{"id":7131,"date":"2009-12-30T06:02:13","date_gmt":"2009-12-30T06:02:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7131"},"modified":"2009-12-30T06:02:13","modified_gmt":"2009-12-30T06:02:13","slug":"afrikaners-behoef-n-politieke-ommekeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7131","title":{"rendered":"Afrikaners behoef \u2019n politieke ommekeer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" border=\"0\" \/>In voorafgaande artikels in die <a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480.html\">Geskiedenisafdeling<\/a> van di\u00e9 webwerf is gepoog om kortliks (ja, baie kortliks!) en oorsigtelik na politieke tendense te kyk binne vier periodes:<\/p>\n<ul>\n<li><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6762-die-politieke-toneel-voor-1910.html\">voor 1910<\/a><\/li>\n<li><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6785-politieke-leierskap-van-die-generaals-tussen-1910-en-1948.html\">tussen 1910 en 1948<\/a><\/li>\n<li><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6796-politieke-ontwaking-tussen-1948-en-1966.html\">tussen 1948 en 1966<\/a><\/li>\n<li><a href=\"http:\/\/www.praag.co.za\/feuilleton-magazine-386\/geskiedenis-magazine-480\/6850-np-magspolitiek-eers-en-daarna-boedeloorgawe-tussen-1966-tot-1993.html\">tussen 1966 tot 1993<\/a><\/li>\n<\/ul>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die indruk kan nie ontsnap word nie dat, met hier en daar \u2018n suiwer uitsondering (dr. D.F. Malan en dr. H.F. Verwoerd), daar deurlopend gebrekkige leierskap voorgekom het. Generaal Louis Botha, generaal Jan Smuts en F.W. de Klerk val in die kategorie van meelopers met die Afrikaner se tradisionele vyande.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die konflik tussen Afrikaner en Engelsman is in die demokratiese politiek sedert 1948 binne die konteks van Afrikanerregerings versus die Engelse opposisiepartye en pro-Britse pers volgehou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Engelse anneksasie van Natal en die Kaap asook die twee Vryheidsoorlo\u00eb is \u2018n tragedie wat moeilik uitgewis kan word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tewens, die Engelse politiek, meer as enige iets anders, het die stryd teen sg. \u201c<em>apartheid<\/em>\u201d ge\u00efnternasionaliseer. Dit is die Engelse sakesektor wat die oorsaak is dat die Verwoerdiaanse ekonomiese beleid van grensnywerheidsontwikkeling en op die agentskapsbasis in die tradisionele swart tuislande misluk het. Ook die onbeheersde instroming van swartes na die vier provinsies, in die soeke na werk, is die resultaat van \u2018n Engelse ekonomiese beleid. Insgelyks was die verabsolutering van die Engelse Westminsterstelsel die groot dryfveer agter die revolusion\u00eare politiek van die swart bevrydingsorganisasies. Daar kan vandag gekonstateer word dat die ANC die Engelse koloniale politiek van die groot imperialiste \u2013 Cecil John Rhodes en andere &#8211; waarmaak. Vandaar die beroepsdiskriminasie teen Afrikaners, die onsimpatieke verandering in die name van historiese dorpe, geboue en straatname, asook die verengelsing van die onderwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">By terugskoue moes die Suid-Afrikaanse politiek totaal anders ontplooi het. Die tendens van groter afstand tussen SA (die Afrikaner) en die Britse Gemenebes (die Engelse politiek) moes regdeur gehandhaaf gebly het. Groter kontak moes bewerkstellig met Nederland en Duitsland gewees het. Vandag in die jaar 2010 het die Britse invloed in die internasionale politiek dermate getaan dat SA se betrokkenheid by die Britse Gemenebes \u2018n holle gebaar is. Tans is Duitsland een van die sterkste lande van die Europese Unie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Rhodesiese Engelse het tot \u2018n groot mate hulle gat gegrawe. Jan Smuts het gedurende sy regeringstyd gepoog om Suid-Rhodesi\u00eb by SA te laat aansluit. \u2018n Referendum is gehou, maar die kortsigtige Engelse het oorwegend gestem om nie deel van SA te word nie. Hulle redes was grootliks die teenwoordigheid van Afrikaners in die Republiek!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die daadwerklike optrede van Ian Smith om met Brittanje te breek en UDI (<em>Unilateral <\/em><em>Declaration of Independence<\/em>) uit te roep, was egter \u2018n heldedaad. Die feit dat SA vir Ian Smith in die steek gelaat het, was \u2018n daad van verraad. \u2018n Alliansie tussen SA en Rhodesi\u00eb, met al die opofferinge wat dit sou vra, sou die regionale geskiedenis anders geskryf het as wat tans die geval is. By terugskoue het Robert Mugabe die ontwikkeling van Zimbabwe dermate geknak dat dit dekades sal neem om te herstel \u2013 indien ooit!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die fout met die hantering van Rhodesi\u00eb (onder Vorster en Pik Botha) is in die hantering van SWA (onder P.W. Botha en Pik Botha) herhaal. Namibi\u00eb is in die hande van SWAPO se Nujoma oorgegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Alliansie tussen SA, Rhodesi\u00eb en Suidwes-Afrika kon die Suider-Afrikaanse politiek op \u2018n totaal nuwe model en rigting laat ontplooi het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die feit dat die onafhanklikheid van die TBVC-state deur F.W. de Klerk (weer met die steun van Pik Botha) opgehef is, was die grootste daad van lafhartigheid denkbaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em> \u2018n Alliansie tussen Verwoerd se SA, Ian Smith se Rhodesi\u00eb, dr. Savimbi se Angola, Lukas Mangope se Bophuthatswana en ander goedgesinde swart leiers in die TBVC-state kon \u2018n Suider-Afrikaanse konfederale regstaat tot stand gebring het, wat tot se\u00ebn vir Afrika en vir die Europese gemeenskap sou gewees het. <\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer ons fokus op die politieke geskiedenis van SA moet ons ruiterlik erken dat ons \u201cleiers\u201d ons in die afgrond in bestuur het. Daar was en is nog steeds \u2018n kortsigtige politiek onder ons waarneembaar. Wat in die omstandighede nodig is, is om \u2018n nuwe kader leiers behoorlik op te lei. Dit is dus nog nie te laat om \u2018n ander koers in te slaan nie. Maar, dan sal die rigting duidelik uitgespel moet word en \u2018n strategie uitgewerk moet word om dit waar te maak. Dit is nooit te laat om \u2018n politieke ommekeer te maak nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/osushiteli-f3832103\/\">\u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0445\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/varta.kharkov.ua\/blogs\/kasyanenko\/1116800\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0456\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In voorafgaande artikels in die Geskiedenisafdeling van di\u00e9 webwerf is gepoog om kortliks (ja, baie kortliks!) en oorsigtelik na politieke tendense te kyk binne vier periodes: voor 1910 tussen 1910 en 1948 tussen 1948 en 1966 tussen 1966 tot 1993 Die indruk kan nie ontsnap word nie dat, met hier en daar \u2018n suiwer uitsondering [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[8155,5631,8156,4906,7121,8157,7721,21092],"class_list":["post-7131","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-afrikaners-behoef-n-politieke-ommekeer","tag-fw-de-klerk","tag-hf-verwoerd","tag-jan-smuts","tag-leierskap","tag-louis-botha","tag-pw-botha","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7131","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7131"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7131\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7131"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7131"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7131"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}