{"id":7046,"date":"2009-12-20T07:52:32","date_gmt":"2009-12-20T07:52:32","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7046"},"modified":"2009-12-20T07:52:32","modified_gmt":"2009-12-20T07:52:32","slug":"woorde-soos-klere-vir-elke-plek-en-geleentheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7046","title":{"rendered":"Woorde, soos klere, vir elke plek en geleentheid"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/stories\/wierenga_jelleke.jpg\" border=\"0\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pieter Mulder se boek <em>Kan<\/em><em> Afrikaners toyi-toyi? <\/em>is \u2019n goeie present vir die Kerskous van vriende en familielede wat nog glo aan die utopie van vreedsame swart-wit naasbestaan. (Regdenkende vriende en familielede hoef natuurlik nie afgeskeep te word nie.) Dit roer gesonde verstand, gebore uit die ervaring van die praktyk, in die pappot van die mitiese re\u00ebnboognasie. Hoewel die pappot seker lankal vervang is deur \u2019n emmer van die kolonel se gebraaide hoender, tjips en Coke.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek is al geruime tyd besig om die boek te lees (tesame met so \u2019n dosyn ander), en dis elke keer \u2019n groot lekkerte om dit weer op te tel en verder te lees. Dis \u2019n boek wat jy met potlood en liniaal lees, waar jy bladsye met plakkertjies merk, want dr. Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus in die Parlement, trek die gordyn weg voor die vreemde en chaotiese we\u00eb van die voormanne en -vroue van ons melanienbevoordeelde landgenote.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na alles \u00eds ons nie dieselfde nie, d\u00ednk ons nie dieselfde nie, d\u00f3\u00e9n ons nie dieselfde nie, ondanks die pienk broeders en susters se sterk aandrang dat daar net \u2019n pigmentverskil tussen wit en swart is. Nie dat enigeen met net \u2019n knypie gesonde verstand dit nog nie kon agterkom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Een van die insiggewendste hoofstukke in dr. Mulder se boek gaan oor die waarde van woorde in die swart kultuur. Hy vertel van \u2019n keer toe dr. Mangosuthu Buthelezi van die Inkatha-Vryheidsparty by \u2019n jeugbyeenkoms op Ulundi in KwaZulu-Natal \u2019n woedende aanval op die ANC gedoen het. Die kern van sy boodskap was dat die ANC-leiers baie sleg vir Suid-Afrika is (wat\u2019s nuut?). Wye publisiteit is aan sy toespraak gegee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Maandag in die Parlement ys die blanke lede oor pres. Nelson Mandela se reaksie. Hul teekamer-gevolgtrekking is dat hy Buthelezi uit die Kabinet gaan skop en dat groot spanning en geweldpleging weer tussen ANC- en Inkatha-aanhangers gaan losbars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pres. Mandela sit egter ewe rustig en ontspanne in sy sitplek. Dr. Buthelezi kom ingestap. Toe hy verby Mandela loop, groet hy hom met die uiterste respek met sy hande in \u2019n gebedsposisie en \u2019n kopbuiging. Die twee wissel ewe gemoedelik woorde en deel selfs \u2019n grappie of twee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blanke lede is stomgeslaan. Hoe nou? Later hoor dr. Mulder by \u2019n IVP-parlementslid dat sy \u201cWesterse denke\u201d oor die saak heeltemal verkeerd is. Hy kry toe die volgende lessie in Afrika-politiek:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cMeneer Mandela verstaan dat d\u00e1\u00e1rdie plek, dit is nou Ulundi, vir daardie spesifieke woorde van die naweek gevra het en dat h\u00ed\u00e9rdie plek, die Parlement, vir ander woorde vra.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As hy nie prof. Attie van Niekerk se boek <em>Saam in Afrika<\/em> gelees het nie, sou hy niks hiervan kon begryp nie, skryf dr. Mulder. Hy haal prof. Van Niekerk soos volg aan: \u201c&#8230; dat taal dikwels nie gebruik word om feite en gevoelens waar en betroubaar te formuleer, om dit wat ons die werklikheid noem, presies weer te gee nie &#8230; Dit gaan &#8230; om voordeel te behaal \u2013 om mag, nie soseer om die waarheid nie. Daarom kan heftige woorde van een oomblik met handomkeer die volgende oomblik op hul kop staangemaak word as omstandighede verander. Daarin l\u00ea vir die Afrika-mens geen teenstrydigheid nie. Op \u2019n manier is die \u2018ek\u2019 wat nou die een ding s\u00ea, nie die \u2018ek\u2019 wat netnou \u2019n ander storie praat nie.\u201d (Prof. Van Niekerk was jare lank sendeling, hoogleraar en studentedekaan by die Universiteit van die Noorde op Turfloop.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In onderhandelinge kan di\u00e9 dubbelpratery na\u00efewe, goedbedoelende blankes tot groot nadeel strek. Prof. Van Niekerk verduidelik dat swartmense op een komitee of vergadering een standpunt of strategie geesdriftig ondersteun, terwyl hulle in \u2019n ander groep presies in die teenoorgestelde rigting werk \u2013 met ewe veel geesdrif. \u201cDie teenstrydigheid kan ook oor lang tydperke volgehou word. Die een ding sluit die ander nie uit nie, soos ons dit wil h\u00ea,\u201d skryf prof. Van Niekerk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit waarom die blankes in Suid-Afrika vandag kroonwild is? Omdat F.W. de Klerk en Roelf Meyer en kie na\u00efewe idiote was met geen werklike kundigheid oor die Afrika-psige nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit waarom Hansard, waarin die parlement\u00eare debatte woordeliks en volledig aangeteken word, jare agter is? Watter nut het Hansard vir \u2019n swart regering? As gister se woorde nie vir vandag geld nie, is dit tog sinneloos om sorgvuldig boek te hou van wat ges\u00ea word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2019n Mens kan nie help om te dink aan George Orwell se <em>Nineteen Eighty-Four<\/em> nie, waar die diktatuur stelselmatig die feite in alle geskrewe rekords wat nie met die huidige omstandighede ooreenstem nie, aanpas of uitwis. Daar bestaan nie meer iets soos feite en waarheid nie \u2013 alles is relatief tot die gebeure van vandag tot voordeel van die regeerders.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos enigeen wat grootgemaak is in \u2019n Protestantse huis waar leuens verafsku is en jy eerder gestraf is oor \u2019n leuen as om met die stoutigheid vorendag te kom, is hierdie vertelling van dr. Mulder soos ys teen die rug af.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As jou woord nie jou woord is nie, is \u2019n beskaafde samelewing nie moontlik nie. Wette en waarborge is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Reg en orde bestaan tot die mate dat die omkoopgeld genoeg is. Korrupsie en bedrog is relatief.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elke goeie woordjie van Jacob Zuma gestrooi in die rigting van die Afrikaner, elke besoek van hom aan \u2019n armblanke kamp, is gestroop van enige integriteit. Blote politieke opportunisme.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In sy laaste rubriek het wyle Chris Louw vertel hoe hartlik hy en die ander \u201clefties\u201d destyds met die uitgeweke ANC-leiers gesels en drome gedeel het van \u2019n vrye en regverdige Suid-Afrika. Hoe k\u00f3n sulke gawe manne die \u201cvyand\u201d wees? Te laat het die ontnugterde idealiste ontdek hoe die Afrika-mens in \u2019n magsposisie (wan)funksioneer &#8230; terwyl die hele Afrika as voorbeeld daarvan dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Louw se woorde: \u201cDinge het drasties anders verloop as wat ons sogenaamde verloopte Afrikaners se verwagtinge was toe ons in die 1980\u2019s ons eerste ontmoetings met die ANC-in-ballingskap gehad het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie gesprekke in Dakar en Parys en Lusaka en Harare het oor beginsels gegaan \u2013 demokrasie, menseregte, die onafhanklikheid van die regbank, \u2019n regstaat &#8230; \u2028Vandag voel dit of ons onverwante betekenisse aan dieselfde woorde geheg het.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Lees Louw se hele artikel en die insiggewende kommentaar van lesers daarop by hierdie skakel: <a href=\"http:\/\/www.beeld.com\/Content\/Rubrieke\/1972\/81cb8251ca084741844e6532752f81e7\/17-11-2009-10-34\/Gereduseer_tot_slegs_6\">Gereduseer tot slegs 6%<\/a>.<\/p>\n<p><!--Article--><\/p>\n<div style=\"text-align: justify;\"><!--horz_space--><\/div>\n<p style=\"text-align: justify;\">\n<script src=\"http:\/\/www.beeld.com\/scripts\/Controls\/Article\/ArticleGreyLinks.js?v=2\" type=\"text\/javascript\"><\/script>\n<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek, vir een, hou glad nie my asem op dat die ANC se erkenning van foute \u2013 bv. die Eskom-en-Godsell-debakel, uitkomsgerigte onderwys, korrupsie by die bou van laekostehuise \u2013 enigsins veel in die praktyk gaan verander nie. Ten eerste is \u2019n onbekwame, domastrante, geldsugtige swart amptenaar met \u2019n magsobsessie \u2019n koe\u00ebl op soek na \u2019n teiken &#8230; en die Kabinet, staatsdiens en elke openbare instelling wemel van hulle. Ten tweede: Hoeveel beloftes het ons nie al van die ANC aangehoor wat in die mis van die verlede verdamp het nie? Ten derde: Dis net woorde. Die regte woorde vir die regte geleentheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cIntegrity is the first fundamental of prosperity. Anyone who has worked closely with Africans for any length of time knows that integrity is virtually unknown amongst them.\u201d \u2013 Aanhaling op di\u00e9 <a href=\"http:\/\/southafrica-pig.blogspot.com\/2009\/11\/sa-satirists-pulling-strings.html\">webwerf<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/19-bol-shie-lyustry\">\u0431\u043e\u043b\u044c\u0448\u043e\u0433\u043e \u0440\u0430\u0437\u043c\u0435\u0440\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/nacp_6db6853a-316d-40e3-b386-777573bedb6b\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pieter Mulder se boek Kan Afrikaners toyi-toyi? is \u2019n goeie present vir die Kerskous van vriende en familielede wat nog glo aan die utopie van vreedsame swart-wit naasbestaan. (Regdenkende vriende en familielede hoef natuurlik nie afgeskeep te word nie.) Dit roer gesonde verstand, gebore uit die ervaring van die praktyk, in die pappot van die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[132],"tags":[8069,7871,4636,8070,8067,8068,8066],"class_list":["post-7046","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c124-jelleke-wierenga","tag-attie-van-niekerk","tag-chris-louw","tag-pieter-mulder","tag-saam-in-afrika","tag-soos-klere","tag-vir-elke-plek-en-geleentheid","tag-woorde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7046","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7046"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7046\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7046"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7046"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7046"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}