{"id":7161,"date":"2010-01-04T08:03:51","date_gmt":"2010-01-04T08:03:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7161"},"modified":"2010-01-04T08:03:51","modified_gmt":"2010-01-04T08:03:51","slug":"dekade-van-vrees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7161","title":{"rendered":"Dekade van vrees?"},"content":{"rendered":"<p>Enkele maande voor die Britse Premier, die Arbeider, Gordon Brown, \u2018n algemene verkiesing moet afkondig wat hy bykans vir seker teen die Konserwatiewe Party gaan verloor, spreek hy die moontlikheid uit dat terreur dalk van die komende dekade een van vrees kan maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die aankeer van \u2018n Nigeri\u00ebr aan boord van \u2018n vlug van Amsterdam na Detroit, toe hy besig was om \u2018n ploftoestel te laat ontplof, dui daarop dat dit nie bloot klimaatskepping met die oog op die verkiesing is nie. Die Nigeri\u00ebr het bande met Al Ka\u00efda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie insident plaas ook vir die pasverkose Amerikaanse president en voortydige Nobel-vredespryswenner, Barack Obama, voor \u2018n morele krisis. Obama het die sluiting van die Amerikaanse basis in Guantanombaai in Kuba, waar die Amerikaanse owerhede weens \u2018n tegniese leemte in hul grondwet terroriste en verdagtes kan aanhou sonder die normale regte waarop Amerikaanse aangehoudenes geregtig is, as verkiesingsvoorneme gebruik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou plaas die realiteit Obama in \u2018n hoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Moderne tegnologie dra daartoe by dat internasionale terreur nie maklik vasgevat kan word nie. Nie alleen het moderne tegnologie die w\u00eareld as\u2019t ware laat krimp nie, dit vergemaklik kommunikasie tussen terreurselle en hul ideologiese hinterland. Met die jongste insident is groepe in Yemen en Somali\u00eb minstens verbaal betrokke. Geld kan oor die w\u00eareld van rekenings en hande verwissel. Terreurgroepe span gereeld die moderne tegnologie in om die klimaat van vrees wat hulle skep na die w\u00eareld te kommunikeer. Die TV word die tuisteater waar miljarde kykers oor die hele w\u00eareld kan sien hoe hulle enige tyd die volgende \u201cakteurs\u201d van die \u201copvoering\u201d kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dieselfde tegnologie maak die monitor hiervan moontlik. Doeltreffende teenoptrede word egter bemoeilik deurdat baie van die lande wat geteiken word, grondwette het wat aan die terroriste soveel regte gee dat hulle effektief ideologiese \u201cno go\u201d -areas skep waar hulle in relatiewe veiligheid hul aksies kan beplan en orkestreer. So word die tuisfront wat verdedig moet word bykans oneindig lank gerek, en word dit bykans onmoontlik gemaak om die hele front ondeurdringbaar goed te verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So lank onskuldige mense die teikens van terreuraanvalle bly, so lank sal die w\u00eareld in \u2018n greep van vrees vasgevang wees, en so lank sal die dryfkrag teenwoordig wees om terreurbeplanning deur enige maatre\u00ebl denkbaar te bekamp \u2013 al druis van die metodes regstreeks in teen die waardes wat die Weste probeer beskerm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit kos slegs \u2018n oomblik se oog van die bal afhaal om vir die aftakelingsmagte \u2018n sagte teiken te skep. Suid-Afrika beleef dit telkemale, soos die prys wat betaal moet word wanneer ondeurdagte besluite deurgevoer word soos die onttrekking van die weermag van die landsgrense, die opskorting van kommando\u2019s en die afskaffing van spesialiseenhede. Elke keer was daar teoreties \u2018n alternatief op die tafel, maar tussen die ongetoetste teorie en die harde praktyk hou die pap aan op die grond val, en onskuldige mense soos boere en hul gesinslede wat in plaasaanvalle sterf, is die slagoffers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Obama het sy vredesprys gekry en di\u00e9 spektakel so waardig as moontlik hanteer, maar die lakmoestoets bly steeds hoe hy die vrede in die praktyk gaan wen. Gordon Brown moet waak daarteen om nie twee vlie\u00eb met een klap te probeer slaan deur die dreigement van terreur subtiel in te span om die Britte tot versigtigheid tot \u2018n demokratiese verandering van bewindhebbende party te beweeg nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hier te lande moet gewaak word dat \u2018n keiser wat bruilof op bruilof vier, nie die oog van die bal van ander sake wat om uitvoering (of soos dit gestel word, \u201cdelivery\u201d) roep te haal nie. Op RSG se program, Kommentaar, is gisteraand in die 2010-vooruitskouing skeptisisme uitgespreek dat die ANC in die praktyk van sy kader-ontplooiingsbeleid sal afsien, met die gevolg dat gebrekkige dienslewering en korrupsie uiters moeilik hokgeslaan sal kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal nie die eerste keer wees dat \u2018n land, met \u2018n regeringsleier met \u2018n kop vol muisneste, in die Rubicon vasval nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/ik_sushki\/\">\u0438\u043a \u0441\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mykharkov.info\/news-companies\/furshety-s-klassom-udobno-raznoobrazno-i-dostupno-78181.html\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enkele maande voor die Britse Premier, die Arbeider, Gordon Brown, \u2018n algemene verkiesing moet afkondig wat hy bykans vir seker teen die Konserwatiewe Party gaan verloor, spreek hy die moontlikheid uit dat terreur dalk van die komende dekade een van vrees kan maak. Die aankeer van \u2018n Nigeri\u00ebr aan boord van \u2018n vlug van Amsterdam &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7161\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dekade van vrees?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-7161","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7161","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7161"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7161\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7161"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7161"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7161"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}