{"id":7061,"date":"2009-12-21T06:15:46","date_gmt":"2009-12-21T06:15:46","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7061"},"modified":"2009-12-21T06:15:46","modified_gmt":"2009-12-21T06:15:46","slug":"tata-indica-vista-maak-stewige-indruk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7061","title":{"rendered":"Tata Indica Vista maak stewige indruk"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/vista_vooraansig.jpg\" border=\"0\" alt=\"Vista voor\" title=\"Die Tata Indica Vista van voor\" \/>Hoor \u2018n mens die woord Tata en motor in een sin dan begin almal te lag. &#8220;Tatta&#8221; is nou meer eenmaal &#8216;n kinderlike en gemeensame woord in Afrikaans wat kwalik met motors geassosieer word. Die Indiese reus van \u2018n motorvervaardiger doen al amper 60 jaar sake, maar plaaslik is Tata eers sowat enkele jare gelede aan ons bekendgestel. Tata het ook onlangs die luukse Westerse vervaardigers\u00a0 Land Rover en Jaguar aangekoop, so die luukse tradisionele Britse ikone word nou deur Indi\u00eb beheer en bestuur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/vista_agteraansig.jpg\" border=\"0\" alt=\"Vista agter\" title=\"Die Vista se agteraansig\" \/>Tata se Indica-reeks is nou nie eintlik iets om oor opgewonde te raak nie, maar hy het goed met die prys van die Citi Golf meegeding. Die Citi het afgesterf, maar die Indica hou steeds die Tata-vlag hoog in die plaaslike mark. Ons het by die laaste Auto Africa-motorskou kennis gemaak met die vervanging vir die Indica, die Vista, of so het ons gedink. Die Vista gaan nie eintlik\u00a0 die Indica vervang nie, maar kom so \u2019n trappie bo die Indica in die mark in.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Bougehalte<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/vista_binneruim.jpg\" border=\"0\" alt=\"vista binne\" title=\"Die Vista se binneruim\" \/>Kyk mens na die bougehalte en materiaal wat in die Indica gebruik is, kon enige iets \u2018n verbetering daarop gewees het, maar in die nuwe Vista is dit asof die ingeneurs die basiese motor baie goed aanmekaar gesit het . Net die klein detailgoedjies soos die vensterslingers en -armpies om die spie\u00ebltjie te verstel,\u00a0 is maar nog baie kostedoeltreffend en dus van gebrekkige gehalte. Die bakwerk binne en buite is goed gemonteer met geen ratels of skewe paslyne nie. Die deure maak ook \u2018n meer soliede geluid wanneer hulle toegemaak word. Daar is klankdempende doek onder die enjinkap en in die agterse luikdeur. Die deure voel ook stewiger. Die sitplekke en veral die paneelbord gedeelte voor die voorste insittendes voel en lyk duursaam. Ons moet onthou dat die Vista maar nog steeds \u2018n intreevlakmotor is; \u2018n segment-B-motor met die Renault Sandero en Cherry J1 as mededingers. Kyk \u2018n mens na die prys dan is dit weereens moeilik om te glo wat motors kos. Die Tata Indica Vista Ini wat ons toets, is R120 000. In di\u00e9 reeks is daar drie modelle: die basismodel <strong>Ini,<\/strong> die <strong>Aura<\/strong> en die vlagskip <strong>Ignis<\/strong> . Die verskil wentel om die toerustingsvlak. Daar is net een enjin en dit is die Safire 1,4 liter brandstofinspuitingseenheid met agt kleppe wat 55 Kw se krag lewer. Die vlagskip Ignis se eenheid is wel met sestien kleppe toegerus wat sy kraglewering na 65 Kw opstoot.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Waarde vir geld?<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/12\/vista_binneruim_sitplekaf.jpg\" border=\"0\" alt=\"vista binne sitplek af\" title=\"Die Vista se agtersitplek kan ook afslaan\" \/>Wel die Vista\u00a0 Ini ry soos \u2018n veel groter motor en voel stewig. \u2018n Mens sit bietjie ho\u00ebr as in ander B-segmentvoertuie en dit neem \u2018n rukkie om daaraan gewoond te raak. Ratskakeling is glad en presies en die onderstel voel ook asof dit deel van die motor is en nie soos die vorigegenerasie-Indica dat die ding los is nie. Toerusting in die Ini is nou nie iets om oor huis toe te skryf nie, daar is geen lugsakke, geen ABS, geen elektriese ruite of buitespie\u00ebls nie. Eintlik is daar basies net \u2018n lugversorger en radio-CD speler. Die Ini het wel misligte voor en agter, sentrale sluiting al is dit nou met die sleutel sonder \u2018n afstandbeheer. Daar word ook \u2018n 3 jaar 100 000km-waarborg en \u2018n 3 jaar diensplan ingesluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kortom, \u2018n mens kry al die bogenoemde goed en meer in die Cherry J1 vir minder geld. Die Renault Sandero bied ook meer vir dieselfde geld. Beide die motors het ABS of EBD en\/of lugsakke standaard. As jy anders wil wees, koop die Tata, maar daar is definitief beter waarde vir geld by die Sjinese Cherry of die Roemeense Renault wat nog plaaslik gebou word ook.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met ons toetsritte kon ons maklik die 155km\/h wat Tata as die maksimum snelheid aangee haal. Die brandstofverbruik is ook heel skaflik teen 7,5 l\/100 km.\u00a0 Padgeraas en enjingeraasvlakke is besonders goed vir die segment en dit is weereens te danke aan die klankdigtheidsmateriaal in die deure en ander panele. Die Vista is \u2018n gemaklike motor met net so effense klein laairuimte, maar dit is \u2018n stadsmotor di\u00e9, nie \u2018n gesinsmotor nie. Hy sal maklik parkeer en die sig rondom is baie goed. Daar is min fout met die kwaliteit en veral materiaal wat gebruik is in die motor, net die prys lol so effens. Tata moet dalk dink daaraan om veral die basismodel, die <strong>Ini<\/strong> nader aan die R100 000-kerf te plaas of die toerustingvlak te verbeter\u00a0 deur basiese veiligheidstoerusting soos ABS-remme en ten minste \u2018n lugsak vir die bestuurder by te voeg.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">Gevolgtrekking<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Tata Indica Vista is \u2018n segment-B-motor; streng gesproke ding hy met motors soos die Fiat Panda, Mazda 2, Ford Fiesta, Daihatsu Sirion, Hyundai Getz, Peugeot 207, Renault Clio, VW Polo asook, Chev Aveo en Cirtoen C3 mee. Maar om een of ander rede bestaan daar eintlik nog \u2018n sub-segment tussen segment\u00a0 A wat klein\u00a0 stadsmotortjies soos die Hyundai i10 en Chev Spark insluit en segment B wat supermini\u2019s soos bogenoemde is. Dit is die tweederangse of \u201cB\u201d-span segment-B-motors, die motors wat in \u2018n poging om seker maar die prys laag te hou met effens minder moeite en bietjie swakker gehalte materiaal en in sekere gevalle baie goedkoper arbeid aan ons opgedis word. Dis nou net hier waar die Tata Vista, die Chery J1 en die Renault Sandero, asook die GWM Florid in pas. Dit is ook in hierdie geselskap dat die Vista dan bietjie duur is vir wat hy bied \u2013 veral ten opsigte van sy veiligheidstoerusting.<\/p>\n<table border=\"0\" cellspacing=\"2\" cellpadding=\"2\" align=\"center\">\n<caption><strong>Vergelyking van motors in die B-segment<\/strong><\/caption>\n<tbody>\n<tr>\n<td><em>Motornaam\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<td><em>Enjinverplasing\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<td><em>Kraglewering\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<td><em>Brandstofverbruik\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<td><em>Standaardtoerusting\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<td><em>Prys\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0\u00a0 <br \/><\/em><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Tata Indica Vista<\/td>\n<td>1368cc<\/td>\n<td>55kW<\/td>\n<td>7,5 l\/100 km<\/td>\n<td>* *<\/td>\n<td>R119 900<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Renault Sandero<\/td>\n<td>1598cc<\/td>\n<td>64kW<\/td>\n<td>8,46 l\/100km<\/td>\n<td>* * *<\/td>\n<td>R119 800<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Chery J1<\/td>\n<td>1297cc<\/td>\n<td>61kW<\/td>\n<td>8,81 l\/100 km<\/td>\n<td>* * * * *<\/td>\n<td>R114 900<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>GWM Florid<\/td>\n<td>1497cc<\/td>\n<td>77kW<\/td>\n<td>7,61 l\/100 km<\/td>\n<td>* * * * *<\/td>\n<td>R109 990<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Chev Aveo<\/td>\n<td>1598cc<\/td>\n<td>77kW<\/td>\n<td>8,76 l\/100 km<\/td>\n<td>* * *<\/td>\n<td>R126 970<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>\n<table border=\"0\" align=\"left\">\n<tbody>\n<tr>\n<td>Hyundai Getz<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<\/td>\n<td>1399cc<\/td>\n<td>70kW<\/td>\n<td>8,01 l\/100 km<\/td>\n<td>* * *<\/td>\n<td>R127 900<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td colspan=\"3\"><em><span style=\"background-color: #ffffff;\">Sterstatus &#8211; Tata Indica Vista Ini<\/span><\/em><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Voorkoms<\/td>\n<td>* * * *<\/td>\n<td><\/td>\n<td>Verrigting<\/td>\n<td>* * *<\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Toerusting<\/td>\n<td>* *<\/td>\n<td><\/td>\n<td>Prys<\/td>\n<td>*<\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td>Klaswenner<\/td>\n<td>GWM Florid<\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td><\/td>\n<td>R109 990<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/31-chto-nuzhno-znat-o-tochechnykh-svetilnikakh-italiasvet-rasskazyvaet\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u0438\u043b\u044c\u043d\u0438\u043a\u0438 \u043f\u043e\u0442\u043e\u043b\u043e\u0447\u043d\u044b\u0435 \u0432\u0441\u0442\u0440\u0430\u0438\u0432\u0430\u0435\u043c\u044b\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0411\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoor \u2018n mens die woord Tata en motor in een sin dan begin almal te lag. &#8220;Tatta&#8221; is nou meer eenmaal &#8216;n kinderlike en gemeensame woord in Afrikaans wat kwalik met motors geassosieer word. Die Indiese reus van \u2018n motorvervaardiger doen al amper 60 jaar sake, maar plaaslik is Tata eers sowat enkele jare gelede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":7057,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[103],"tags":[8082,21102,7727,2242,8081,8080],"class_list":["post-7061","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c94-padtoetse","tag-b-segment","tag-s28-motors","tag-padtoetse","tag-suid-afrika","tag-tata-indica-vista","tag-tata-indica-vista-maak-stewige-indruk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7061","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7061"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7061\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/7057"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7061"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7061"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7061"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}