{"id":7133,"date":"2009-12-30T07:31:31","date_gmt":"2009-12-30T07:31:31","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7133"},"modified":"2009-12-30T07:31:31","modified_gmt":"2009-12-30T07:31:31","slug":"padslagting","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7133","title":{"rendered":"Padslagting"},"content":{"rendered":"<p>{jathumbnail off}<img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/misdaad.jpg\" border=\"0\" title=\"Misdaadsyfer per 100 000\" width=\"555\" height=\"198\" \/><\/p>\n<p>Die persepsie bestaan dikwels dat padslagtings iets is wat tot die Kers- en Paastydperke beperk is. Sedert die begin van Desember vanjaar is byvoorbeeld reeds meer as 900 mense op die land se paaie dood. Dit lyk asof die sterftesyfer ho\u00ebr as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die perspektief verander egter wanneer die nasionale departement van Vervoer daarop wys dat daar vanjaar reeds meer as 14 000 mense op die land se paaie dood is. Dit is aansienlik meer as gemiddeld \u2018n duisend per maand.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kommer vergroot as die departement s\u00ea 90 % van die sterftes voorkom kon gewees het, en dat faktore soos inhaal teen blinde hoogtes, spoed en dronkbestuur belangrike voorkombare faktore is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is ook kommerwekkend dat lande met ho\u00ebr bevolkingsdigthede as Suid-Afrika tot verhouding veel minder ongelukke oplewer. Beter padtoestande en minder onpadwaardige voertuie speel stellig \u2018n rol wanneer Suid-Afrika met lande soos Belgi\u00eb vergelyk word, maar dat \u2018n groot deel van die verskil verder aan ho\u00eb spoed, gevaarlike bestuurspraktyke en dronkenskap toegeskryf moet word, is ongelukkig ook so. Die meer as 3 000 mense wat sedert begin Desember vir dronkbestuur aangekeer, en meer as 280 000 wat vir spoed gevang is, onderstreep die stelling.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Departement van Vervoer wys nou ook tereg daarop dat motoriste moet kennis neem dat die probleem oor die hele jaar strek. Die talle mense wat met vakansie gaan laat noodwendig die gedagte ontstaan dat padsterftes \u2018n seisoenale karakter het. Dit word verskerp deur verskerpte bewusmakingsveldtogte soos die Kom Veilig Daar-veldtog, en veldtogte van die bloeddiens om genoeg bloed te bekom. Die bloeddiens se probleem is egter meer een van gereelde skenkers wat weg is met vakansie as \u2018n verhoogde aanvraag. Voor elektroniese nuus so vrylik beskikbaar was soos vandag, was gereelde verkeers- en bloedtekort-verslae belangrike krukke om joernaliste aan diens deur die komkommertyd te help.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrikaners is oor die algemeen familievas, maar families bly dikwels ver van mekaar. Wanneer daar \u2018n wegbreekkans is, moet dikwels lang afstande afgel\u00ea word. Met padwerke, kruiende motoriste wat duidelik nie wettige rybewyse het nie en padvrag wat eintlik op die spoor hoort wat vreet aan kosbare tyd, is ongeduld \u2018n immer teenwoordige ongewenste reisgenoot.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die besluit om te jaag, om gevaarlik verby te steek of besope te bestuur is egter in die finale instansie die keuse van die persoon wat agter die stuurwiel inskuif. As hy dan nie vir sy eie lewe omgee nie, ag minstens die lewe van ander, of die wesies wie se ouers onskuldig in padongelukke sterf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die SAPD se misdaadstatistieke toon verder dat daar in sommige provinsies, soos die Vrystaat, Mpumalanga en veral Limpopo ruim ruimte vir verskerpte wetstoepassing vir dronkbestuur is. Dat die land se gemiddelde aankeersyfer vir dronkbestuur 115 per 100 000 per jaar is, maar di\u00e9 vir Limpopo 31,5 skree luid dat iets nie pluis is nie. Die Vrystaat, \u2018n deurryprovinsie, se syfer van 57, klop ook nie met die deurryrers se provinsies van bestemming of herkoms nie &#8211;  124,6 in Gauteng, 135,7 in die Oos-Kaap en 242 in die Wes-Kaap. Die provinsies met die lae aankeersyfers se moordsyfers uitgedruk per 100 000 is \u201ctoevallig\u201d ook ho\u00ebr as hul padsterftesyfers \u2013 en in baie moordgevalle speel drank juis \u2018n rol.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die ideaal is dat mense se opvoeding en hul respek vir ander lewens groter verantwoordelikheid tot gevolg sal h\u00ea, en dat opvoedkundige veldtogte belangrik is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot so iets die gewenste effek het, lyk dit ongelukkig of verskerpte wetstoepassing die enigste opsie is \u2013 dwarsdeur die jaar.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/tekhno_vektor_5_stendy_s_infrakrasnoy_svyazyu\/\">\u0432\u043e\u0440\u043e\u043d\u0435\u0436 \u0442\u0435\u0445\u043d\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62483-pochemu-stoit-hodit-v-priemnye-harkovskih-deputatov-realnaya-istoriya.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>{jathumbnail off} Die persepsie bestaan dikwels dat padslagtings iets is wat tot die Kers- en Paastydperke beperk is. Sedert die begin van Desember vanjaar is byvoorbeeld reeds meer as 900 mense op die land se paaie dood. Dit lyk asof die sterftesyfer ho\u00ebr as die ooreenstemmende tydperk verlede jaar sal wees. Die perspektief verander egter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7133\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Padslagting&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7132,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-7133","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7133"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7133\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7132"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}