{"id":715,"date":"2007-08-02T10:35:46","date_gmt":"2007-08-02T10:35:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=715"},"modified":"2014-12-10T17:04:20","modified_gmt":"2014-12-10T15:04:20","slug":"die-weste-faal-in-irak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=715","title":{"rendered":"Die Weste faal in Irak"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">Mnr Scheuer beweer dat die Weste eerstens nie genoeg troepe na Irak gestuur het nie, en tweedens dat daar \u2018n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se uiteindelike doelwitte en griewe.\u00a0 Dit is verrassend dat die honderdduisende troepe en miljarde rande se toerusting, kundigheid en ander hulp, wat die Amerikaners na Irak gestuur het, skynbaar nie as genoeg beskou word nie.\u00a0 Die VSA, wat die rykste en enigste hipermoontheid\u00a0 is, is sover dit hulle weermag betref, beter en vollediger toegerus as enige ander land ter w\u00eareld, sommer verreweg.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Ten spyte hiervan, is dit duidelik dat die Amerikaanse leer dun versprei is oor Irak, en dat hulle toenemend uitgeput word deur die aanhoudende en suksesvolle aanvalle deur insypelaars en Al Kaida-vegters.\u00a0 Dit is nog steeds, in ons moderne w\u00eareld, merkwaardig hoe die wilskrag om te veg die kern van oorlogvoering is.\u00a0 \u2018n Soldaat mag die beste wapens besit, met die beste opleiding, maar as duidelike doelwitte ontbreek, en as die wilskrag om te veg ondermyn word, kan selfs so \u2018n soldaat verslaan word.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Mnr Scheuer se tweede opmerking dat daar \u2018n fundamentele misverstand in die Weste heers oor Islam se griewe, word dikwels geopper en berus op twee aannames.\u00a0 Die eerste is dat die Weste in die Midde-Ooste betrokke is met die uitsluitlike doel om olie te bekom.\u00a0 In di\u00e9 opsig is olie van fundamentele belang in Westerse ekonomie\u00eb en \u2018n onderbreking in die verskaffing van olie kan vinnig tot \u2018n rampspoedige ekonomiese depressie lei met erge gevolge ook in Suid Afrika en ander onbetrokke lande.\u00a0 Daar is ook toenemend tekens dat olievelde in ander w\u00earelddele uitgeput word (olieproduksie in die Noordsee en uit Meksiko se groot Canterella-veld is vinnig besig om te verminder). Dit maak die olie-velde in Irak en Saudie-Arabi\u00eb nog belangriker in die Westerse ekonomie\u00eb en regverdig die direkte inmenging van die Weste in die Midde-Ooste.\u00a0 Die tweede aanname oor Islam se griewe is dat die historiese Westerse ondersteuning van Israel die Islamitiese lande van die Weste vervreem.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Intussen word meer en meer verwyte in die Amerikaanse senaat oor-en-weer geslinger oor \u201cwho lost Iraq?\u201d en is president Bush besig om in \u2018n ge\u00efsoleerde figuur wat nogtans dapper voortmarsjeer na \u2018n onbereikbare doel te verander.\u00a0 Die politieke konsensus onder Demokrate in die VSA, en nou ook toenemend onder Republikeine, is dat Irak nie gered kan word nie, dat die oorlog \u2018n flater was, en dat die onttrekking van Amerikaanse troepe \u2018n voldwonge feit is. Indien nie nou nie, dan definitief onder \u2018n nuwe president wat Bush sal opvolg (dit begin toenemend lyk asof Hillary Clinton en Barak Obama die volgende president en vise-president gaan wees).<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Dus, die VSA en die Weste, gaan die oorlog in Irak verloor in die sin dat voorwaardes waarop \u2018n oorwinningsaanspraak gemaak kon word, nooit geskep is nie.\u00a0 Intussen sleep die oorlog in Afghanistan ook voort, teen \u2018n laer intensiteit as in Irak.\u00a0 Dit is egter nou duidelik dat Westerse pogings om die Taliban omver te werp en om \u2018n pro-Westerse regering in Afghanistan aan bewind te plaas net kan kan werk met aanhoudende en direkte milit\u00eare inmenging.\u00a0 Die aanwesigheid van Westerse (Christen) troepe in Islamitiese lande radikaliseer mense in die lande, en ook in nabye kernmoonthede soos Pakistan, met die gevolg dat die troepe teikens word vir insypelaars vanuit beide Afghanistan en Pakistan.\u00a0 Soos in Irak ontbreek duidelike voorwaardes om te wen, en die gevolgtrekking deur Mnr Scheuer is dat oorwinning ontmoontlik is binne die een of twee jaar voordat troeponttrekkings onvermydelik word.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Die merkwaardige feit rondom artikels in Westerse koerante oor die oorlog in Irak en in Afghanistan is die mate van ontkenning dat die gebeure op 11 September 2001 die onderliggende rede was wat uiteindelik Westerse troepe na Irak en Afghanistan sou stuur.\u00a0 <em>The Age<\/em> verwys nie eers na 07\/11 nie, en n\u00f2g Mnr Schreuer n\u00f2g die koerant verbind die VSA of Australi\u00eb se milit\u00eare avonture in die Islamitiese w\u00eareld met aanvalle in Bali of in New York, of in London, of in Madrid.\u00a0 Die aanvalle in Madrid met Spanje se vinnige ontrekking uit Irak daarna, het aan Al Kaida bewys dat die Weste nie \u2018n lang oorlog kan veg nie, ten minste nie effektief nie, en dat die psigologiese verwydering tussen 07\/11 en Irak besig is om die Westerse oorlogspoging te ondermyn.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Derhalwe die onlangse belangrike opmerking deur die Amerikaanse bevelvoerder, generaal Petreaus, dat dit dekades geneem het om die insurgensie in Noord-Ierland te oorkom.\u00a0 Vir die oorlo\u00eb in Irak en in Afghanistan is daar nie dekades tyd nie \u2013 demografiese verandering in di\u00e9 lande, en die onvermo\u00eb van Westerse demokrasie\u00eb om beginselvas te veg, maak dit onmoontlik.\u00a0 Dus die gevolgtrekking deur Mnr Schreuer dat die oorlog reeds verlore is.<\/div>\n<div align=\"justify\"><\/div>\n<div align=\"justify\">Die interessantste feit egter, is dat Mnr Schreuer die idee dat Islam op \u2018n veroweringstog is om die Weste uiteindelik te domineer, of heeltemal ignoreer, of nie as belangrik ag nie.\u00a0 Dit blyk instede dat hy die oorlogsteater net tot die Midde-Ooste beperk, en die Weste steeds as onaantasbaar beskou.\u00a0 Oor hierdie beskouing sal die geskiedenis nog \u2018n beslissing lewer.\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/plastyri_diagonalnye\/\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u043f\u043b\u0430\u0441\u0442\u044b\u0440\u0438 \u0434\u0438\u0430\u0433\u043e\u043d\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><em><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburgsw.JPG\" width=\"97\" height=\"136\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>The Age<\/em>, &lsquo;n Australiese koerant, publiseer onlangs&rsquo;n onderhoud met Michael Scheuer, voorheen &lsquo;n lid van die CIA, die Verenigde State se geheime diens. Onder die titel &ldquo;West will fail, says ex-CIA operative&rdquo; (The Age, 11 July 2007) verduidelik Mnr Scheuer waarom die Weste se milit&ecirc;re avonture in&nbsp; Irak en in Afghanistan uiteindelik onsuksesvol sal wees.<\/p>\n<p align=\"justify\">Mnr Scheuer se idees is nie verrassend nie. Dit is taamlik lankal duidelik dat die Westerse Koalisie vasgeval het in beide Irak en Afghanistan, en dat hulle toenemend sukkel om toestande af te dwing wat aansprake op oorwinning regverdig.&nbsp; Inteendeel, Al Kaida-vegters (of -terroriste, soos hulle in die Westerse pers genoem word) en hulle bondgenote wat eerder vir politieke as religieuse redes veg, is te gewillig om te veg en te sterf, en ontneem sodoende die Koalisie van &lsquo;n oorwinning.&nbsp; Ten spyte van die onlangse &ldquo;surge&rdquo; of intensivering waarmee die Verenigde State 30,000 addisionele troepe Irak toe gestuur het om onluste en insypeling onder bedwang te hou, duur geweld onverpoos voort, en is Amerikaners tuis besig om teen die oorlog te draai.<\/p>\n","protected":false},"author":15,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44],"tags":[232,773,21092],"class_list":["post-715","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c25-buks-van-rensburg","tag-buks-van-rensburg","tag-die-weste-faal-in-irak","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/15"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/715\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}