoer, deel van die Moslem-noorde was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik is die werklike Soedannese tragedie dat bykans 2 000 mense kon omkom, en nog meer tydens die slagting ledemate verloor en ontwortel is, terwyl die w\u00eareld die stroom berigte uit die gebied ge\u00efgnoreer het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op 7 Januarie berig RSG in sy nasionale nuusdiens soos volg: \u201cMinstens 140 mense is dood en 90 gewond in die afgelope week in afgele\u00eb dele van Suid-Soedan. Die Verenigde Nasies s\u00ea gevegte, hoofsaaklik tussen strydende stamme, het sedert die begin van die jaar in die Warrap-omgewing plaasgevind. Berigte oor die gevegte het twee dae gelede eers aan die lig gekom, nadat VN- veiligheidsspanne per vliegtuig na die afgele\u00eb gebiede gereis het. &#8216;n Span van VN-vredesmagsoldate het per voertuig vertrek, om te probeer uitvind hoe die situasie op die grond ontvou.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit laat die vraag ontstaan oor hoeveel ander tragedies ter w\u00eareld plaasvind waarvan die w\u00eareld verkies om nie kennis te neem nie. Onlangs het oud-pres. Thabo Mbeki nog ges\u00ea daar was geen volksmoord in Darfoer nie, maar teen die agtergrond van sy nukkerige standpunt oor die oorsaak van MIV-Vigs, moet dit onthou word van wie dit kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die huidige president se aanstelling van Pieter Mulder as adjunkminister van landbou, is daar gehoop dat die kwessie van plaasmoorde meer prominensie sal haal, maar dit lyk helaas of Zuma se bedrywige persoonlike lewe sy aandag opeis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld neem hoegenaamd nie kennis van die persentasie-massamoord van Suid-Afrikaanse kommersi\u00eble boere nie. Die getalle wat in totaal vermoor word is baie ho\u00ebr as baie ander getalle wat sukkel om elders in die w\u00eareld die oog te tref. Persentasiegewys is dit skokkend. By tye werk dit uit op ongeveer 130 per 100 000 per jaar. Suid-Afrika se gemiddelde moordkoers is net minder as 40 per 100 000 per jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bruin mans in die Wes-Kaap, waar bende-oorlo\u00eb hoogty vier, se moordkoers van meer as 90 per 100 000 per jaar word as die hoogste ter w\u00eareld vir \u2018n identifiseerbare groep beskou, maar die aanslag op kommersi\u00eble boere en hul gesinslede is lankal by daardie kerf verby.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die buitensporigheid blyk daaruit dat die w\u00eareldgemiddeld 5 per 100 000 per jaar is, en di\u00e9 van Wes-Europa 1 per 100 000 per jaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Watter plaaskind slaap nog rustig?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/podbor-odezhdy-dlya-yahtininga\/\">\u043e\u0434\u0435\u0436\u0434\u0430 \u0434\u043b\u044f \u044f\u0445\u0442\u0441\u043c\u0435\u043d\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3876186\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u043e\u043c\u0430\u0442<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoewel die nuus nou eers na die Suid-Afrikaanse media begin deursyfer oor die eskalerende konflik in Suid-Soedan, is dit iets wat reeds die afgelope jaar opgebou het, en teen die middel van Desember was die jaar se dodetal reeds digby die 1 300. Ander stel die ongevalle op meer as 2 000. Om perspektief te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7215\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;\u2018n Broeiende kruitvat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7214,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[6336],"class_list":["post-7215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-plaasmoorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7215\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7214"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}