{"id":705,"date":"2007-07-29T10:34:25","date_gmt":"2007-07-29T10:34:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=705"},"modified":"2007-07-29T10:34:25","modified_gmt":"2007-07-29T10:34:25","slug":"ons-oorvol-tronke","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=705","title":{"rendered":"Ons oorvol tronke"},"content":{"rendered":"\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens die Organisasie vir Menseregte van Suid-Afrikaanse Gevangenes is daar tans 50 000 verhoorafwagtendes uit &rsquo;n totaal van 162 587 gevangenes wat in 240 tronke in die land aangehou word. Volgens Golden Miles Bhudu van die organisasie, lyk dit of beamptes in die polisie en justisie min gepla is oor die probleem en dat hulle glo hulle sal hul salarisse bly ontvang, ongeag of hulle hul werk doen of nie. <\/span><\/p>\n<p style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ene Anthony Fish van Milnerton, wat tans op parool uit is, het onlangs oor die haglike omstandighede in die Pollsmoor-tronk waar hy aangehou is, gekla. Gesonde gevangenes deel selle met ander wat vigs of tuberkulose onder lede het. Hy is self aangehou in &rsquo;n sel van 8m x 12m saam met 56 ander mans. <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Daar was 34 beddens, een toilet en een stort. Dit het van weeluise en kakkerlakke gekrioel. Sommige gevangenes word net &rsquo;n uur per dag vrygelaat en die binnehof waar die gevangenes veronderstel is om te oefen, is vuil. Bendelede steek selmaats onder beddegoed weg, in die hoop dat die selle leeg sal lyk en bewaarders meer gevangenes daar sal plaas wat hulle dan kan besteel. Hulle klere en besittings word dan gestroop en vir dwelmmiddels (tik of dagga) verkoop. Gevangenes het seks met mekaar voor die ander selinwoners. Ou selfoonkaarte word as lepels gebruik om pap mee te eet. Saans kan pornografiese films vir R5,00 gehuur word.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Volgens &rsquo;n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste is die regering bewus van die probleme in plaaslike tronke en werk hulle aan oplossings. Hy het dit beklemtoon dat soortgelyke probleme ook elders in die w&ecirc;reld voorkom.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/podbor-odezhdy-dlya-yahtininga\/\">\u043e\u0431\u0443\u0432\u044c \u0434\u043b\u044f \u044f\u0445\u0442\u0438\u043d\u0433\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inform-ua.info\/weekly-review\/8-dopolnytelnkh-usluh-karhoperevozchyka-o-kotorkh-v-ne-znaly\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Die getal verhoorafwagtende gevangenes wissel skerp, afhangende van die tyd van die jaar. Tydens die besigste tyd van die jaar word tot 8 000 bykomende gevangenes in die reeds oorvol Suid-Afrikaanse tronke ingeprop.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" style=\"text-align: justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial; color: black\">Volgens Gideon Morris, direkteur van die Geregtelike Gevangenisinspeksieraad, is die besigste tyd van die jaar Februarie, Maart en April, weens die groot aantal arrestasies wat in Desember en Januarie uitgevoer word. Tydens wintermaande sak die aantal gevangenes terug na &ldquo;<\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">normaal.&ldquo; <\/span><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Morris het verduidelik dat dit uiters moeilik is om die ekstra 8 000 gevangenes te hanteer. Dit kom neer op vier ekstra tronke, soortgelyk aan Pollsmoor-tronk, wat gevul moet word. Verder bring dit vertragings mee in die verhore van verhoorafwagtendes, wat in sommige gevalle tot vier jaar moet wag voor hulle sake aandag geniet.<\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[21089,763,173],"class_list":["post-705","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-nuus","tag-ons-oorvol-tronke","tag-select-category"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/705","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=705"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/705\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=705"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=705"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=705"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}