{"id":7182,"date":"2010-01-06T06:21:45","date_gmt":"2010-01-06T06:21:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7182"},"modified":"2010-01-06T06:21:45","modified_gmt":"2010-01-06T06:21:45","slug":"inligting-en-die-stryd-teen-terreur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7182","title":{"rendered":"Inligting en die stryd teen terreur"},"content":{"rendered":"<p>Twee berigte vanoggend in die Nederlandse koerant, Trouw, en \u2018n artikel in Volksblad op dieselfde dag, trek vroeg in die nuwe jaar die fokus op iets wat die w\u00eareld skynbaar nie afgeskud kry nie \u2013 internasionale terreur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar internasionale terreur in die laat 20ste eeu \u2018n allegaartjie van harde Marxiste, ideologiese idealiste met \u2018n stywe kwota anargisme, bedorwe rykmanskinders en \u2018n diep verankerde Midde-Oosterse geweldsresep was, het die huidige vlaag \u2018n meer uniforme ondertoon \u2013 \u2018n Islamitiese fundamentalisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waar klein groepies soos die Baader-Meinhoffs, die Japannese Rooi Le\u00ebr, die Tupamore\u2019s, Monenero\u2019s, verskeie Palestynse groepe, die Ierse Republikeinse Le\u00ebr en veral Inla, die Baskiese ETA en die Italiaanse Rooi Brigades die verbaasde w\u00eareld laat wonder oor waar die volgende aanslag gaan plaasvind, en die Armeense groep ASALA kort-kort \u2018n asembenewende aksie uitgevoer het, het hulle min in gemeen gehad behalwe dat hulle oor landsgrense heen saamgewerk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vandag oorheers Osama bin Laden se Al Ka\u00efda die toneel en talle organisasies wat ook die aandag trek, soos die Boko Karam, Sjabaab en ander word ook met Al Ka\u00efda geassosieer. Hul neste strek van Somali\u00eb na Nigeri\u00eb na Jemen en verskeie ander lande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Baskiese groep, Eta, het nog nie heeltemal sy terreur links laat l\u00ea nie soos verlede jaar se reeks aanvalle tydens di\u00e9 organisasie se 50ste bestaansjaar getuig. Ander terreurgroepe wat die nuus haal, dikwels weens hul aanvalle op joernaliste, soos di\u00e9 in Meksiko, Colombia en Venezuela word meestal na dwelmkartelle herlei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die ou generasie plaag het terroriste waarskynlik veel meer reaksie ontlok as wat hul werklike operasionele vermo\u00ebns op die oog af vereis, maar weens hul gewetenloosheid, soos aanvalle op passasiersvliegtuie, moes state noodgedwonge reuse uitgawes aangaan om veiligheidsmaatre\u00ebls en veral inligtingstelsels tot stand te bring. In die proses moes selfs ernstig ingekort word op juis die waardes van vryheid wat die geteikende lande so verdedig het, soos persvryheid. Die VSA en Brittanje, wat ten nouste by die oorlog teen terreur betrek word, deel die 20ste posisie op die persvryheidsindeks, terwyl lande soos Finland en Noorwe\u00eb wat nie betrokke is nie, die eerste plek deel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die huidige aanslag verg ongelukkig ook ingrypende maatre\u00ebls wat burgers van baie veronderstelde vryhede stroop. Die skandeerders wat nou benodig word om die nuwe generasie plofstof op te spoor wat terroriste aan boord van vliegtuie probeer smokkel, is omstrede, en word selfs as strydig met wetgewing teen kinderpornografie vergelyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanoggend word berig dat een van die terroriste wat in verband met die Twin Tower-aanval in 2001 aangekeer is, se lewenslange gevangenisstraf deur \u2018n hof bekragtig is. Zacarias Moussaoui, die sogenaamde 20ste terroris, het sy saak probeer heropen deur sy aanvanklike bekentenisse terug te trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op dieselfde dag berig Trouw egter ook dat die Amerikaanse dinkskrum, Center for a New American Security, in \u2018n verslag verdoemend bevind oor hoe swak die Amerikaanse inligtingsdiens, of soos dit deesdae in Suid-Afrika genoem word, intelligensiediens, se inligting oor Afganistan is. Die verslag het \u2018n week na \u2018n selfmoordbomaanslag deur \u2018n dubbele spioen op \u2018n CIA-basis verskyn. Agt mense het in die aanslag omgekom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens die sentrum kan die CIA nie genoegsame intelligensie versamel om die Amerikaanse president en bevelvoerders in staat te stel om behoorlike ingeligte besluite te neem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe objektief die sentrum is, is onmoontlik om te bepaal, maar onderstreep nogtans \u2018n waarheid: Om internasionale terreur doeltreffend operasioneel te kan hokslaan, moet uiters doeltreffende intelligensie beskikbaar wees. Die alternatief is om elke denkbare teiken te probeer beskerm, iets wat haas onbegonne is gegewe die uitgerekte tuisfront wat aangeval kan word.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/instawowphoto.net\/en\/blog\/3tips-start-instagram-business\">to start<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee berigte vanoggend in die Nederlandse koerant, Trouw, en \u2018n artikel in Volksblad op dieselfde dag, trek vroeg in die nuwe jaar die fokus op iets wat die w\u00eareld skynbaar nie afgeskud kry nie \u2013 internasionale terreur. Waar internasionale terreur in die laat 20ste eeu \u2018n allegaartjie van harde Marxiste, ideologiese idealiste met \u2018n stywe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Inligting en die stryd teen terreur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[8202,8203],"class_list":["post-7182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-internasionale-terreur","tag-islamitiese-fundamentalisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}