{"id":7198,"date":"2010-01-07T06:09:00","date_gmt":"2010-01-07T06:09:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7198"},"modified":"2010-01-07T06:09:00","modified_gmt":"2010-01-07T06:09:00","slug":"afrikaans-kry-n-uitdrukking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7198","title":{"rendered":"Afrikaans kry \u2018n uitdrukking"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Tot onlangs het Ghanese in hul herinneringe aan hul koloniale verlede hoofsaaklik gedink aan die talryke skermutselings teen die Britse koloniale mag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Ghanese bestaan immers uit \u2018n aantal bekende stamme met \u2018n trotse koninklike geskiedenis en tradisies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hieronder tel die Ahanta-stamme wat meestal in \u2018n soort konfederasie verskeie konings saamgevoeg het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slegs vae volksverhaaltjies het na die koloniale tydperk voor die koms van die Britte verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Meer as 200 jaar voor die Britte Ghana beset het, en kort na Jan van Riebeeck \u2018n verversingspos aan die Kaap gestig het, het die Nederlandse Wes-Indiese Maatskappy in 1656 \u2018n ooreenkoms met die Ahanta gesluit. Die Nederlanders, wat egter al van 1642 in die gebied bedrywig was, het na die verdrag die Swede uit Butre geboender en hul hoofsetel hier gevestig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie verdrag het meer as 200 jaar \u2018n betreklike rustige verloop gehad, wat grootliks toe te skryf was daaraan dat die Nederlanders die inheemse koningkryke min of meer intakt gelaat het, en die verdrag min of meer hanteer het soos dit bedoel was \u2013 die skepping van \u2018n gebied waaroor Nederland slegs \u2018n protektoraat uitgeoefen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die verdrag het bestaan tot die gebied in 1872 Britse besit geword, en die koloniale karakter behoorlik ingetree het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tydperk van die Nederlanders was nie net maanskyn en rose nie, blyk dit nou uit geskrifte van Westers-opgeleide Ghanese. Hul meer kritiese gryp na die pen oor die pre-Britse tydperk is veral deur een insident aangevuur \u2013 die ontdekking van die kop van \u2018n Ahanta-koning in versterkwater by die Universiteit van Leiden. Die kop is in 2005 deur \u2018n Nederlandse navorser ontdek, en teen die tyd toe die kop verlede jaar formeel aan die Ahanta-koningshuis en die Ghanese regering besorg is, het baie water in die see geloop. In Ghana self het tradisionaliste en verwesterde Ghanese verskillend oor die sakie gevoel, terwyl die teruggawe van die kop van \u2018n Ahanta-koning aan lede van ander stamme \u2018n boodskap tuisgebring het dat die Ahanta as belangriker as hul stamme beskou word. Veral die trotse Ashanti het die saak as \u2018n klip in die maag beleef. Die Ashanti-ryk se geskiedenis is veel bekender as di\u00e9 van die Ahanta.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen is die geskiedenis min of meer gerekonstrueer oor hoe die kop in Nederland beland het.\u2018n Aantal Nederlanders (die getalle wissel van twee na agt) is op bevel van koning Badu Bonsu II doodgemaak. Afhangende van of die geskiedenis uit \u2018n Ghanese of Westerse hoek benader word  (die Ahanta beweer die groepe was op \u2018n gebruiklike uitstappie om jong manne as slawe en soldate vir die Nederlanders te vang) het die koning in gevolglike teenoptrede in die slag gebly. Volgens sommige bronne het hy gesneuwel, en volgens die ander en waarskynlik die mees geloofwaardige, is hy verhoor en opgehang. Sy kop is hierna afgesny, en na Nederland geneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika het moontlik ook \u2018n spreekwoord uit hierdie vervlo\u00eb geskiedenis opgedoen \u2013 dat daar dadels van iets kom.In 1818 sterf die destydse Nederlandse goewerneur, Herman Willem Daendels (met wisselvorm Daedels) in die Nederlanders se destydse Ghanese hoofsetel, St. George d&#8217;Elmina. Wikepedia beskryf sy sterfte as die onvervulling van sy Ghanese ambisies, wat baie groot planne ingesluit het.Die malaria wat daartoe gelei het dat van sy Ghanese ideale dadels gekom het, was egter nie al geleentheid waar sy drome nie in vervulling gegaan het nie. Ook van sy senior posisie as soldaat aan die kant van Napoleon se Bataafse besettingsmagte het nie veel gekom nie, en sy tydperk hierna as goewerneur-generaal in Batavia het ook min blywende prestasies opgelewer.Dit is juis sy heerskappy in Batavia waar die uitdrukking, dadels van kom, waarskynlik sy ontstaan het en in die Kaap neerslag gevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naas Java was die kleiner eiland, Madura (Madoera), \u2018n baie belangrike deel van die Nederlandse Oos-Indiese besittings. Madura weer, staan ook bekend as die eiland van \u201cKomen en Gaan,\u201d wat betreklik onlangs weer lewe ingeblaas is deur die verskyning van \u2018n Nederlandse boek met di\u00e9 naam, en wat oor die eiland handel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die benaming kom egter uit \u2018n veel ouer era, toe talle Indonesiese eilande, waaronder Madura, deel was van die ryk van Koeblai Kahn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Destyds moes senior amptenare wat na die eilandbesittings gestuur word en herroep word, van die beskikbaarheid van gewone handelskepe gebruik maak. So het dit nie net gebeur dat selfs die goewerneurs voortdurend \u201cgekomen en gegaan\u201d het nie, maar dat die kolonies selfs baie agteruitgegaan het in die langdurige afwesigheid van goewerneurs en hul administrasies. Madoera in die besonder is baie erg geraak deur hierdie \u201ckomen en gaan\u201d van goewerneurs.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel min bronne na die uitdrukking van \u201cDaendels van Komen en Gaan\u201d verwys, kom dit tog voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Koppel hieraan Wikepedia se beskrywing na afloop van die Ghanese hoofstuk: \u201cEventually none of the plans came to fruition\u201d dan is dit moontlik dat Daendels wel \u2018n blywende indruk op Afrikaans gelaat het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die Kaap het skynbaar juis \u2018n persepsie bestaan dat Daendels nie besonder bekwaam was nie. Die laaste Nederlandse goewerneur aan die Kaap, Jan Willem Jansens, het vir Daendels as goewerneur-generaal van Batavia opgevolg, en tussen di\u00e9 twee was sake nie baie gemoedelik nie. Daendels het probeer wal gooi dat Jansens hom opvolg, maar hiervan het dadels gekom. Toe was Jansens weer erg krities in sy verslae oor sy voorganger \u2013 blykbaar onnodig krities.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die uitleg hierbo voldoende bewys dat ons \u201cdadels van kom\u201d met Deandels of sy wisselvorm Daedels verband hou, is ongelukkig moeilik om te bewys. Miskien moet die romantiek behou word soos wat Jan Rabie bewys het sy dorp, Onrus, se naam kom van \u2018n eiland in die baai van Batavia, wat deel van die \u201cOnrust Eilande\u201d uitgemaak het, met \u2018n melaatse kolonie op een daarvan. Onrus het ook eens \u2018n kolonie vir melaatses gehuisves.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Objektief is dit geen bewys nie, maar dit is so \u2018n mooi storie, \u2018n mens kan dit maar gerus glo.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430 \u043e\u0442 \u0444\u0438\u0437\u043a\u0443\u043b\u044c\u0442\u0443\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tot onlangs het Ghanese in hul herinneringe aan hul koloniale verlede hoofsaaklik gedink aan die talryke skermutselings teen die Britse koloniale mag. Die Ghanese bestaan immers uit \u2018n aantal bekende stamme met \u2018n trotse koninklike geskiedenis en tradisies. Hieronder tel die Ahanta-stamme wat meestal in \u2018n soort konfederasie verskeie konings saamgevoeg het. Slegs vae volksverhaaltjies &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7198\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afrikaans kry \u2018n uitdrukking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[124],"tags":[8217],"class_list":["post-7198","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c116-geskiedenis","tag-jan-van-riebeeck-ghana-dadels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7198","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7198"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7198\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7198"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7198"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7198"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}