{"id":7092,"date":"2009-12-23T08:32:54","date_gmt":"2009-12-23T08:32:54","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7092"},"modified":"2009-12-23T08:32:54","modified_gmt":"2009-12-23T08:32:54","slug":"duskant-die-longdrop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7092","title":{"rendered":"Duskant die longdrop"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die Afrikaanse vertelkuns loop omtrent net so gereeld by die outydse gemakkies verby soos Afrikaanse TV-stories met ongetroude meisies in die ander tyd opgesaal sit. Dis nou, soos Worsie ges\u00ea het, oor die tou geval het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Neem nou maar die storie van die knaap wat oplet die gemakkie langs die rivier is al taamlik weggekalwe onder. So betrag, besluit hy dit gaan nie veel moeite verg om van die longdrop \u2018n duikboot te maak nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">So gedink, so gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Later kom sy pa by hom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cBoetman, die Amerikaners het \u2018n president gehad. Sy naam was Abraham Lincoln. Eendag saag hy die kersieboom af van stoutigheid. En toe sy pa vir hom vra of hy die kersieboom afgesaag het, toe s\u00ea hy ja, en omdat hy nie gejok het nie het sy pa hom nie gelooi nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa pa,\u201d maar Boetman se verstand werk oortyd oor sy pa hom die verhaal so uit die bloute kom vertel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cHet jy die kleinhuisie in die rivier laat val?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">O ja, nou sien hy, en sy pa bied sommer \u2018n reddingsboei om nie geklop te word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa pa,\u201d antwoord hy eerlik.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe sy pa hom klaar geklop het, wil Boetman in trane weet hoekom sy pa hom nou so gelooi het, terwyl Lincoln se pa nie, net oor hy eerlik was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cJa, maar Lincoln se pa was nie in die kersieboom toe dit afgesaag is nie.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dan leef die storie voort van Koos wat na \u2018n goeie oes en \u2018n \u201cgesig\u201d neffens sy huis vir olie laat boor het&#8230;teen almal se advies in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na \u2018n kilometer en \u2018n half die dieptes in is daar nog net kurkdro\u00eb ysterklip, en Koos se bankbestuurder skop vas. Koos benut toe maar die verleentheid deur \u2018n lo&#8230;o&#8230;o&#8230;ng drop oor die gat op te sit. Volgens alle inligting is dit die gemakkie met die diepste gat ter w\u00eareld, en die inwyding is \u2018n groot geleentheid met die burgemeester en \u2018n verteenwoordiger van die administrateur in die skare.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Uiteindelik is dit sulke tyd, en Koos is koerant onder die arm in vir \u2018n ringsitting. Maar hy kom nie weer uit nie. Naderhand word plegtig geroep, en toe op die sinke gehamer, maar Koos is doodstil.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cEk dink daar het metaangas uit die gat gekom en Koos oorval,\u201d s\u00ea die skoolhoof en onverwyld word die deur afgebreek. Daar sit Koos potblou op die troon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cOom, verduidelik klein Koos aan die dokter, \u201cmy pa het die gewoonte om sy asem op te hou tot hy hom hoor val.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jors Troelie se oupagrootjie, oupa Pieter de Necker het op Petrusburg loop aftree, waar hy ook naderhand burgemeester was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe word oupagrootjie 90, en van oor die hele land kom kinders, kleinkinders en agterkleinkinders. Aangevul deur die ander kennisse se kleingoed, is die groot dorpswerf vol kinders, wat eers te heerlik speel maar naderhand opgeskeep raak. Opgeskeepte gesonde kinders is \u2018n tydbom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Destyds had oupagrootjie se huis reeds \u2018n binne-gemakkie, maar met so baie mense is di\u00e9 vertrekkie slegs vir die dames. Die mans moes in die agterplaas die trappies op na \u2018n deur doer bo, en \u2018n klein deurtjie doer onder aan die agterkant, gerieflik binne bereik van die nagwa.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie \u2018n honderd jaar nie, toe is kattekwaad uitgedink. Die jongklomp gaan sit in \u2018n plaat op die grasperk reg oorkant die voorste deur. Dan, sodra daar \u2018n slagoffer binne is, glip die \u201cafgevaardigde\u201d na die klein deurtjie, maak dit saggies oop en laat loop met \u2018n handvol gruis die hoogtes in. Dan moet die \u201ctoeskouers\u201d in detail aan die \u201cafgevaardigde\u201d verslag doen van die reaksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Naderhand bly die \u201cafgevaardigde\u201d sommer agter, en doen sy ding. Die terugvoer was te identies om elke keer te kom verneem, en dis snikheet warm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe kom daar fout. Ta\u2019 Hannie kon nie meer wag vir die een wat almal in die binne-gemak ophou om klaar getittewyt te raak nie, en sy durf die trappies in die agterplaas aan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nou is daar \u2018n probleem, want die \u201cafgevaardigde\u201d het agter vir sy volgende slagoffer gewag, en was salig onbewus daarvan dat die jongste slagoffer buite perke was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die kort en die lank is dat ta\u2019 Hannie die huis in is, en nog voor mens kon s\u00ea \u201cmes\u201d toe gaan die deur soos \u2018n koekoekhorlosie se deurtjie oop en \u2018n stroom grootmense storm met enige denkbare slaanding by die deur uit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nooit in die heugenis van Petrusburg het so baie kinders op een slag so erg siepsop gekry nie soos op oupa se negentigste verjaarsdag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Herrie had nog \u2018n oupagrootjie. Di\u00e9 het ook in die negentig geword, maar is kort daarna oorlede net mooi toe ma met my in die kraamsaal gel\u00ea het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ma s\u00ea sy het pa baie jammer gekry, want hy was baie erg oor di\u00e9 oupa van hom, maar toe hy van die begrafnis terugkom, is hy dik van die lag.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die begrafnis was in Mosselbaai, en voor die ter aardebestelling het die kis op bokkies op die stoep gestaan. Di\u00e9 stoep het oor die see uitgekyk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar merk pa, oupa se seun, oom Tienie, loop wye draaie om die bokkies, ook na die begrafnis toe \u2018n klomp begrafnisgangers op die stoep kuier. Daar was inderdaad min dinge waarvoor oom Tienie nie bang was nie &#8230; trouens, hy was legendaries daarvoor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die stoep het nie net oor die see uitgekyk nie. Die stoep het ook oor die agterplaas uitgekyk, en heel onder op die verste hoek, die buitegemakkie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Seker oom Tienie se ergste vrees was engtevrees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe dit dan sulke tyd is, en oom Tienie die gemakkie moes opsoek, moet sy wederhelf, tannie San, saamgaan. Omdat die deur weens oom Tienie se vrees nie heeltemal toegemaak kon word nie, moet tannie San buite kywie hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar soos oom Tienie, was tannie San ook \u2018n opperste platjie. Met oom Tienie gemaklik op die troon, glip tannie San terug stoep toe, gryp die twee bokkies, stap terug gemakkie toe, en druk die twee bokkies by oom Tienie in die gemakkie in, druk die deur toe en skuif die buiteknip in.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit alles gebeur ten aansigte van die mense op die stoep wat so gepak soos die skou se pawiljoen is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pa s\u00ea dit was so \u2018n rukkie doodstil, toe skiet die deur heel uit sy skarniere ui dat dit doer trek. Toe vlieg die bokkies uit die gemakkie uit, gevolg deur oom Tienie wat histeries, broek op die enkels, die bokkies fyn en flenters spring.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">crown graphic vs speed graphic<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/stiel.ru\/topcargo-nadezhnyj-eksport\/\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Afrikaanse vertelkuns loop omtrent net so gereeld by die outydse gemakkies verby soos Afrikaanse TV-stories met ongetroude meisies in die ander tyd opgesaal sit. Dis nou, soos Worsie ges\u00ea het, oor die tou geval het. Neem nou maar die storie van die knaap wat oplet die gemakkie langs die rivier is al taamlik weggekalwe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7092\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Duskant die longdrop&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[115],"tags":[],"class_list":["post-7092","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c106-verhale"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7092","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7092"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7092\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7092"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}