{"id":7103,"date":"2009-12-24T08:35:46","date_gmt":"2009-12-24T08:35:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7103"},"modified":"2009-12-24T08:35:46","modified_gmt":"2009-12-24T08:35:46","slug":"eie-norme-en-basta-met-die-wereld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7103","title":{"rendered":"Eie norme, en basta met die w\u00eareld"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Te midde van \u2018n resessie is Suid-Afrikaners deur verskeie vorme van belasting ingebind by die grootste sportskouspel wat die land waarskynlik in \u2018n geruime tyd sal aanbied.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die 2010- Fifa-w\u00eareldbeker-eindtoernooi is veel, veel groter as die rugby- en krieketbekertoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het. Dit beteken ook dat die w \u00eareld se o\u00eb soos selde op Suid-Afrika gevestig sal wees. Die Suid-Afrikaanse regering verwag van honderde duisende mense om groot geld hier te kom spandeer, en baie van die voornemende besoekers verwag van Suid-Afrika om hulle in \u2018n omgewing met aanvaarbare norme te ontvang. Die feit dat Suid-Afrika onlangs die status van die w\u00eareld se moordhoofsetel by sy reeds verworwe status as verkragtinghoofsetel gevoeg het, tel nie onder die verwagtinge nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Groot beplanning word gedoen en talle maatre\u00ebls word getref. Of dit genoegsaam is om \u2018n verrotte kultuur om te keer, is iets wat nog gesien moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rissiepit, Rhoda Kadalie, klim egter onder die ANC in weens die skynbare sorgeloosheid waarmee die regering homself na die buiteland projekteer. In die mees onlangse Brandpunt in Media 24 skryf sy onder meer: \u201cNie pligsversuim, kleptomanie, internasionale verleentheid of menseslagting is \u2018n diskwalifikasie vir \u2018n staatsbegrafnis nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Volksblad se hoofartikel daarnaas vanoggend word in soortgelyke terme oor die Shaik-verleentheid berig. In hierdie geval l\u00ea hef aan met verleenthede skynbaar nog voor as die CDA reg is dat die ligte vingerraps wat Shaik weens parooloortredings gekry het, bloot \u2018n voorspel tot volkome kwytskelding is. Die groot verleentheid is, volgens die CDA, daarin gele\u00eb dat Shaik se kwytskelding sal kom van dieselfde man wat volgens die hofuitspraak, in \u2018n algemeen korrupte verhouding met hom betrokke was \u2013 pres. Jacob Zuma self. Die vraag word selfs gevra of so iets grondwetlik kan wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Baie gereeld word di\u00e9 tipe vreemde optredes as deel van Afrikaan wees verduidelik. Die sogenaamde Afrika-kultuur, so lui die argument, regverdig die verleenthede, en basta met die res van die w\u00eareld waar glo ander norme sou geld.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volkekundiges, of te wel meer polities korrek, kulturele antropolo\u00eb, wys egter daarop dat dit wat as Afrikanisties opgedis word, karikature is van werklike tradisies en eerder dui op \u2018n kultuur in transito waar die verswakte norme genoeg elemente van kulturele verval en selfs anti-kultuur oplewer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kadali neem bloot kortpad, en maak die eenvoudige stelling dat die ANC die kuns vervolmaak het van die goddelike reg om te regeer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of soos iemand anders dit gestel het: \u201cDie ANC het nie korrupsie uitgedink nie, net vervolmaak.\u201d\u00a0 Te veel eietydse Mandaryne word deur die opposisie en media met hul lang vingers in die koekieblik uitgevang en straffeloos toegelaat om soos konings te leef om \u2018n skeptiese publiek anders te oortuig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, al word nuwe norme geskep wat vir die res van die w\u00eareld onaanvaarbaar of minstens onaptytlik is, en al word dit skaamteloos onder die Weste se neuse gevryf, word daar nie geskroom om bakhand af te sit Kopenhagen toe en dikbek met net \u2018n half vol beursie terug te keer nie. Trouens, dit was bietjie meer as net bakhand \u2013 \u2018n bietjie van as ons nie genoeg aalmoese kry nie sal ons voortgaan om die planeet te besoedel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Trouens, Suid-Afrika behoort van beter te weet as om hom kolletief bakhand by Afrika as geheel te voeg. Suid-Afrika is terde\u00eb bewus daarvan dat die buitew\u00eareld, en in besonder die Europese Unie, sekere Afrikalande as korrupte of disfunksionele state geklassifiseer het en dat hulpfondse nie na daardie lande, soos Zimbabwe, se staatskas gekanaliseer word nie, maar na nie-regeringsorganisasies. En al pas Suid-Afrika sogenaamde Afrikanorme op lande soos Zimbabwe toe, die skenkerlande doen dit nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/pnevmoinstrument\/\">\u0440\u0443\u0447\u043d\u043e\u0439 \u043f\u043d\u0435\u0432\u043c\u043e\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Te midde van \u2018n resessie is Suid-Afrikaners deur verskeie vorme van belasting ingebind by die grootste sportskouspel wat die land waarskynlik in \u2018n geruime tyd sal aanbied. Die 2010- Fifa-w\u00eareldbeker-eindtoernooi is veel, veel groter as die rugby- en krieketbekertoernooie saam wat Suid-Afrika reeds aangebied het. Dit beteken ook dat die w \u00eareld se o\u00eb soos &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7103\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eie norme, en basta met die w\u00eareld&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[142],"tags":[4112,8124,8125,8127,8128,8126,2251],"class_list":["post-7103","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c141-herman-toerien","tag-afrika","tag-eie-norme","tag-en-basta-met-die-wereld","tag-rhoda-kadalie","tag-skenkerlande","tag-sokker-2010","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7103","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7103"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7103\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7103"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7103"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7103"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}