{"id":7036,"date":"2009-12-18T05:52:18","date_gmt":"2009-12-18T05:52:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=7036"},"modified":"2009-12-18T05:52:18","modified_gmt":"2009-12-18T05:52:18","slug":"roelfie-ontbloot","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=7036","title":{"rendered":"Roelfie ontbloot"},"content":{"rendered":"<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/www.praag.co.za\/images\/images\/stories2\/landman_christo.jpg\" border=\"0\" width=\"153\" height=\"193\" \/>Mnr. Roelf Meyer skryf in Rapport 20091212 \u201cOns was met die rug teen die muur\u201d en nooi die lesewrs dan om te debatteer.  Dit is onduidelik wie die \u201cons\u201d is.  Die bedoeling is seker die NP.  Maar, dan verklaar drie oudministers van die NP  &#8211; Delport, Venter en   Fourie  &#8211; dat hulle op \u2019n gegewe stadium van die onderhandelinge tot die besef gekom het dat \u201cRoelf Meyer ons aan die ANC uitverkoop het!\u201d.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roelf vra \u201choe sou dit gewees het as ons nie gedoen het wat gedoen is nie\u201d. Wel, so \u2019n argument is onbewese spekulasie.  Sou daar bv. meer boere gemartel en doodgemaak gewees het as die 2000 plus sedert 1993?  Ek weet nie! En wat van die geweldspiraal en opwaartse kurwe in korrupsie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die vraag is nie of daar veranderinge moes kom , al dan nie.  Reeds in die tagtigerjare het ek en ander gepleit vir grondwetlike hervorming binne die raamwerk van Arend Lijphart se konsosiatiewe demokrasie.  Toe het liewe Roelf knus in die ministersbanke gesit.  Die vraag is of die huidige grondwetlike bestel die antwoord is op die veelvolkige aard van die SA-bevolking?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om die debat minder filosofies en meer konkreet te maak, wil ek \u2019n paar beweringe neerpen, wat as vrae op beantwoording wag:<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat dit \u2019n wanperspeisie is dat die huidige grondwet van SA minderheidsregte afdoende beskerm. Wat het van die Volkstaatsraad geword en watter effek het die Kommissie vir Gemeenskapsregte oor 6 jaar onder ANC-voorsitterskap gehad?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat die reeds verworwe status van Afrikaans, soos verskans in die 1993 grondwet, in die 1996 grondwet weggelaat is. Hoekom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat die gelykheidsklousile (a.9) sodanig beperk word dat voorsiening gemaak word vir werkreservering (affirmative action) en wel te dien effekte dat honderde duisende Afrikaners in dispora leef.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat alle partye \u2013 vanaf die regste VF+ tot die linkse SAKP \u2013 in terme van een en dieselfde grondwet die land kan regeer.  Wat is dan die betekenis van die grondwet?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat met die sertifisering van die 1996 grondwet hoofregter Shascalson verklaar het dat die 34 grondwetlike beginsels nooit weer in grondwetlike wysiginge te berde gebring kan word nie. Wat is dan die waarde van politieke onderhandeling?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00b7                    Dat die reg op selfbeskikking nie as deel van die handves van regte ingesluit is nie, maar onder ander bepalinge as artikel 235 bestaan.  Hoekom?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Roelf voer geweld aan as faktor waarom die NP met hulle rue teen die muur gestaan het.  Is dit vergesog om te verklaar dat die regering-van-die-dag nie die swaarmag effektief gebruik om openbare orde te handhaaf nie? Is dit tipologies van \u2019n falende staat en wat kan daaromtrent genoem word?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy blameer Afrikaners wat nie meer soos Anton Roepert nuwe groot ondernemings skep nie.  Is dit nie juis \u2019n afdoende argument dat sakemanne nie vertroue in die ekonomiese toekoms van SA het nie en dus landuit gaan?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat die grondwet betref is daar nog tientalle probleme waarop ek in my artikel op die Praag-webwerf (praag.co.za) uitgewy het en waarop ek nie nou ruimte het om op in te gaan nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanuit \u2019n etiese standpunt moet Roelfie maar liewer bely dat hy en die NP die \u201cpot misgesit het\u201d en ons met die gemors gelaat het.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/samovsasyvayushchie\">\u0441\u0430\u043c\u043e\u0432\u0441\u0430\u0441\u044b\u0432\u0430\u044e\u0449\u0438\u0439 \u043d\u0430\u0441\u043e\u0441 \u0434\u043b\u044f \u0441\u043a\u0432\u0430\u0436\u0438\u043d\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34799\/\">\u0434\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u044e\u0440\u0438\u0439 \u0431\u0440\u043e\u043d\u0438\u0441\u043b\u0430\u0432\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mnr. Roelf Meyer skryf in Rapport 20091212 \u201cOns was met die rug teen die muur\u201d en nooi die lesewrs dan om te debatteer. Dit is onduidelik wie die \u201cons\u201d is. Die bedoeling is seker die NP. Maar, dan verklaar drie oudministers van die NP &#8211; Delport, Venter en Fourie &#8211; dat hulle op \u2019n gegewe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[82],"tags":[8058],"class_list":["post-7036","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c72-christo-landman","tag-roelf-meyer"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7036","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=7036"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/7036\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=7036"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=7036"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=7036"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}