{"id":7213,"date":"2010-01-08T06:18:02","date_gmt":"2010-01-08T06:18:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7213"},"modified":"2010-01-08T06:18:02","modified_gmt":"2010-01-08T06:18:02","slug":"engeland-sonder-engelse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7213","title":{"rendered":"Engeland sonder Engelse"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het twee voorste Engelse sokkerspanne teen mekaar gespeel. Wat di\u00e9 wedstryd besonders gemaak het, is dat dit die eerste keer was dat beide spanne nie \u2018n enkele gebore Engelsman op die veld gehad het nie. Die spanne was Arsenal en Portsmouth. Arsenal het wel \u2018n Engelsman op die plaasvervangersbank gehad, Craig Eastmond, maar sy twee gereelde Engelse plaasvervangers, Wallcott en Gibbs, was beide beseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die probleem, is, verduidelik die BBC, dat daar nie genoeg goeie Engelse spelers is sodat almal kan h\u00ea nie, veral nie met die dat Chelsea en United \u201calmal\u201d het so snoep is en nie van sy rariteite wil verkwansel nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die oomblik speel Engeland kriekettoetse in Suid-Afrika, met drie gebore Suid-Afrikaners wat in sy toporde kolf. Een is boonop die huidige kaptein, en \u2018n ander was al kaptein. En hulle volg in die voetspore van ander gebore Suid-Afrikaners wat al Engeland aangevoer het \u2013 Tony Greig en Basil D\u2019Olivereira. Net om sake bietjie meer af te rond, Omar Henry het ook al die Skotte aangevoer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas is berig dat die All Black-losskakel, Carlos Spencer, die Lions (hoekom moet ons spanne hier Engelse name h\u00ea en dan teen die Britse en Ierse Leeus speel?) in die Super 14 beskikbaar gaan wees, terwyl die plaaslike losskakel van die Leeus weer vir die Western Force gaan uitdraf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onlangs het iemand, op die vooraand van \u2018n provinsiale rugbywedstryd, gaan koppe tel om te kyk hoeveel spelers van elke span het werklik bande met die spanne waarvoor hulle speel. Aan beide kante was dit \u2018n halwe handjievol.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word graag gespot oor besoekende spanne wat teen die Vrystaat kom speel, en die besoekers se spelers dan ewe gerieflik by hul ouerhuise tuisgaan. Die Cheetahs staan egter self agter die deur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geldrugby is \u2018n gegewe, en so ook die behoefte van spelers wat nog voel hulle het woema maar word stief deur die \u201ckeurders\u201d behandel, wat dan na die buiteland uitwyk om \u2018n behoorlike \u201cpensioen\u201d te gaan opbou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die proses is die toeskouers die verloorders. Saterdag na Saterdag word van hulle verwag om spanne wat eintlik grootliks uit huursoldate bestaan, aan te moedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dikwels is die spelers weinig meer as prima donnas. Om darem van \u2018n hoogs-betaalde speler te verwag om op Kimberley se harde veld \u2018n speler wat baie minder verdien te moet lak &#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tong in die kies is al voorgestel dat Suid-Afrikaanse spanne verplig word om kwotas eie spelers te gebruik. As elke span verplig word om minstens sewe spelers in te sluit wat darem minstens twee seisoene rugby, anders as vir die senior provinsiale span, in \u2018n bond te gespeel het, sal die Vrystaat darem kan aanspraak maak om die Vrystaat genoem te word, die WP die WP, en die Haaie iets wat met die kus verband hou. Plattelandse bonde kan as kwalifiserende hinterland aan die topbonde toegewys word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, eie talent sal beter bestuur word, want daar sal \u2018n aanvraag wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of Suid-Afrikaanse spanne dit nodig behoort te vind om buitelandse spelers in te sluit, is \u2018n ander vraag. Spelers van Namibi\u00eb is een saak, maar om Argentyne, Suidsee-eilanders, Franse of wat ook al in te voer, is \u2018n heel ander saak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of dit regtig onvermydelik is dat \u2018n Springbokspan in Engeland \u2018n \u201copwarmingswedstryd\u201d teen \u2018n klubspan gaan speel en hom dan vasloop in \u2018n oud-Springbokspan, is nog \u2018n vraag wat kopkrap verdien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar in die beroepsera dan geen ruimte vir minstens \u2018n element van tuisgemotiveeerdheid nie? Al is dit bloot terwille daarvan om die skare nie vir die gek te hou nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit nie bietjie laf as stringe WP-ondersteuners die lang pad aandurf om te kom kyk hoe \u201chul\u201d span teen die Vrystaat speel nie, maar van heelagter Frikkie Naud\u00e9 af via Dawie Snyman, Morn\u00e9 du Plessis, Theuns Stoffberg tot Henning van Aswegen is daar 13 spelers in die span wat Vrystaatse bande het nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Selfs die vermaarde dr. Danie Craven het uit die Vrystaat gekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hartseer is dat die WP ontsettend baie eie talent het. Toe Rassie Erasmus (ja, ook uit die Vrystaat) Kaap toe is om af te rig het hy hom voorgeneem om plaaslike talent te identifiseer en te ontwikkel. Met sy jaarlikse inkopielys lyk dit nie of dit werklik gebeur nie. Dit lyk of slegs \u2018n \u201ckwotastelsel\u201d sal verseker dat plaaslike talent in elke bond nie verlore sal gaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie faktore maak dat talent nie raakgesien word nie. So hoor die oom van \u2018n blink skolespeler hoe iemand vir \u2018n keurder s\u00ea hy moet tog di\u00e9 nefie dophou wat uithalerspel lewer. Maar hy hoor ook die keurder s\u00ea: \u201cMaar hy kom nie van Grey af nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Miskien het so iets \u2018n rol gespeel dat Morn\u00e9 Steyn nou vir die Bulle die Vrystaat so uitmekaar speel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of hy speel vir \u2018n kleiner skool uit sy beste posisie omdat die skool dalk nie \u2018n beter speler vir die posisie het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of hy pas nie in die afrigter se spelpatroon nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of sy beste posisie is dieselfde as die span se ras-kwotaspelers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is daar nog ruimte vir sportmansgees ook?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die Arsenal \u2013 Portsmouth-wekker herinner aan wyle oom Jurie se wysheid toe hy hoor die Britse Eilande is gedurende \u2018n swaar ystydperk weens die gewig van ys op die Noordpool onder die see uitgedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDis darem die slegste ding wat die ys nog onder die see uitgedruk het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar moenie wharrie nie, een van die dae is daar nie meer plek vir Engelse nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">casino slot<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/vlast\/13.09.2010\/a_filchakov_naznachen_prokurorom_dergachevskogo_rajona\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onlangs het twee voorste Engelse sokkerspanne teen mekaar gespeel. Wat di\u00e9 wedstryd besonders gemaak het, is dat dit die eerste keer was dat beide spanne nie \u2018n enkele gebore Engelsman op die veld gehad het nie. Die spanne was Arsenal en Portsmouth. Arsenal het wel \u2018n Engelsman op die plaasvervangersbank gehad, Craig Eastmond, maar sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7213\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Engeland sonder Engelse&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[125],"tags":[8230],"class_list":["post-7213","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c117-algemeen","tag-engeland-sonder-engelse"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7213","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7213"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7213\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7213"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7213"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7213"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}