{"id":7039,"date":"2009-12-18T06:36:58","date_gmt":"2009-12-18T06:36:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7039"},"modified":"2009-12-18T06:36:58","modified_gmt":"2009-12-18T06:36:58","slug":"openbare-uitsaaier-as-openbare-uitsaaier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7039","title":{"rendered":"Openbare uitsaaier as openbare uitsaaier"},"content":{"rendered":"<p>Pas het die minister van Finansies sy voet dwars neergesit om die SABC uit bykomende persoonlike belasting te finansier, of die land aanskou \u2018n goeie voorbeeld van hoekom so \u2018n stap ongewens sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die nuus het gister gebreek dat die minister wat vir die SABC verantwoordelik is, genl. Simphiwe Nyanda, belange het by \u2018n maatskappy wat onder tans nog onverklaarbare omstandighede groot tendervoordele van \u2018n Transnet-filiaal trek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die hoof van hierdie filiaal is eers geskors nadat groot druk uitgeoefen is, terwyl hy o\u00ebnskynlik vir \u2018n nog meer senior amp of pos bestem was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Op die SABC-TV 2-nuusbulletin haal Nyanada wel die nuus, maar nie oor die omstrede tender nie. Sonder om te meld dat hy \u2018n minister is, word berig dat hy as ANC-uitvoerende bestuurslid, voedselhulp aan \u2018n arm gemeenskap verleen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skoen pas egter nie altyd so nie. Dwarsdeur die periode waartydens die TV-dienste polarisasie landswyd aangeblaas het deur verkeerdelik na Pretoria as Tshwane te verwys, het RSG steeds na Pretoria verwys.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ongelukkig kan die vinger in te veel opsigte na gebreke as openbare uitsaaier verwys. Terwyl sportadministrateurs gereeld deur kabinetslui en ander politici gestriem word omdat hulle nie genoeg kwotaspelers in spanne insluit nie, en volgens hierdie uitsprake te min transformasie plaasvind, kom swart TV-nuusbulletins bitter na daaraan om juis di\u00e9 sportsoorte wat gestriem word, rugby en krieket, te ignoreer. Selfs wanneer toetse gespeel word, soos die huidige kriekettoets, skitter die gebeure grootliks in hul afwesigheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe van sportadministrateurs verwag kan word om hul sportsoorte onder gemeenskappe gewild te kry as die openbare media nie saamspeel nie, is moeilik om te verstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pas het mnr. Solly Mokoetle, die SABC se bestuurshoof, opposisiepartye se argwaan ontlok deur te verklaar dat hy meen hy moet aan die minister verantwoording doen. Die partye wys daarop dat die bestuurshoof aan die raad, en via die raad aan die parlement verantwoording moet doen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met die land se munisipale verkiesings wat naderkruip, sal die o\u00eb van politici skerp op die SABC gefokus wees. Elkeen sal sy pond vleis opeis waar van \u2018n openbare uitsaaier verwag sal word om op sy taak, die bevordering van gesonde veelparty- en grondwetlike demokrasie te fokus, en nie die bevordering van die regerende party nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Belangrike deel hiervan sal wees om saam met die kieserspubliek genadeloos jag te maak op onthullings van korrupsie en vermeende korrupsie, en nie om individue se beuel binne partyverband te blaas nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer \u2018n behoorlike kultuur van \u2018n ware openbare uitsaaier goed geanker is, en die land dit kan bekostig, sal daar minder lippie getrek word oor hulp uit die fiskus.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-96\/verhnjaja-odezhda\/kurtki-vetrovki\">\u043a\u0443\u0440\u0442\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.txtwww.ru\/object\/gruza-ukrainu-topcargo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pas het die minister van Finansies sy voet dwars neergesit om die SABC uit bykomende persoonlike belasting te finansier, of die land aanskou \u2018n goeie voorbeeld van hoekom so \u2018n stap ongewens sal wees. Die nuus het gister gebreek dat die minister wat vir die SABC verantwoordelik is, genl. Simphiwe Nyanda, belange het by \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=7039\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Openbare uitsaaier as openbare uitsaaier&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-7039","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7039","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7039"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7039\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7039"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7039"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7039"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}