{"id":7111,"date":"2009-12-29T07:08:12","date_gmt":"2009-12-29T07:08:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7111"},"modified":"2009-12-29T07:08:12","modified_gmt":"2009-12-29T07:08:12","slug":"wit-stem-verblyf-op-tafelberg-geweier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7111","title":{"rendered":"&#8216;Wit&#8217; stem verblyf op Tafelberg geweier"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die burgerregte inisiatief AfriForum het pas \u0149 klag van rassediskriminasie namens twee studente \u2013 Etienne en Stiaan Terblanche \u2013 by die Menseregtekommissie (MRK) teen die Tafelberg Nasionale Park ingedien, nadat di\u00e9 twee studente verblyf by die People\u2019s Trail Hut geweier is omdat hulle wit is.  AfriForum sal ook die saak na die Gelykheidshof neem, sou die MRK nie die saak met die nodige erns hanteer nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die studente, wat tydens \u0149 staptog op Tafelberg op die People\u2019s Trail Hut afgekom het, het die telefoonnommer wat op die hut se deur staan, geskakel om te verneem of hulle die hut vir \u0149 nag kon bespreek.  Hulle is toe telefonies meegedeel dat die hut slegs deur \u201cswartmense\u201d gebruik mag word en nie vir \u201cwitmense\u201d is nie.  Die student wat geskakel het, se stem is as maatstaf gebruik om hom telefonies as \u201cwit\u201d te klassifiseer.  Die People\u2019s Trail Hut  word teen \u0149 daaglikse tarief van R30 per persoon beskikbaar gestel, terwyl ander oornagfasiliteite op die berg R800 per persoon kos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit kommerwekkend dat die staat se rasbeheptheid nou selfs uiting begin vind in studenteverblyf by \u0149 nasionale bate soos Tafelberg, wat veronderstel is om aan almal in die land te behoort.  \u201cJongmense, wat eers tydens die nuwe bedeling met hulle skoolloopbane begin het, word in effek nou selfs op Tafelberg weens hulle velkleur soos tweederangse burgers behandel,\u201d het Kriel bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kriel het daarop gewys dat dit \u0149 mistasting sou wees om die rassediskriminasie teen \u201cwit\u201d studente te probeer regverdig deur die geykte argument dat dit \u0149 poging is om ongelykhede uit te wis en Tafelberg se toeganklikheid vir almal te verhoog.  \u201cGeen ongelykhede word met die rasvoorskrifte op Tafelberg uitgewis nie, aangesien \u0149 \u201cswart\u201d miljoen\u00ear se kinders nou van die studenteverblyf gebruik kan maak, terwyl behoeftige studente uit ander gemeenskappe geweier word,\u201d het Kriel ges\u00ea.  \u201cDie uitwissing van ongelykhede het volgens Kriel ongelukkig nou \u0149 dekmantel geword om \u0149 rasse-ideologie te bevorder.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">AfriForum wil toesien dat Tafelberg werklik toeganklik vir almal word en doen daarom aan die hand dat inkomstevlak \u0149 beter maatstaf as ras is om te bepaal wie vir goedkoper verblyf op Tafelberg moet kwalifiseer.  \u0149 Groot deel van die mense wat dan voordeel trek, sal waarskynlik steeds \u201cswart\u201d wees, maar volgens Kriel sal hulle voordeel trek op grond van behoefte en nie hulle ras nie, terwyl armes uit ander gemeenskappe nie uitgesluit sal word nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ukladka-parketa.com\">\u043f\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/62776-interesnye-fakty-o-yurii-danilchenko.html\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0456\u0439 \u0425\u0430\u0440\u043a\u0456\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die burgerregte inisiatief AfriForum het pas \u0149 klag van rassediskriminasie namens twee studente \u2013 Etienne en Stiaan Terblanche \u2013 by die Menseregtekommissie (MRK) teen die Tafelberg Nasionale Park ingedien, nadat di\u00e9 twee studente verblyf by die People\u2019s Trail Hut geweier is omdat hulle wit is. AfriForum sal ook die saak na die Gelykheidshof neem, sou &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7111\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Wit&#8217; stem verblyf op Tafelberg geweier&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[8143],"class_list":["post-7111","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-blankes-op-tafelberg-geweier"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7111","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7111"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7111\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7111"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7111"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7111"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}