{"id":7147,"date":"2009-12-31T16:33:10","date_gmt":"2009-12-31T16:33:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7147"},"modified":"2009-12-31T16:33:10","modified_gmt":"2009-12-31T16:33:10","slug":"herrie-se-kerrie-van-zuma-en-somme-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7147","title":{"rendered":"Herrie se kerrie: Van Zuma en somme maak"},"content":{"rendered":"<p>Dit is maar goed dat Herrie se deel van die brein wat met somme en wiskunde werk, die algemene Suid-Afrikaanse tendens van ontbrekende syfervaardigheid voorafgegaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dus kan, en hoef Herrie hom nie te verknies oor die numeriese sm\u00easj van wat gebeur as tradisie en gelyke regte in Suid-Afrika mekaar ontmoet nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Natuurlik verwys Herrie na die prez se wedertroue. Sy vyfde.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In alle billikheid, as Herrie se optel- en aftreksomme klop, is dit nou eintlik sy derde vrou, nadat een oorlede is, en dr. Nkosazana hom \u201cgefire\u201d het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar drie, meen Herrie, kan \u2018n handvol wees as gelyke regte ter sprake kom. Veral vroueregte, wat, as Herrie miesies Gouws en ander feministe reg verstaan, beteken vroue het eers gelyke regte met mans as hulle meer gelyk as mans is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit, volgens Herrie se bedenklike syfervaardigheid, beteken dat elkeen van Zuma se vroue (soos die gesin na Nuwejaar daaruit gaan sien) op vier mans geregtig sal wees om gelyke regte met die prez te geniet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As Herrie se sommetjie reg uitwerk is dit \u2018n totaal van veertien ouers in die gesin (Klein Herrie s\u00ea dis naby genoeg, Herrie is net een uit). Die lollery kom in, meen Herrie, as elkeen van die mans weer op nog twee bykomende vroue geregtig is, en di\u00e9 weer op nog drie bykomende mans. Ad infinitum.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie is al lankal haaks met die Vrystaatse Rugby-unie en ander instellings wat in Engels \u201cSeason tickets for the family\u201d en in Afrikaans \u201cSeisoenkaartjies vir die familie\u201d verkwansel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Synde die Cheetahs tradisioneel net die helfte van die \u201cseisoen\u201d speel, is kaartjies eintlik tot verhouding duur. Maar toe die Cheetahs met \u201cseisoenkaartjies vir die familie\u201d kom het dit darem na \u2018n winskopie gelyk. Herrie het een aangeskaf, maar by die hek, toe Herrie met sy kroos, sy neefs met hul krose, en \u2018n paar kleinneefs met hul krose opdaag beduie die rugby-unie hulle het eintlik \u201cseisoenkaartjies vir die gesin\u201d bedoel. \u2018n Cheetah in die sak gekoop, as\u2019t ware.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Herrie sal graag wil sien wat die VRU maak as die prez en sy \u201cfamily\u201d met so \u2018n seisoenkaartjie \u201cfor the family\u201d opdaag, veral na die vroue hul gelyke vroueregte opge\u00ebis het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens tradisie het \u2018n man, as hy na \u2018n termyn op die myn by sy tuisstat in die Transkei aankom, eers \u2018n ent weg gaan sit en wag tot hy \u2018n beeswagter of iemand kry, wat vooruit kan gaan om sy mense van sy aankoms te verwittig. Dis nou goeie maniere om nie die vrou in \u2018n ongene\u00eb situasie aan te tref nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Herrie weet eerlik nie of dieselfde tradisie in Zoeloeland geld nie, maar Herrie kry vreemde visies in sy kop as hy moet dink aan hoe gemaak met die heli-landsplek wat in die stat gemaak is, en nie \u2018n ent weg soos wat tradisie dit vereis nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Herrie se geestesoog sien hy \u2018n vreeslike geskarrel as die heli skielik oor die horison verskyn en so onbedag naby sy bestemming gaan sit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Herrie kan om de dood nie dink wat die geskarrel sou veroorsaak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar eintlik is die hele relaas en gewonder onnodig, want Herrie kan mos nie somme maak nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mositaldent.ru\">mositaldent<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is maar goed dat Herrie se deel van die brein wat met somme en wiskunde werk, die algemene Suid-Afrikaanse tendens van ontbrekende syfervaardigheid voorafgegaan het. Dus kan, en hoef Herrie hom nie te verknies oor die numeriese sm\u00easj van wat gebeur as tradisie en gelyke regte in Suid-Afrika mekaar ontmoet nie. Natuurlik verwys Herrie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134],"tags":[8017],"class_list":["post-7147","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c126-algemeen","tag-herrie-se-kerrie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7147","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7147"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7147\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7147"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7147"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7147"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}