{"id":7098,"date":"2009-12-24T06:07:59","date_gmt":"2009-12-24T06:07:59","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7098"},"modified":"2009-12-24T06:07:59","modified_gmt":"2009-12-24T06:07:59","slug":"swart-kerskous-vir-wit-werknemers-by-enb","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7098","title":{"rendered":"Swart Kerskous vir wit werknemers by ENB"},"content":{"rendered":"<p>Die vakbond Solidariteit het vandag met \u0149 reuse internetveldtog begin waardeur ENB-kli\u00ebnte gemobiliseer word om druk op die bank te plaas nadat die bank besluit het wit werknemers kan nie kwalifiseer vir beurse vir hulle kinders nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf ENB dat indien werknemers finansieel sukkel met die eise van ho\u00eb studiekoste, daar goeie nuus is. Volgens die skrywe is ENB daartoe verbind om opleiding vir almal te verseker en as deel van die inisiatief bied hulle finansi\u00eble steun aan swart werknemers, met inbegrip van Afrikane, Indi\u00ebrs, Kleurlinge en Chinese, wat minder as R100 000 per jaar verdien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWittes is dus nie deel van \u201calmal\u201d nie. Wit werknemers wat swaarky en minder as R100 000 verdien, word eenvoudig uitgesluit suiwer op grond van hulle ras. Dit is seker die onsensitiefste Kersgeskenk wat \u0149 werkgewer aan \u0149 seker deel van sy werknemers kan gee. Die wit werknemers by ENB ontvang \u0149 swart Kerskous wat hulle nie mag oopmaak nie, want hulle is nie swart nie,\u201d het Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit, ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lede van die publiek kan direk by ENB kla deur middel van die webbladsy www.solidariteit.co.za. Op die webbladsy kan webgebruikers ook deel word van \u0149 Facebook-aksie teen ENB. Blogs is gister teen ENB begin en video\u2019s teen ENB is op www.stube.co.za asook YouTube gepubliseer. Die veldtog met die naam \u201cKerskouse vir almal\u201d skop vandag af en sal in 2010 voortgesit word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons beroep tot kli\u00ebnte van ENB en die publiek is om met \u0149 veldtog teen die bank voort te gaan totdat die rassekriteria uit die beurstoekenning gehaal word. Die fokus van ENB se Werknemersondersteuningstrust is om kinders van werknemers op prim\u00eare skoolvlak tot graad sewe te help. \u201cKlein kindertjies op laerskoolvlak word dus die slagoffers van diskriminerende praktyke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op grond van watter morele argument kan ENB argumenteer dat \u0149 graadeentjie van \u0149 ouer wat minder as R100 000 verdien steeds \u0149 bevoordeelde uit apartheid is? ENB het geen morele argument nie, maar bloot \u0149 rasse-argument,\u201d het Hermann ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cENB-kli\u00ebnte en alle Suid-Afrikaners moet opstaan teen hierdie harde rassestandpunt. Indien enige werknemer minder as R100 000 verdien, is dit byna onmoontlik vir daardie gesin om vir hul kinders se studies te betaal. Die regte benadering sou wees om almal wat minder as R100 000 verdien te laat kwalifiseer vir studiehulp. Die meerderheid van die ENB-werknemers wat minder as R100 000 verdien, is swart, maar jy kan nie die wit werknemers uitsluit nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die klag wat Solidariteit van \u0149 werknemer ontvang het oor die diskriminerende beurspraktyk by ENB, word \u0149 voorbeeld gebruik van twee wit vroue wat in \u0149 spesifieke afdeling werk en minder as R100 000 per jaar verdien. Albei is enkelouers en sukkel om kop bo water te hou. In dieselfde afdeling werk \u0149 swart vrou wat dieselfde verdien, maar haar man verdien R50 000 per maand. Sy kwalifiseer vir hulp maar die wit vroue, by wie die nood die grootste is, kwalifiseer nie, suiwer op grond van ras.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/steamrooms\/saunas\/\">\u0432 \u043c\u043e\u0441\u043a\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63827-uspehi-harkovskoy-oblastnoy-prokuratury-i-zakonodatelnye-iniciativy-danilchenko.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vakbond Solidariteit het vandag met \u0149 reuse internetveldtog begin waardeur ENB-kli\u00ebnte gemobiliseer word om druk op die bank te plaas nadat die bank besluit het wit werknemers kan nie kwalifiseer vir beurse vir hulle kinders nie. In die November-uitgawe van hulle nuusbrief aan die werknemers, Treetalk, skryf ENB dat indien werknemers finansieel sukkel met &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7098\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swart Kerskous vir wit werknemers by ENB&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[8119,8118,8117],"class_list":["post-7098","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-beurse","tag-fnb","tag-solidariteit-enb"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7098","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7098"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7098\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7098"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7098"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7098"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}