{"id":7195,"date":"2010-01-07T05:58:45","date_gmt":"2010-01-07T05:58:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7195"},"modified":"2010-01-07T05:58:45","modified_gmt":"2010-01-07T05:58:45","slug":"herrie-se-kerrie-afrikaners-gn-negatiefdie-bewyse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7195","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Afrikaners g\u2019n negatief&#8230;die bewyse"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/herriekerrie_100_100.jpg\" border=\"0\" width=\"100\" height=\"100\" \/>So aan die begin van die jaar wil-wil mense weer mismoedig word, en plek-plek is bure vir mekaar suur. Soos waar die een se feestelike klappers die ander se boerboel die vreeslikste vrese op die lyf laat loop het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By oupa Nic op die plaas het die oujaarsaand-joligheid \u2018n paar nuwejaarsongevalle met messteke opgelewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar is Suid-Afrikaners werklik so uniek op die negatiewe ingestel?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan tik nou die woordjie \u201chumor\u201d in Google in. Dit lewer amper 100 miljoen trefslae op. Sommiges in Afrikaans en sommige in Nederlands en \u2018n klompie in \u2018n onbekenderige taal, Engels.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neem nou Engels en kies die woord \u201cangry\u201d as \u2018n nuttige teenoorgestelde vir humor. So onbekend soos Engels ook al mag wees, dit lewer vier keer soveel trefslae as \u201chumor\u201d op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie is skoon ontGoogled.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om te wys Afrikaners is baie minder negatief, gaan tik nou \u201ckwaad\u201d in Google in. Dit lewer minder as drie miljoen trefslae op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Mens hoef nie eens \u2018n FF in Suid-Afrika se matriekwiskunde te h\u00ea nie om te weet dit maak Afrikaners baie minder negatief as die Engelse.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Afrikaners is mos plesierig,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan hou hulle \u2018n opskop<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vry en steek \u2018n stywe dop,<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En raak dan vreeslik rumoerig &#8230;of so iets gaan die liedjie mos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar om wetenskaplik suiwer te wees en die hipotese mooi van teorie (want dit werk nie in die praktyk nie) na wetmatigheid te neem, kom ons doen nog \u2018n wetenskaplike toets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tik in: \u201cbraaf.\u201d Dit het een en \u2018n half miljoen trefslae. Tik in \u201cvreesbevange\u201d en \u2018n mens kry maar 22 000.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gaan tik \u201cbrave\u201d in en dit lewer 42 miljoen op, maar gaan tik die Engels vir vreesbevange in, \u201cbang\u201d (uitspraak b\u00eang) en dit lewer meer as \u2018n 100 miljoen trefslae op.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So het Herrie te ene male bewys die Afrikaners is vroliker as wat hulle suurknolle is, en dapperder as wat hulle lafhartig is, terwyl by die Souties die omgekeerde geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slim ding di\u00e9, die rekenaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So lank mens jou rekenaarterminologie net goed onder die knie het, soos om te weet \u2018n megabite beteken die muskiete is vanjaar groot, download beteken die afleweraars het die voggies vir die naweek se braai gebring, en off line beteken die boerboel het die nat biltong en dro\u00ebwors op die draad bygekom.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free bets no deposit required casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>So aan die begin van die jaar wil-wil mense weer mismoedig word, en plek-plek is bure vir mekaar suur. Soos waar die een se feestelike klappers die ander se boerboel die vreeslikste vrese op die lyf laat loop het. By oupa Nic op die plaas het die oujaarsaand-joligheid \u2018n paar nuwejaarsongevalle met messteke opgelewer. Maar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7195\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Herrie se kerrie: Afrikaners g\u2019n negatief&#8230;die bewyse&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7002,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[],"class_list":["post-7195","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7195\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7002"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}